|
Post by Trog on Jan 16, 2017 3:07:10 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jan 16, 2017 17:31:50 GMT
@ Trog Nie seker of dit is waarna jy mik nie, maar daar is maar min Nederlands daar oor.
|
|
|
Post by Trog on Jan 17, 2017 7:41:13 GMT
@ Trog Nie seker of dit is waarna jy mik nie, maar daar is maar min Nederlands daar oor. Die burgers lyk vir my maar taamlik donker - ek reken toe, miskien het die son hulle maar so bruin gebrand. (Hulle is natuurlik nader aan wat ons in Suid Afrika ‘kleurlinge’ sal noem). 'n Paar dinge is vir my interessant: Daar is die ooglopende parallelle met Afrikaans-sprekende Suid-Afrika. Ek vind dit weemoedig-snaaks dat daar mense in Sri Lanka rondloop met vanne soos De Vos, Engelbrecht, Vollenhoven, Van Hoorn ensovoorts. Dit is ook vir my vreemd dat die ander bevolkingsgroepe in Sri Lanka blykbaar heelwat respek en toegeneentheid het teenoor die burghers, anders as in Suid-Afrika. (Wat vroulike begeerlikheid aanbetref is die idee klaarblyklik: Hoe witter, hoe beter). Die geskiedenis daar is tog nie beduidend anders as hier nie. Wat wel anders is, is die groot Portugese komponent, wat ingesluit word in die term ‘burghers’. Soos ek dit verstaan, was daar redelike sosiale druk in die Nederlandse komponent van die burghers om nie met die Asiatiese bevolking te vermeng nie, terwyl dit met die Portugese gedeelte andersom was. Daarom is daar meer Sri Lankane met vanne soos Da Silva en Perreira as wat daar Meyers is, byvoorbeeld. Laastens laat die ouetehuis my wonder of dit nie in Suid-Afrika ook die uiteindelike voorland vir die laaste Afrikaners illustreer nie.
|
|
|
Post by cjm on Jan 17, 2017 7:55:55 GMT
Laastens laat die ouetehuis my wonder of dit nie in Suid-Afrika ook die uiteindelike voorland vir die laaste Afrikaners illustreer nie. Hulle sal nie die moeite doen om ons in 'n outehuis aan te hou nie.
|
|
|
Post by cjm on Dec 30, 2020 18:23:28 GMT
stamp
|
|