|
Post by cjm on Oct 12, 2016 5:29:25 GMT
Supergom van ʼn diep verdeelde nasie | Maroela Media... Een van die blywendste indrukke van ons verblyf in Washington is Amerikaners se verknogtheid aan hul vlag (amptelik sedert 14 Junie 1777) en volkslied (sedert 1814 ʼn patriotiese lied wat wyd gesing is, maar eers op 3 Maart 1913 as amptelike volkslied deur die Kongres goedgekeur is). Hierdie simbole is die supergom van ʼn nasie, ondanks die erflating van slawerny (amptelik afgeskaf in 1865) en die bloedige burgeroorlog van 1861 tot 1865, wat blywende letsels gelaat het. ...
|
|