|
Post by cjm on Dec 1, 2021 6:11:23 GMT
‘NVG versuim om vervolging in te stel’ – AfriForum Dit is interessant dat die Vervolgingsgesag beskuldig word van die gebruik van Doodsondersoeke ( Inquests) om deel van hul werk te doen. Die strafregstelsel het vroeër as deel van die vervolgingsprosedure die sogenaamde voorlopige ondersoek as deel van die amptelike verrigtinge gehad vir seker gevalle. Dit is afgeskaf onder andere om die proses te bespoedig. Soos ek die Amerikaanse stelsel verstaan is hul Grand Jury verrigtinge waarskynlik soortgelyk.
|
|