|
Post by cjm on Nov 16, 2016 0:31:52 GMT
‘Rassisme’ ’n stok om wit mense mee te slaan | Maroela Media... Die “stryd teen rassisme” in Suid-Afrika het in der waarheid ontaard in ʼn stok wat misbruik word om wit mense mee by te kom. Die openbare diskoers rakende rassisme word deur dubbele standaarde oorheers. Hiervolgens word die rassistiese optrede van selfs ʼn onbekende wit mens met groot ywer hard en aanhoudend aan die groot klok gehang om ʼn valse beeld te skep van hoe rassisties wit mense nou eintlik is. Daarenteen word weinig verontwaardiging uitgespreek wanneer selfs prominente swart mense hulle aan blatante rassisme skuldig maak. Sommige rasbehepte aktiviste voer dit selfs verder deur aan te voer dat swart mense nie rassisties kan wees nie. ...
|
|