|
Post by cjm on Sept 14, 2015 7:38:55 GMT
Een iets wat ek hieruit kry wat ek interessant en verrassend vind, is dat die mense wat die verhale skryf hier deurgaans die rol van Niël Barnard beskryf en beskou as iemand wat beleid uitgevoer het. Maar uit hulle vertêllinge self lyk dit vir my eerder asof hy die een was wat beleid geskep het. Hy was dus in werklikheid die eintlike politiese hooffiguur van Suid-Afrika in die 80/90s. Ek stem volkome met jou saam. Die NI het die situasie in SA beskou as 'n veiligheidsrisiko en op grond van hul plig om veiligheidsrisko's te bestry, feitlik sonder enige formele mandaat die Nuwe SA geskep. PW was natuurlik ingelig tot op 'n punt, maar ek dink nie hy het besef dat dinge gevorder het tot waar hy beskou is as deel van die veiligheidsrisiko nie.
|
|
|
Post by Trog on Sept 14, 2015 14:53:25 GMT
Ek kan nie onthou of hierdie al op 'SwitchBoard' aangehaal is nie. Ek dink dit hou nogal goed verband met hierdie onderwerp: (Hoofsaaklik agv. die 2 vrae wat raak aan iets wat ek vroëer gevra het: "What missed opportunities were there? How could things have been different?" Alhoewel sy antwoorde m.i. nie regtig oplossings is nie, maar eerder die uitstel van die onvermydelike). Nelson Mandela and the last Afrikaner leaders
|
|
|
Post by cjm on Sept 14, 2015 18:00:21 GMT
Ek kan nie onthou of hierdie al op 'SwitchBoard' aangehaal is nie. Ek dink dit hou nogal goed verband met hierdie onderwerp: (Hoofsaaklik agv. die 2 vrae wat raak aan iets wat ek vroëer gevra het: "What missed opportunities were there? How could things have been different?" Alhoewel sy antwoorde m.i. nie regtig oplossings is nie, maar eerder die uitstel van die onvermydelike). Nelson Mandela and the last Afrikaner leadersFassinerend. Ek verskil plek-plek met Giliomee (asof ek die status het om dit te doen!) 'n Paar vinnige punte: My indruk is dat Mandela 'n geslepe kommunis was - vir bykans sy hele lewe. Barnard en Botha se projek om te onderhandel was veel ouer as wat Giliomee beweer. Die weermag het teen 1990 goed besef dat as hulle met die Kubane ook te doen het, is daar groot moeilikheid. Nie 'n verlore stryd nie, maar baie moeilik. Die weermag het geen illusies gehad oor die stand van sake nie. Mandela is in ikoon van klei - geskep en gevorm om die struggle te dien. Mbeki sê ook so. Die kwessies van meerderheidsregering en regstellende aksie was reeds afgehandel deur Willie & kie. Dis die dat De Klerk en Mbeki nie eens moeite gedoen het om die onderhandelinge by te woon nie. Wat die klomp swartes steeds nie besef nie, is dat kommunisme net in 'n ryk land kan werk (en dan net tot die rykdom op is). Marx het self ook so gedink - sonder die kwalifikasie egter wat ek daaraan byvoeg. PW se ontmoeting met Mandela was nie bedoel om 'n formele onderhandelingsgesprek te wees nie. PW wou dit inderdaad nie so doen nie. Om verder voor te gee dat PW weens sy *beroerte* gekniehalter was, betwyfel ek sterk. Waarskynlik is daar meer punte. Ek het kort-kort by die lees van Giliomee gedink: Hier verskil ek, daar is die klem verkeerd.
|
|
|
Post by Trog on Sept 15, 2015 6:25:25 GMT
Fassinerend. Ek verskil plek-plek met Giliomee (asof ek die status het om dit te doen!) . . Ek het kort-kort by die lees van Giliomee gedink: Hier verskil ek, daar is die klem verkeerd. Moontlik het die feit dat dit 'n lesing is wat hy voorgedra het by 'n redelik prominente Amerikaanse universiteit iets te doen met die onderliggende toon daarvan. Ek is alreeds ietwat verbaas daaroor dat 'n bekende Afrikaanse akademikus so 'n lesing in die VSA KON voorlê, 'n lesing wat nie onkrities die Apartheid regering veroordeel nie, and wat nie 'n onkritiese lofsang is vir die ANC nie. Miskien het hierdie soort van pogings eendag goeie gevolge – ek is volkome ten gunste daarvan en ek dink ons het dit nodig. Ek dink ook dit is uiteindelik nuttiger as die bulderende voorhamer retoriek van mense soos PRAAG, wat maklik is om as 'regse' ekstremisme af te maak en daarom meer kwaad doen as goed. (Ek voel ek moet die 'regs' hier kwalifiseer. Dit het natuurlik hoegenaamd niks te doen met 'regsheid' nie, maar 'regs' is a term wat op die oomblik in die wêreld as min of meer sinoniem met ‘boos’ gekarakteriseer word en wat onder andere ook onlosmaaklik geassosieer word met enigiets wat verband hou met Wit selfbeskikking. (Praat hier van die onnosel gemanipuleerde massas). Totdat dit verander sal ‘regs’ en daarom ‘boos’ altyd die indruk wees wat mense vorm van groepe wat die PRAAG tipe benadering het).
|
|
|
Post by cjm on Sept 15, 2015 7:44:54 GMT
... Moontlik het die feit dat dit 'n lesing is wat hy voorgedra het by 'n redelik prominente Amerikaanse universiteit iets te doen met die onderliggende toon daarvan. Ek is alreeds ietwat verbaas daaroor dat 'n bekende Afrikaanse akademikus so 'n lesing in die VSA KON voorlê, 'n lesing wat nie onkrities die Apartheid regering veroordeel nie, and wat nie 'n onkritiese lofsang is vir die ANC nie. Miskien het hierdie soort van pogings eendag goeie gevolge – ek is volkome ten gunste daarvan en ek dink ons het dit nodig. Ek dink ook dit is uiteindelik nuttiger as die bulderende voorhamer retoriek van mense soos PRAAG, wat maklik is om as 'regse' ekstremisme af te maak en daarom meer kwaad doen as goed. ... Ek dink dat jou gelykstelling van "regs" en "boos" in die kol is. Giliomee geniet veel aansien in die VSA en ek dink hy sou baie kon kwytraak sonder dat die hemel val. Ek het bv 'n boek (The shaping of SA society) waar hy en Elphick die redakteurs is en wat reeds die eerste keer in 1979 uitgegee is. Sommige van die bydraes in die boek is deur Amerikaners geskryf. Hy sonder ook Elphick uit in The Afrikaners vir sy "greatest gratitude". Hy het begin met die boek as 'n "research fellow" in die Woodrow Wilson Center in Washington en daar is ook 'n assosiasie met die Rockefeller Foundation. Die boek is gesamentlik gepubliseer deur Tafelberg en University of Virginia Press in die VSA. Ek het gemengde gevoelens oor Praag. Soos met De Vos kan ek my nie heeltemal met alles vereenselwig nie, maar aan die ander kant bind die taal en voel ek dat minder bombastiese reaksies deur Afrikaners ook kan help om 'n meer positiewe interaksie tot gevolg kan hê. Ja, die Bybel sê wel dat 'n sagte antwoord die grimmigheid afkeer!
|
|
|
Post by cjm on Sept 15, 2015 7:51:11 GMT
Na aanleiding van Van Zyl Slabbert se siening dat Mbeki hom soos 'n vrot vel eenkant toe gesmyt het. Wie glo 'n mens?
|
|
|
Post by cjm on Sept 16, 2015 5:18:09 GMT
Mbeki: Armoede, Korrupsie, Regstellende Aksie, Vrylating van gevangenes
|
|
|
Post by cjm on Sept 17, 2015 19:00:37 GMT
RW Johnson bespiegel uitvoerig in sy boek, South Africa's Brave New World, oor hoe Mbeki deur die onwetende Walus en Derby Lewis gehelp is om ontslae te raak van die Heilige Hani. Hier het 'n mens verdere agtergrondmateriaal uit 'n ander oord oor die botsings tussen Mbeki en Hani.
|
|
|
Post by cjm on Sept 18, 2015 7:35:26 GMT
Rosenthal was 'n regsgeleerde in SA wat in 1987-korrespondensie met PW Botha (wat deur Stoffel vd Merwe beantwoord is), die verkeerde indruk gekry het dat hy 'n mandaat van Botha het, om met die steun van die Switserse regering, met Mbeki te onderhandel (Esterhuyse op cit pp 79-81). PW was woedend toe hy op besoek aan Switserland) dit uitvind en wou Vd Merwe in die pad steek. NI se obsessie om self die land uit te verkoop, kom weer na vore hier.
|
|
|
Post by cjm on Sept 19, 2015 8:42:58 GMT
Dis duidelik dat Pik Botha nie gunstelinge van of Niël Barnard of Esterguyse was nie. Terloops, Esterhuyse skryf 'n boek van 365 bladsye waar hy nie een keer Barnard se naam reg spel nie.
Pik was waarskynlik een van die mees populêre figure in die Nasionale Party (afgesien natuurlik van moontlik Tannie Evita). Ek was self in Parlementstraat by die aankondiging van die nuwe Staatspresident in 1978 na Vorster se uittrede en kan nog goed onthou hoe die massa mense in afwagting op die uitslag van die verkiesing van Staatspresident, “We want Pik, we want Pik” gedreunsang het. Botha se verskyning is deur 'n kreun van teleurstelling begroet. Dat 'n land darem sy helde so kan misken.
By die negatiewe kommentaar oor Pik, onder aangehaal, verskyn ook die volgende in die boek:
* Die weermag slaan toe in 'n aantal state in Afrika (goedgekeur deur PW), maar Pik is nie vooraf ingelig nie (p50).
* Oor ander regeringspogings om met die ANC kontak te maak: “Die NI was ook gekant teen die departement van buitelandese sake en veral die altyd té entoesiasiese minister Pik Botha se pogings. Dié is op subtiele maniere gekelder. Pik Botha was ook nie 'n sleutelspeler in De Klerk se onderhandelingspan nie.” (p79).
* PW was veral baie in Pik Botha se doen en late geïnteresseerd. “Volgens PW Botha was sy van- genoot energiek en intelligent, maar 'n “politieke sif” wat te veel dinge deurgelaar en te maklik gepraat het.” (p109).
* Pik Botha was ten gunste van 'n tweede referendum. Dawie de Villiers (ook soos Esterhuyse, 'n gefaalde predikant) was hierteen gekant (p294).
* Barnard het na aanleiding van PW se versugting om die kabinet in te lig oor die NI -gesprekke met Mandela, gesê dat Pik geneties nie in staat was om so iets geheim te hou nie. (p344n4, bo)
Ook weer kom hieronder na vore die NI se begeerte om alleen die land uit te verkoop.
|
|
|
Post by cjm on Sept 20, 2015 5:51:06 GMT
Nooit is die kiesers vooraf ingelig oor die mate waartoe die ANC verknog was aan restellende aksie en die omvang wat dit sou aanneem nie. Dit hang aan een sin in die grondwet - so goed is dit verskuil.
|
|
|
Post by diebottoebantoe on Sept 20, 2015 7:54:24 GMT
Waaroor was die regses reg? Oor alles.
|
|
|
Post by cjm on Sept 21, 2015 7:01:45 GMT
Die weermag het vir jare vir die politici gesê dat 'n politieke oplossing gevind moes word. Daar was nie, soos Estehuyse hier impliseer ewe skielik in 1988 'n oomblik van helderheid by die weermag nie.
|
|
|
Post by cjm on Sept 23, 2015 7:25:49 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jun 17, 2018 17:58:30 GMT
stamp
|
|