Post by cjm on Oct 31, 2015 16:00:34 GMT
*Ons* Nobelpryswenner, JM Coetzee het 'n intieme verhouding met die fiets
Kannemeyer: JM Coetzee, Jonathan Ball (2012)
455
...
Howard Wolf, wat Coetzee in sy jare by die Departement Engels in
Buffalo en met sy herhaalde besoeke aan dié stad daarna goed leer ken
het, skryf by geleentheid in ’n brief hy voel dat sy twintig jaar as dosent in
Buffalo nie so ryk was as wat dit kon wees nie. Hierop antwoord Coetzee
0p 27 Mei 1987 dat almal van ons soms so ’n gevoel van teleurstelling
op 'n sekere leeftyd kry en dit dan toeskryf aan die gekose loopbaan,
die huwelik of die stad waarin ons woon. “But middle age brings its
lugubrious spells for all of us.”
Wanneer Coetzee tuis onthaal, was sy vriende voortdurend bewus van
sy koel, waarnemende intellek. Sy gemaklike kleredrag by sulke intieme
byeenkomste was egter 'n aanduiding van hoe hy in 'n vertroude sfeer kon
ontspan. Selfs by deftiger geleenthede het hy, waar moontlik, dit vermy
om formeel aan te trek en 'n das te dra. Sy vriende het hom geestig, warm
en vrygewig gevind. Hy was vir hulle ’n innemende gasheer wat graag die
aanwesiges se glase gevul het, al het hy nie self wyn gedrink of vleis geëet
nie. Wat die gebruik van alkohol betref, het hy by geleentheid gesê “I
simply don’t like the taste of wine,”12 al kon die naswewende beeld van
sy vader se oormatige drankgebruik by hom ’n lewenslange afkeer gewek
het. Van sy besoekers het hom 'n uitstekende kok gevind wat daarvan
gehou het om self in die kombuis vir die tafel te berei, veral gnocchi en
geurige Indiese geregte. Daniel Hutchinson, wat hom reeds as student
leer ken het, kon getuig van sy lang en warm vriendskap met Coetzee, wat
vir hom 'n eerlike, openhartige, innemende en sjarmante mens was.13 Vir
Howard Wolf 14 was Coetzee “mordantly witty” in gesprekke, al het hy die
romans “dark, oppressive, painful and torturous” gevind.
Naas sy verpligtinge by die universiteit en sy daaglikse toewyding aan
sy kreatiewe werk het Coetzee soms in sy vrye tyd daarvan gehou om
teen Tafelberg te gaan stap. Hy het ook, soos tydens sy jare in Londen,
baie graag gaan fliek. Hoewel hy meestal ’n massa mense vermy het
en nooit tydens sy jare aan die Universiteit van Kaapstad aan politieke
betogings deelgeneem het nie, was hy versot op die bywoning van groot
vrugby- en veral krieketwedstryde op Nuweland in Kaapstad, waar daar
altyd groot skares aanwesig was. Hy staan in ’n artikel oor rugby wel
skepties oor die wyse waarop die spel in die jare tagtig verpolitiseer, met
die outoritêre manlike persoonlikheid verbind en tot 'n opium vir die
massa omgetower is, maar basies geniet hy dit om saam met hulle na die
kragvertoon op die veld te kyk.15 Saam met lede van die universiteit se
personeel het hy altyd op Sondae krieket gespeel. Hy was ’n waardevolle
456
lid van die span, sowel as aanvangskolwer en as wegbreekbouler. Hy is
die enigste wat gereeld vir die oefeninge opgedaag het.
In hierdie jare begin Coetzee ook in alle erns om fietsry as ’n vorm
van sport en rekreasie te beoefen. Terwyl hy vroeër lief was om te gaan
hardloop, het hy gevind een van die voordele van fietsry is dat hy minder
beserings aan sy spiere opdoen. Hy skaf vir hom ’n nogal duur fiets aan
en tussen die jare 1983 en 2001 neem hy, dikwels saam met die digter
Gus Ferguson, vyftien keer aan die jaarlikse Argus-fietstoer deel. In 1991
teken hy sy beste tyd aan wanneer hy die wedren, ’n afstand van 104 km
in 3 uur 14 minute voltooi, `n prestasie wat hy in 1994 herhaal.16 Volgens
alle getuienis is dit ’n uitstekende tyd vir dié moordende wedren. Dat hy
met die gereelde oefening wat hy met die fietsry kry, besonder fiks moet
gewees het, blyk uit die feit dat hy op ’n dag van Rondebosch af per fiets
met Voortrekkerweg deur die noordelike voorstede ry om by Hermann
Giliomee, sy kollega in Geskiedenis, op Stellenbosch te gaan tee drink,
net om daarna weer die hele ent pad terug te ry. Hy kombineer ook
dikwels sy besoeke oorsee met fietstogte, in die besonder in Frankryk. Op
23 Oktober 1987 skryf hy aan Howard Wolf hoe hy tydens ’n besoek aan
die Rhônevallei deur akkers en akkers sonneblomme - bestem as voer
vir beeste en die maak van kookolie - gefiets het. Waarskynlik is dít die
tog waartydens hy die roete tussen Foix en Lavelanet verby Roquefixade
volg wat Ezra Pound in 1912 op die voetspoor van die Middeleeuse
troebadoers afgelê het, ’n gegewe wat in Diary of a bad year17 terugkeer.
In ’n boeiende artikel in Leadership, XIII: 5, 1994, onder die titel
“Travels in space and time”, skryf hy oor 'n fietstog wat hy en sewe met-
geselle, onder wie sy dogter, Gisela, in Junie-Julie 1994 van Parys suid
tot Avignon en daarna wes tot Toulouse aflê. Uiteindelik het net twee
van die geselskap, Coetzee en Gisela, op 13 Julie Toulouse bereik, nadat
hulle ongeveer 1 250 km afgelê het. ’n Week was hulle saam, bedags aan
die fietsry, terwyl hulle saans in mekaar se geselskap heerlik kon eet en
daarna in aangrensende kamers in ’n hotel kon oornag - vir Coetzee
een van die aangenaamste vakansies van sy hele lewe en ’n bevestiging
dat ouers en kinders tog, ten spyte van alles, saam kan lewe en mekaar
kan liefhê. In die artikel skryf Coetzee oor hoe so ’n fietstog van 'n reis
per motor of trein verskil, wat die fietser alles onderweg teëkom, watter
indruk die Franse landskap en mense op hom maak en veral hoeveel
makliker dit vir die fietser is om in ’n land soos Frankryk in vergelyking
met Suid-Afrika oor die weg te kom. Anders as in Suid-Afrika lyk dit asof
bestuurders van motors in Frankryk nie ’n grief teen fietsers het nie en
erken hulle die reg van mense op fietse om die pad met hulle te deel.
In Suid-Afrika, daarenteen, is fietsers verplig om verdedigend op te tree,
want hulle het ’n goeie kans om doelbewus van die pad af gery te word:
"Why this animus against the bicycle? A simple explanation: because
drivers are aggressive, because the law is not interested. A fancy
explanation: in the early decades of the century the bicycle was
slotted into the mythology of rural Afrikaners as the opposite of
the horse, and has never escaped the stigma. The suitor who comes
courting on a bicycle is a man without property, a figure of comedy
but also a harbinger of social levelling; the suitor on horseback is
the embodiment of traditional values, dashing yet safe. (Horses and
rifles also go together, as bicycles and rifles most certainly do not.)
Social history. After World War II black men began to acquire
bicycles, and for a while the bicycle took on a new signification
in black society: riding a bicycle was modern, it placed one above
those who had to walk. This was very likely the moment when
white opinion, linking the bicycle to black aspirations, concluded
that whites who rode bicycles were letting the side down.
Today the bicycle as a means of transport is looked down on
from all sides. To young blacks a man on a bicycle is marked as
old-fashioned, rural. To them it is the car or nothing."
In die artikel neem Coetzee ook die daaglikse leefwyse waar van 'n Franse
huisvrou in pantoffels en ’n voorskoot en met ’n bos sleutels om haar
middellyf- die embleem van die landelike Frankryk, onveranderd sedert
die Middeleeue - wat waak oor haar netjiese beddings spinasie, boontjies,
tamaties en aartappels en met haar geld onder die matras weggesteek.
Al verwelkom niemand in die hotelbedryf deesdae meer ’n toeris per
fiets nie, waardeer Coetzee dit hoe sorgvry ’n fietser op die paaie van
die rustieke Frankryk kan beweeg. Hy het tog bedenkinge teen die nuwe
Formule Une-hotel in Orange, waar die besoeker toegang verkry deur sy
kredietkaart in ’n gleuf te druk, waardeur sowel die voordeur ontsluit as sy
kaart met fr 135 gedebiteer word. Daarvoor kry hy ’n piepklein kamer met
’n bed, wasbak en televisie, en ’n toilet wat outomaties spoel wanneer hy
uitgaan, ingeval hy dalk vergeet het - alles in kliniese plastiek sonder skerp
hoeke of kante. Die tradisionele concierge, hoteljoggie en klerk by die
toonbank van die ou Franse hotelle is vervang met PIN-kodes en kameras,
wat die bewegings van die gaste waarneem. Wat hy vreemd vind, is dat
458
hy in dié land met sy roemryke kulinêre tradisie as vegetariër nie maklik
geholpe kan raak nie. By hul gasvrou in ’n auberge buite Lavaur bestel
hy die dis van die dag vir fr55, maar vra die patronne om die ham uit die
slaai weg te laat en die agneau met 'n omelet te vervang. In plaas daarvan
ontvang hy die slaai met geblikte tuna, want ’n kok in Frankryk, so meen
die gasvrou, kan hom die lewe nie sonder vleis in ’n dieet voorstel nie, net
soos die Chinese ’n dun sop van hoenderpootjies oor groente giet om
’n vleisekstrak te kan byvoeg. Vir iemand met sy klaarblyklik eksentrieke
perspektief is die Franse kulinêre verbeelding beperkter as wat die Franse
kokke self wil aanvaar. Ten spyte hiervan geniet hy die daaglikse togte per
fiets. Anders as ander bydraes tot die Westerse tegnologie, meen hy, het
die uitvinding van die fiets geen negatiewe kante nie. “It has brought only
good with it,” skryf hy. “It has extended the horizon, physical and mental,
of billions of people, not least among them children, It has multiplied
the weight we can carry and the distance we can travel, and has done
so without any noticeable harm to our environment. To the extent that
speed is joy, it has also brought quantities of happiness into the world.”
Op 10 Julie ry Coetzee en sy dogter in die Languedoc: “The road winds
downhill, mile after mile. We swoop through the curves, cutting the wind.
Around us a pungent smell of herbs whose names we do not know. No
sound but the hum of tyres on the road. God, I say, let me live forever in
this world you have made.”
In ’n hele paar boeke van Coetzee, soos Boyhood en die latere Slow man,
is die sentrale karakters op hul gelukkigste wanneer hulle fietsry. In ’n brief
wat hy aan die redaksie van die Nederlandse fietstydskrif De Muur stuur,
skryf Coetzee oor die demokratiese karakter van fietsry. Die fiets word
volgens hom verkeerdelik ’n masjien genoem. Anders as masjiene wat ’n eie
bron van krag opwek, is ’n fiets veel eerder ’n instrument, afhanklik van die
kraginspanning van die fietsryer.18 In dieselfde uitgawe van De Muur vertel
Tim Krabbé, Nederlandse ñetser en die skrywer van twee boeke oor fietsry,
hoe hy saam met ’n paar ander entoesiaste Coetzee die eerste keer op ’n
fietstog geneem het in Nederland, by uitstek dié land van fietse. “De manier
waarop de tot Australiër genaturaliseerde schrijver wegreed,” sê Krabbe,
“verried ervaring. Coetzee was een fietser met de motoriek van een geoefend
klimmer. [...] Bij het binnenrijden van Monnickendam openbaarde zich
zijn voorzichtigheid. Rustig manoeuvrerend zonder risico’s te nemen, reed
hij over de stenen wegen van het dorp, soms schichtig reagerend op een
plotseling opdoemende auto. Wie wilde, herkende scènes uit Slow man of
andere boeken waarin een bange man werd beschreven.” 19
459
Dit het kennisse van Coetzee in hul waarneming van hom opgeval
dat hy dikwels ’n verrassend oorspronklike kyk op sake met 'n neiging
tot kontradiksie of om ’n onverwagte mening of standpunt te paar.
Wanneer ’n onderhoudvoerder van die tydskrif Fair Lady hom in
die uitgawe van 28 Augustus 1983 uitvra oor sy “somber” romans,
antwoord hy treiterend: “Everyone seems to see bleakness and despair
in my books. I don’t read them that way. I see myself as writing comic
books, books about ordinary people trying to live ordinary, dull, happy
lives while the world is falling to pieces around them.” Toe hy tydens
dieselfde onderhoud uitgevra word oor wat hy van feminisme in die
literatuur dink, reageer hy: “Do you mean feminist writers, or women
writers who are today claimed by feminists to be feminists or both? I
don’t go out of my way to read women, just as I don’t go out of my
way to read men. There are smart women around, there are smart
men.” Toe Wim Kayser aan hom tydens die onderhoud in die reeks
Van de schoonheid en de troost die voorspelbare maar vervelende vraag
stel: “When you are down and out, what do you do? Listen to Bach or
Beethoven or Webern or start drinking? Writing? What are you doing?”
is dit vir Coetzee die geleentheid om ná ’n oomblik se nadenke met ’n
aweregse antwoord te kom: “I cook. It’s simple, it’s good in itself and
the results are immediately available and in itself it is very consoling.” 20
En wanneer hy sy vriend, die digter Douglas Reid Skinner, in ’n brief
van 28 Augustus 1983 met sy voorgenome tweede huwelik gelukwens,
noem hy dit in ’n goedige mengsel van geestigheid en sinisme en
met verwysing na Sameul Johnson “the triumph of optimism over
experience”. Met sy neiging om dikwels op ’n verrassend ongewone
wyse na dinge te kyk en ’n mening te huldig wat téén die algemene
verwagting ingaan, toon Coetzee ’n verwantskap met C. Louis Leipoldt,
die geneesheer, botanikus, gastronoom en veelsydige skrywer wat
vroeg in die twintigste eeu as die mees prominente Afrikaanse digter
tot omstreeks 1930 sy verskyning maak en by wie se dood in 1947 gesê
is: “Dr. Leipoldt preferred to contradict. He was the apostle of the
opposite View.”21
Maar belangriker as enigiets anders waarmee hy hom besig hou, is
sy skeppende werk, die fokuspunt in Coetzee se lewe van die oomblik
op 1 Januarie 1970 toe hy die eerste woorde van Dusklands geskryf
het. Dit was die begin van ’n oeuvre wat met elke nuwe roman al hoe
indrukwekkender sou vertoon. Coetzee is die soort skrywer wie se
kuns in buitengewone mate die substansie van sy lewe geword het.