|
Post by cjm on Jan 18, 2017 21:14:31 GMT
Het ons regtig tot op hierdie punt gevorder met gelykheid dat die idiote die samelewing regeer?Managers moeten accepteren dat sommige werknemers slimmer zijn... Allemaal makkelijk noch leuk. Zeker niet voor een manager om goed mee om te gaan. Zingeving is niet altijd makkelijk of leuk. Het is duivels lastig, maar het behoort wel tot takenpakket van de leidinggevende: de beste mensen in je organisatie weten te krijgen, te houden en ze zo goed mogelijk laten functioneren. Hoogbegaafden aan het werk krijgen, is een kwestie van zingeving. ...
|
|
|
Post by Trog on Jan 19, 2017 6:41:17 GMT
Alhoewel, hierdie artikel het te doen met besigheids-gedrewe (noem dit maar ‘gewone’) organisasies.
Die situasie is totaal anders in hoogs tegniese en navorsingsinstansies, waar dit as vanselfsprekend aanvaar word dat die ‘werknemers’ sommer baie slimmer is as die bestuur. (Die woord ‘werknemer’ word inderdaad problematies – hierdie mense sien hulleself hoegenaamd nie in daardie lig nie – inderdaad, en ook akkuraat, beskou hulle die organisasie se bestaan as ter wille van hulleself). Vergelyk byvoorbeeld by 'n universiteit die status van die bestuur van die universiteit met die status van die akademiese korps. Die bestuur van 'n hospitaal met die dokters korps?
Bestuur het dan ook 'n ondergeskikte status ten opsigte van die tegniese personeel en die rol van bestuur word basies om om te sien na die administrasie en politiek van die organisasie - hulle funksie is om te verseker dat dié wat weet alles het om te doen wat hulle doen.
Ekself het in my hele lewe nooit saam met 'n bestuurder gewerk wat 'n koekken-clue het van wat ek eintlik besig is om te doen nie.
Ek sou reken dat hierdie soort van omgewings juis die omgewings is waar die ‘hoogbegaafdes’ hulle normaalweg sal bevind – as hulle dan by die huis sit beteken dit waarskynlik dat daar nie voldoende sulke omgewings vir hulle beskikbaar is nie. Om die waarheid te sê – as hulle by die huis sit en nie in staat is daartoe om vanself sin en werk vir hulleself te skep nie, moet hulle miskien begin besin oor hulle status as ‘begaafd’.
|
|