|
Post by cjm on Nov 18, 2021 7:21:37 GMT
Die pers, die Broederbond en FW se besluit Ek dink die misrabele toestand wat die land tans in verkeer behoort die selfvoldaanheid en euforie van Van Deventer darem 'n bietjie tot orde te roep. Die gemiddelde wit kieser was totaal in die donker gelaat deur die gatomkeer wat die NP gemaak het en dit nadat hulle dekades gevoer is op die verdediging en bevordering van die onverdedigbare. As jy party van die ou Burgers beetkry is dit angswekkend wat hulle verdedig het en die vernyn waarmee opponente getakel is. Om die broederbond in positiewe terme beskryf te sien, het het my nog altyd gewalg. Ek weet van mense wat daaruit bedank het juis omdat hulle nie daarmee kon saamleef nie. Om te beweer dat die redakteurs vry was om te maak soos hulle wil, grens aan swaksinnigheid. Die spul was broederbond om mee te begin en hulle sou (soos ander "leiers") nooit in daardie posisies beland het as hulle nie vertrou was om die NP se wense uit te voer nie. Bedink jou ook hoe vinnig van 'n redakteur ontslae geraak sou geword het as hulle bv die Cape Times begin eggo het. Tussen die ANC se kaders en die broederbondk*nte is daar net 'n kleurverskil.
|
|
|
Post by cjm on Nov 24, 2021 6:40:34 GMT
En dis nie net ek wat so dink nie:
|
|