Post by cjm on Dec 5, 2021 8:26:26 GMT
Hennie Aucamp (1934–2014)
Hennie het vroeg in sy loopbaan swaarde gekruis met die Broederbonders. Hy vertel op LitNet: "Op Stellenbosch is ek as dosent deur ’n Broederbonder – hoog op in die hiërargie – gevra om ’n aanbeveling vir ’n wankel kandidaat te skryf. Ek het geweier, want die kandidaat was akademies glad nie geskoold en gereed vir ’n professoraat nie. Die Broederbonder het my met drillende wange verskree: ’Eendag, my maatjie, gaan ek groot klippe in jou pad rol.’ En hy het.
“En dan die ongelooflike werk wat ek in veral Duitsland gesien het. Marlene Dietrich, wat in 1966 in Kaapstad opgetree het. Ek het lank in die Fleur du Cap-keuringskomitee gedien, maar sedert die streekrade verval het, kan ’n mens nie regtig meer praat van ontwikkeling in teater nie. Eerder áfwikkeling.” (Onderhoud met Susanne Beyers, 26 Maart 2006, Die Burger)
Met Hennie se amptelike afskeid van kabaret in 1993 het hy aan Dorothea van Zyl in Die Burger gesê dat hy op ’n laat leeftyd besef het dat hy eintlik ’n verloopte romatikus is, “of meer presies gestel: ’n Dekadent”.
Hennie beskryf kabaret as “muse van die modder” en “beskaafde protes”. En “As jou hart minstens drie maal in jou lyf omgedraai het, dan weet jy jy was by kabaret,” het Hennie die Nederlandse kabarettis Martie Verdenius aangehaal tydens ’n gesprek met Dorothea van Zyl.
“Seks en kabaret is nie van mekaar te skei nie. Van die begin af was daar maar altyd ’n hoererige element in kabaret. Daar moet ’n sentrale gedagte wees. Aanvegbare kwessies moet aangespreek word. Die kabarettis is die kritikus van die maatskappy. Hoflikheid is nie ’n deug in kabaret nie. Daar moet vervreemdingsmeganismes ingebring word sodat die gehoor afstand kan behou.” (Die Burger, 6 November 2008)
Petra Müller (Die Burger, 22 Julie 1998) het oor Hennie in die algemeen en oor Beeltenis verbode (1998) in die besonder geskryf: “Die literêre gesprek rondom Afrikaanse boeke is op sterwe na dood. Ek praat nie van die ewige geklaag oor die sogenaamd sterwende Afrikaans nie, maar oor die oorwoë gesprek gevoer deur liefhebbende en ingeligte lesers oor daardie metgesel van ons mooiste jare: die duursame boek. Daarom juis moet ’n slanke boek vol oorwoë boekgesprek soos Beeltenis Verbode van Hennie Aucamp dubbeld verwelkom word. (...)
In Rapport (25 Augustus 2002) skryf Daniel Hugo oor die sonnette van Hittegolf: “Hennie Aucamp is een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans. Hy is nie net ’n grootmeester van die kortverhaal nie, hy het sy hand al met groot sukses gewaag aan verhoog- en kabarettekste, liedtekste, dagboeke, kreatiewe handleidings, aforismes, essays, kwatryne – en nou ook sonnette. Die oorgang van kwatryn na sonnet is eintlik ’n logiese ontwikkeling. Die Engelse sonnet – die soort wat Aucamp in Hittegolf skryf – bestaan naamlik uit drie kwatryne plus ’n rymende koeplet wat die voorafgaande op ’n aforistiese wyse beklink. (...)
“Hennie Aucamp is al ’n dekadente skrywer genoem. ’n Woordeboekdefinisie van dekadent is: ‘baie verfynd en gekultiveerd, maar sonder innerlike en morele krag’ (Van Dale). Vir Aucamp geld slegs die eerste deel, aangesien die leermeester en moralis tog soms vermanend tussen die reëls deur praat. Ek dink byvoorbeeld aan die sonnet ‘Stad op hitte’ (een van die bestes in die bundel):
Rook peul om die berg; rol na die baai
– die Kaap stig brand: sy somersport –
en sou vandag sexxxx kom waai
kan Kaapstad weer ’n ashoop word.
Ook binnevuur verteer sy mense:
met hoere driediep langs die paaie;
etnies geld opnuut weer grense:
die swart verdryf die bleker naaie.
Seks raak ontdaan van romantiek
– dis instoot sonder voorbehoud –
word ’n genoot noodlottig siek
laat dit sy laksman salig koud.
O, waar sal ons vlug uit die stad wat brand,
die hittigste stad in ’n hittige land?”
Rook peul om die berg; rol na die baai
– die Kaap stig brand: sy somersport –
en sou vandag sexxxx kom waai
kan Kaapstad weer ’n ashoop word.
Ook binnevuur verteer sy mense:
met hoere driediep langs die paaie;
etnies geld opnuut weer grense:
die swart verdryf die bleker naaie.
Seks raak ontdaan van romantiek
– dis instoot sonder voorbehoud –
word ’n genoot noodlottig siek
laat dit sy laksman salig koud.
O, waar sal ons vlug uit die stad wat brand,
die hittigste stad in ’n hittige land?”
Oor die ontstaan van Dryfhout het Hennie Aucamp op LitNet geskryf dat daar ’n sielkundige rede is waarom hy oor Dryfhout wou praat. “Op 8 Maart 2004 het ek op Stellenbosch voor mev Marina le Roux se Poësiekring gepraat oor my bundel Hittegolf. Dit was ’n dapper gebaar van mev Le Roux om my te nooi, want Hittegolf is uitgesproke homoëroties van inslag; en dit was ’n doldapper, selfs onbesuisde gebaar van my om dié uitnodiging te aanvaar. Nou ja, die leeskring het die totale aanslag deurstaan, selfs beter as ek. Nooit, het ek my voorgeneem, gaan ek weer op kort afstand oor gay-aangeleenthede praat nie. Ek is in wese ’n akademikus wat ook ’n fisieke afstand nodig het tot my gehoor, met verder die beveiliging van buffers, soos ’n lessenaar en ’n kateder, en ’n deur naby my waarby ek kan uithardloop as dinge vir my te benoud raak. (...)
Hennie het nog altyd openlik erken dat hy gay is. In ’n onderhoud met Theunis Engelbrecht (Beeld, 12 September 1997) stel hy dit dat die seksuele oriëntasie van ’n mens nie vir hom belangrik nie, aangesien hy geïnteresseerd is in die gehalte van die persoon se menslikheid en hulle vermoëns en talente. Vir hom moet so ’n verdraagsame verhouding verwerf word. Dit is nog nie “wyd verbreid” nie en dus kom homofobie nog voor veral wanneer dit by werkbevordering kom. Hennie meen dat mens nie vandag gemakliker is met homoseksuele kwessies as ini die verlede nie, aangesien die mens nou eenmaal daarop ingestel is om stereotiep in hulle denke te wees.
“Engfrikaans is ’n ideologiese ding, ’n pretensieuse ding, dit dui op ’n soort vertraagde adolessensie. Maar dalk sal dit verbygaan, miskien moet ons nie so verskriklik daaroor te kere gaan nie.”
Wat hom méér hinder, is die krimpende woordeskat van Afrikaanssprekendes. “Die woorde is daar, boekdele vol. Maar ’n woord leef net solank hy gebruik word. Dié wat ná ons kom, wat in Afrikaans wil skryf, gaan mos eendag ontsteld wees omdat ons toegelaat het dat ’n waardevolle medium tot niet gegaan het. Eendag sal daar weer ’n Van Wyk Louw gebore word, en sal hy maar in Engels moet skryf? Daar is ’n toenemende taal-ongeërgdheid. Jy skakeer nie meer wat jy sê nie, jy nuanseer nie meer so fyn nie, of later glad nie.
“Ek moet ’n vreeslike ding beken, ek lees nie meer so baie Afrikaans nie. Dis ’n verskriklike ironie dat ek Afrikaans verdedig, maar my intensste prikkels kry ek al hoe meer uit Engels en Nederlands en vertalings uit Frans of Duits of wat ook al. Baie van my ‘modelle’ is skrywers wat neig tot die filosofiese kant sonder om formele filosowe te wees, en hulle is mý soort skrywers.”
“Ek moet ’n vreeslike ding beken, ek lees nie meer so baie Afrikaans nie. Dis ’n verskriklike ironie dat ek Afrikaans verdedig, maar my intensste prikkels kry ek al hoe meer uit Engels en Nederlands en vertalings uit Frans of Duits of wat ook al. Baie van my ‘modelle’ is skrywers wat neig tot die filosofiese kant sonder om formele filosowe te wees, en hulle is mý soort skrywers.”
Om ’n boek per jaar te publiseer, verg nie net talent nie, maar ook harde, konstante werk. Ná sy koppie tee soggens gaan sit Hennie agter die lessenaar, en nie agter ’n rekenaar nie. “Almal is verbaas dat ek so produktief is, maar dis juis omdat ek nié ’n rekenaar het nie. As ek voor ’n skerm moes gesit het, sou ek die helfte minder gedoen het. Ek skryf vinnig. Skryf is ’n vorm van teken, byna,” aan Hanlie Retief in Rapport. “Ek skryf áltyd met ’n swart pen, want swart verweer die stadigste. Ek kan letterlik aan my ou dagboeke sien hoe die blou verskiet.”