Post by cjm on Jan 14, 2020 19:12:35 GMT
Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS, sê die afname in leerders wat wiskunde neem, is kommerwekkend. “Wat nog meer kommerwekkend is, is die persentasie matrikulante wat wiskunde met meer as 50% geslaag het.” Luidens die verslag kon net 20% van 2019 se kandidate hierin slaag. Dit beteken dat bitter min leerders toegang kry vir graadstudies in ʼn wiskundige rigting.
Sedert 2013 het die getal onderskeidings bykans gehalveer en die slaagsyfer met 4,5% gedaal.
Afrikaanse skole het wel effens beter in Wiskunde gevaar. Altesaam 6,5% van Afrikaanse leerders het ʼn onderskeiding vir Wiskunde behaal, teenoor die 2% van leerders nasionaal. Meer as die helfte (56%) van Afrikaanse leerders kon ook daarin slaag om wiskunde met meer as 50% te slaag.
Sy wys ook daarop dat 16 skole landswyd ʼn 0%-slaagsyfer behaal het. “Dit is onaanvaarbaar. Die werkloosheidsyfer onder ons jeug is reeds 58%. Leerders wat matriek druip het nie veel van ʼn toekoms nie.”
Luidens die verslag het 87% van leerlinge aan Afrikaanse skole verlede jaar die matriekeksamen geslaag. Amper die helfte van dié leerders (49,9%) het toelating tot ʼn B-graadstudie gekry.
Nege uit die twintig skole met die meeste onderskeidings landswyd, is Afrikaanse skole. Agt uit die 20 skole met die meeste wiskundeonderskeidings per kandidaat is ook Afrikaanse skole.
“Die feit dat Afrikaanse skole 13% meer graadtoelatings as die nasionale gemiddeld oplewer, bewys dat Afrikaanse skole ʼn reusebydrae tot die intellektuele kapitaal van die land lewer en dus talle toppresteerders oplewer wat goeie kandidate vir verdere studies is. Die SOS gee graag erkenning aan Afrikaanse skole se sterk werkkultuur tussen leerders, onderwysers en ouers,” lui die verslag.