|
Post by cjm on Sept 30, 2016 10:50:06 GMT
#GelykeKanse-persverklaring: Gelyke Kanse gaan hof toe oor Afrikaans aan die USLitNet Universiteitseminaar | University Seminar 2016-09-29 Persverklaring deur die Gelyke Kanse-veldtog Gelyke Kanse is gebore as 'n versetgroep in 'n poging om die Universiteit Stellenbosch ("US") te oorreed om nie weg te doen met Afrikaans as 'n primêre taal van onderrig met gelyke status aan dié van Engels aan die US nie. Daardie poging het, helaas, nie geslaag nie en die Raad van die US, op aanbeveling van die Senaat, het op 22 Junie vanjaar 'n nuwe taalbeleid aanvaar waarmee weggedoen word met Afrikaans se status as 'n gelyke taal van onderrig. Gelyke Kanse en 'n paar ingeskrewe studente aan die US beoog gevolglik om môre, 30 September 2016, in die Hooggeregshof te Kaapstad 'n aansoek uit te reik in terme waarvan die Hof versoek sal word om, ondermeer – die US se nuwe taalbeleid te hersien en tersyde te stel; die US te gelas om die taalbeleid en taalplan wat op 22 November 2014 deur die Raad goedgekeur is, te implementeer; en te verklaar dat die nuwe taalbeleid aan Afrikaans 'n "mindere plaats", vergeleke met Engels, toewys. ...
|
|