Post by cjm on Apr 6, 2014 17:23:24 GMT
Klink moontlik??
Ek wil graag vir julle 'n ander perspektief gee oor die poaching van olifante en renosters.
Ek gaan nie name noem oor waar ek die inligting vandaan kry nie, maar ek gee julle die versekering dat dit vanaf die hoogste, mees ingeligte vlak afkomstig is. Hierdie is in elkgeval ook nie iets wat ek in die publiek sal publiseer nie, want dit sal die hele proses sink.
Die Kruger Nasionale Wildtuin kan 700 olifante hanteer en op 'n stadium was daar oor die 7,000 olifante. Die oormag olifante het die wildtuin vernietig en dit was 'n ontsettende probleem. Jaregelede het ek 'n helse geveg hieroor opgesit, omdat dit mense is van GreenPeace wat op die 20ste verdieping van 'n gebou in Duitsland sit, wat niks weet van wildebewaring of Afrika nie, wat die nuwe wette en reels maak en aan ons wil voorskryf hoe om wild te bestuur.
Die magdom olifante is 'n helse vernietigende nagmerrie vir die wildtuin.
Met beter bestuur het die wildtuin dit reggekry om nou soveel as 1,200 olifante te kan hanteer, sonder skade aan die wildtuin.
Hulle mag nie meer as 15 olifante uitdun per jaar nie en die olifante teel aan teen 'n hoer koers as 15 per jaar. Dus veg hulle 'n verbete stryd teen die aanwas van die olifante.
Die wildtuin het vandag 20 keer meer besoekers as 20 jaar gelede. Dit is die rede waarom die aanvalle op voertuie ens, so erg toegeneem het, veral oor die afgelope 5 jaar. Die mense/besoekers is besig om in te dring op die wild se territoriale spasie en beweging.
Om besoekers te lok het die wildtuin meer watergate gestoot en boorgate gesink om die watergate vol te hou. Hoe meer water hoe meer teel die diere, en veral die olifante aan. Om dit aan te spreek, en omdat die wildtuin nie meer mag uitdun soos in die verlede nie, het die wildtuin toe baie van daardie boorgate gesluit en die watergate laat droogloop. Dit het daartoe gelei dat die olifante nou afbeweeg na die riviere toe, daar meer territoriale gevegte is en hulle mekaar baie meer vrekmaak en, omdat hulle by die riviere versamel, is hulle nou baie meer toeganklik vir poachers.
Net deur dit te doen was hulle suksesvol genoeg om die olifante alreeds te verminder na net meer as 6,000. Die wildtuin vang dan die poachers, kry die tande en sodra hulle genoeg tande het kry hulle dan toestemming om dit wettiglik te verkoop en weer ekstra geld in te kry.
Die poachers lewer so 'n groot bydrae tot wildbewaring in die wildtuin.
Die volgende is die renosters.
Die wildtuin het al die jare 'n oorproduksie van renosters gehad en het 4% van hul produksie aan privaat reservate verkoop. Te danke aan die poachers, hoef hulle nou slegs 2% van hul produksie te verkoop en, soos met die olifante, help dit hulle geweldig baie met die beheer en afbring van getalle.
Nog die olifante, nog die renosters is bedreig in die wildtuin. Inteendeel, hulle bly steeds 'n probleem in terme van getalle. Hulle is ook nie haastig om die poachers te vang nie, want hulle weet wie aan die hoof staan van die poaching netwerk en waar die groot gros horings en tande geberg word, maar hulle is besig om die strop al nouer te trek, totdat hulle WEET hulle sal die grootmanne vastrek. Intussen benut hulle die voordele wat die poachers hulle bied, sonder dat GreenPeace en WWF dit besef.
Dalk gee dit julle so ietwat van 'n ander perspektief en sal julle verstaan waarom ek gladnie eers bodder met olifant poaching nie en gladnie 'n groot storie maak van die renosters nie.