|
Post by cjm on Apr 26, 2021 16:50:58 GMT
Ek is besig om van 'n versameling uitgediende leerskoene ontslae te raak. Ek dra hulle tot hul aan flarde is (en nadat hulle 'n paar keer gegom is).
Is daar regtig niks waarvoor die materiaal (leer) weer gebruik kan word nie? In my kinderdae was die tong gesog vir gebruik in ketties (dis die deel wat om die klip of projektiel vou). Ek twyfel of dit nog enigsins daarvoor in aanvraag is. Vandag het jy waarskynlik 'n wapenlisensie nodig vir 'n kettie. Of die res vir iets gebruik kon word weet ek nie,
Nou wonder ek: Kan 'n mens nie die leer kook en dit eet nie? Dink net aan die armoede verligting wat hier ter sprake is. Dit kan bv in sop ook gebruik word. Die geur behoort enige fynproewer in ekstase te hê (of selfs bewusteloos).
Na my menig is die storting daarvan in vullishope nie baie effektief nie omdat dit dalk lank sal neem om te ontbind? Ek dink ook nie dat dit maklik sal brand nie.
|
|
|
Post by cjm on Apr 27, 2021 8:33:38 GMT
|
|