|
Post by cjm on Jun 30, 2016 16:55:55 GMT
AfriSake kry bevel teen Brits-grondgrypeDeur Liezl Vercueil 30 Junie 2016 220 keer gelees AfriSake het gister ’n tussentydse hofbevel gekry om grondgrype in die Brits-omgewing te belet. AfriSake het gister in die Noord-Gautengse hooggeregshof suksesvol om ’n tussentydse hofbevel aansoek gedoen om grondgrype in die Brits-omgewing te belet. Die waarnemende regter het aan die “plaaslike Polisie opdrag gegee om in te gryp en gevolglik alle strukture wat op die betrokke eiendomme opgerig is, te verwyder”, luidens ‘n verklaring van die groep. Afrisake sal die Hooggeregshof weer op 18 Augustus nader om die tussentydse bevel in ’n finale en bindende bevel aan te pas. “Ná Julius Malema se onverantwoordelike uitsprake dat swart mense nie om verskoning vir wit mense moet vra om grond onwettig te beset nie, het ons ’n styging in onwettige grondgrype regoor die land waargeneem. AfriSake sal nie toelaat dat grondgrypers die eiendomsregte in Suid-Afrika bedreig of oortree nie, en sal voortgaan om wetsgehoorsaamheid te beskerm en te handhaaf,” sê Armand Greyling, regs- en beleidsanalis verbonde aan AfriSake.
|
|