...Ek kan nie verstaan hoekom hulle haar so stukkend moes slaan nie. As ons ʼn slang op die plaas kry, dan skiet ons hom dood, maar ons slaan hom nie met klippe stukkend nie. Daar is net geen rede om so wreed te wees nie. Toe ek haar gister sien … Hulle het haar gebreek.”
...
Hy vertel dat hulle ná Grobler se dood ʼn papier in haar Bybel gekry het met ʼn gebed wat sy uitgeskryf het. “Daarin het sy gebid dat die Here haar ʼn omgewing sal gee waarin sy veilig sal voel en waar mense vriendelik met haar sal omgaan. Sy het definitief begin hoop dat sy van daardie plaas kon wegkom en dat sy nie meer daar hoef te werk nie.”