|
Post by cjm on Nov 11, 2016 15:07:55 GMT
‘Dit was viktimisasie’... Onder van die klagtes word die senior polisie-offisier aangekla dat sy “onkonstitusionele rassisme, viktimisasie en diskriminasie gepleeg het,” het een van die bronne aan Die Hoorn gesê. “Dit was nie net bloot dreigemente nie, maar menseregteskending!” het die bron beweer. “Sy het blykbaar aan al die wit mans wat senior poste beklee, gesê hulle is ook op pad uit,” het ’n ander gesê. ’n Ander bron het aan Die Hoorn vertel dat twee persone na bewering spesifiek uitgesonder is tydens ’n klas. “Sy het ook al die wittes in die klas laat opstaan sodat die ander studente hulle kan uitjou. Sy het die wit vroue laat opstaan en voor die ander studente vir hulle gesê hulle lyk onooglik,” het die bron vertel. Na bewering het die offisier ook gesê die “tuinwerkers moet in admin-poste begin.” ’n Persoon wat te na gekom gevoel het na die insident, het Solidariteit genader en sê die organisasie se steun is “bankvas”. ...
|
|
|
Post by cjm on Nov 18, 2016 5:26:39 GMT
|
|
|
Post by cjm on Nov 18, 2016 11:08:28 GMT
‘Skandelike gedrag!’“HIERDIE verregaande en skandelike rassistiese gedrag is gepleeg met die uitsluitlike doel om psigologiese skade te veroorsaak by die senior personeel van ’n bepaalde rasse- of kultuurgroep. Dit strek dus verder as slegs haatspraak en vooroordeel, en grens aan kriminaliteit in ’n gestruktureerde omgewig.” So lui ’n brief wat dr Clifford van Wyk, ’n psigiater op Oudtshoorn, aan Die Hoorn gestuur het na aanleiding van ’n insident op Maandag, 7 November, by die SAPD Akademie in Parkweg, Oudtshoorn, net suid van die pad na Calitzdorp. ...
|
|
|
Post by cjm on Nov 21, 2016 5:06:28 GMT
Solidariteit pak rasseboelies | Maroela Media... As deel van die veldtog gaan Solidariteit Maandag ’n klag teen ’n senior offisier van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), generaal-majoor Sandra Malebe-Thema, by die MRK in Kaapstad indien. Dit volg ná ’n voorval wat op Maandag 7 November by die SAPD se Opleidingsakademie in Oudtshoorn plaasgevind het. Malebe-Thema het opleidingspersoneellede na die verhoog ontbied en vernederende opmerkings oor hul kleredrag en gewig gemaak. Sy het ook verskeie rassistiese opmerkings jeens die personeellede gemaak. ...
|
|