Post by cjm on Apr 18, 2016 17:53:11 GMT
Sien ook hier en hier
(Baie) verkorte lewensgeskiedenis van John Maxwell Coetzee
(of miskien net ‘n gids tot Kannemeyer: JM Coetzee, Jonathan Ball, 2012)
Herkoms, Jeugjare en eerste skryfsels (1940-1961)
1. Voorgeslagte en Wortels
Gebore 9/2/1940 te Mowbray, Kaapstad.
Oënskynlik het sy ma (Vera, Hildred) na Kaapstad gereis vir die bevalling, want sy ouers se adres was toe Victoria-Wes. Sy pa, Zacharias (Jack), was ‘n prokureur daar en sy ma ‘n primêre skool onderwyseres (kwalifikasie verkry te UK). Sy was oorspronklik ‘n nooi Wehmeyer van Uniondale. Sy pa is gebore op Prins Albert en daar is ‘n verlangs bloedlyn na Etienne le Roux. Die familie-plaas - wat ‘n ewige bekoring op JM uitoefen- is Voëlfontein te Prins Albert (p28). Ook bly die geliefde, harde, oop ruimtes van die Karoo hom lewenslank by (pp49-55). Die plaas is steeds in familie-besit en hy woon jare-lank Coetzee-byeenkomste daar by (pp49, 725n15, 340). Tog voel hy as kind nie tuis daar nie (p54). Weens die Wehmeyer invloed is die huistaal Engels, want Vera se ma (Louisa, gebore du Biel) het nie gehou van Afrikaners nie, alhoewel haar man een van die stigters van die NP-tak op Uniondale was (p31). Vera kry die gevoel dat die Coetzee-skoonouers nie baie van haar hou nie (pp38,41)
2. Kinderjare
Hulle trek maar baie rond weens skuld. Sy pa is twee keer van die rol geskrap (pp 81, 39, 340). Dan sluit dié by die Unie-verdedigingsmag aan gedurende die oorlog - miskien om skuldinvorderaars te omseil. Sy ma is swanger met sy broer (David) op hierdie stadium. Tye is swaar en hulle draai in Warrenton, Mowbray, Plettenbergbaai, Williston, Johannesburg, Prins Albert en ook op Voëlfontein (pp19-41, 80, 340). Sy kinderjare laat ‘n negatiewe beeld van sy pa by hom (p43). Sy ma is die dominante figuur in die huwelik en baie erg – miskien selfs oorbeskermend- oor haar kinders (p43). Sy niggie, Agnes, is die eerste meisie by wie hy aanklank vind op ‘n bykans seksuele wyse (p55). Om ‘n mate van vryheid van sy ma se versmorende liefde te kry, hou hy dinge vir haar geheim (p58).
Hy begin skool in Pollsmoor Primêr, dan Rosebank, dan in 1949, Worcester, soos sy alkoholiese pa, terug van die oorlog, rondtrek agter werk aan (p44-48).
Worcester is die eerste oorwegende Afrikaanse gemeenskap waar hy hom bevind (p56). Hy vind Afrikaanse kinders gedienstig, onkrities en verafsku hul skoolsaalpatriotisme en godsdienstigheid (p57). Godsdiens en geloof speel nie in ma of pa se families of sy ouerhuis, ‘n rol nie en dit opsigself maak van hom ‘n buitestaander (p58). In die Amerikaanse/Russiese konflik ondersteun hy heimlik die Russe en Stalin (p59). Die Engels/Afrikaanse strominge maak hom ook ‘n buitestaander omdat hy nie eintlik kan besluit of hy die een of die ander is nie. Hy doen hom voor as Rooms-Katoliek terwyl hy nominaal Protestants is (p72). Die buitestaander-gevoel word versterk omdat hulle VP-ondersteuners is. Om die buitestaander beeld te temper en die familie se “andersheid” te verdoesel, is hy baie versigtig met sy uitsprake (p58). Reeds as jongeling neem hy met meëgevoel kennis van sy medemens en anderskleuriges (pp 44, 50-51, 70 ).
3. St Joseph Marist College (1952-1956)
Toe weer in 1951 Kaap toe. Nou is hy by St Joseph’s Marist College – omdat hy nie by die beter skole kon inkom nie (pp66-76). Hy het Joodse en Griekse vriende en voel buite die Afrikaner- nasionalisme wat die land oorspoel (p72). ‘n Ambivalente houding geld jeens Afrikaans, maar hy is goed daarin en slaag die tweetaligheids-eksamen van die Akademie (p77). ‘n Nuwe stokperdjie is fotografie en ‘n donkerkamer.
Metteryd begin hy voel dat die (koloniale) onderwys wat hy ontvang, minderwaring is in vergelyking met die metropolis (p76). Hy ag homself met trots nie ‘n Afrikaner nie. ‘n Aanvanklike literêre belangstelling is poësie wat hy self ook skryf. Op eie inisiatief neem hy musieklesse en veral Bach bekoor hom (p77-78). Musiek speel ‘n leeftyd lank ‘n groot rol by hom, maar in die visuele kunste voel hy gebrekkig. Hy kry die hoogste punte vir Engels in matriek in 1956 in die land en dit help met ‘n beurs (p83).
4. Universiteit van Kaapstad (1957-61)
Met aanmoediging van sy ma en ten spyte van familie-druk dat hy in die lig van swak finansies eerder moet gaan werk, studeer hy verder aan die Universiteit van Kaapstad (p81).
Dit is sy vaste voorneme om by voltooiing van sy studies hom oorsee te vestig, om weg te kom van die skandes van sy pa, die NP-politiek, armoede en om skeppende werk te lewer terwyl hy ‘n stabiele beroep het (p93). Hy verklaar by herhaling dat hy bo die koloniale mentaliteit wil uitstyg en ‘n wêreldburger word (of dan ten minste ‘n burger van die Britse metropool) (pp113,122).
Verhoudings met ‘n reeks meisies is telleurstellend omdat hy geen dieper emosies daaruit put nie. (p86, 119, 128, 649 ). Sy “mislukking as minaar” hou miskien verband met sy vriendinne se onvermoë om te besef dat ‘n skrywer afsondering en eensaamheid nodig het. Hy wonder aaslustig hoe hy die ervarings kan omskep in poësie (p679n24).
Sy politieke denke sedert Worcester neig links en anti-regering, maar hy raak nie aktief betrokke nie (p92).
Hy finansier self sy studies met beurse, los werkies, onderrig en trek uit sy ouerhuis, Mowbray toe, veral om die finansiele druk op sy ma te verlig (p81). Hoofvakke Engels en Wiskunde en ‘n vrywillige kreatiewe skryfklas by prof Howarth (p98). In 1960 behaal hy ‘n BA honneurs (met onderskeiding) in Engels en ‘n BA honneurs in Wiskunde in 1961.
Akademies doen hy altyd uitstekend. Hy is ook sportief. In al sy prestasies bly hy nederig en is dikwels bykans onsigbaar vir die mense rondom hom. Tog is hy ‘n leiersfiguur in sy klas (p104), het ‘n goeie humorsin, kom goed klaar met mense en is sosiaal en bak selfs poetse (pp105-106, 109-110, 145). So is hy deel van ‘n “bende” studente- digters (p104). Hy word dikwels as koud en serebraal beskryf (pp 271, 368, 637), maar tog is dit nie almal se ervaring nie (pP340, 454). Dit is moontlik ‘n nagevolg van die onderhoud wat Rian Malan met hom gehad het (pp452-456, 721n5).
Kannemeyer self noem hom ‘n “intens private en teruggetrokke man”, eerlik, nougeset, uiters hardwerkend, maar tog aangenaam (p656). Teenoor ‘n joernalis wat hom wil beskryf as asosiaal (soos Beckett), lê hy uit dat dit beswaarlik gesê kan word dat Beckett asosiaal was en dat bloot die feit dat hy self dekades lank suksesvol met studente omgaan, dit weerlê (pp 470, 606). Sy weiering om vrae te beantwoord veral oor sy werk en om onderhoude toe te staan, toekenings in persoon in ontvangs te neem, is ‘n kenmerk van hom. Hy kan koppig wees (p400) en sy deursettingsvermoë word geïllustreer met sy latere gevegte in die UK Departement van Engels as dosent (pp391-398) en sy pogings om permanente verblyf in die VSA te kry (pp195-206).
Moontlik weens sy pa se drankmisbruik, is hy lewenslank ‘n geheelonthouer (pp110,341).
Hy vertrek in 1961 na London en ontvang sy graad in absentia omdat hy wil weg uit die land voordat hy dalk opgeroep word vir militêre diensplig (p112).
Britse Intermezzo
5. London en Bracknell, 1962- 1965
In 1962-1965 woon hy in London en werk as programmeerder by IBM. Hy woon teater by, fliek, lees baie - insluitende poësietydskrifte. Coetzee skryf heelwat poësie in sy tyd in London en feitlik geen prosa nie (pp 149, 130-133). Hy het seks met ‘n reeks meisies (soos op universiteit), maar mis die ekstase van seks waaroor die digters skryf (pp 86, 119, 128, 649).
“The Byron in John pulls him towards women and engagements in worthy causes, the Jesus in him pulls him away. ‘His life project was to be gentle,’ says Julia of John, but goes on to say that this was why she could not stay with him.” (p649)
Hy begin ‘n MA in Engels oor die romans van Ford Madox Ford in 1963 deur die Universiteit van Kaapstad terwyl hy in London is (p133). Sy promotor is prof Howarth (‘n Australiër van geboorte) met wie hy ‘n lang verbintenis sou hê sedert sy eerste jaar te UK en wat hom in vele opsigte sou bystaan en deure vir hom oopmaak (p97). Ford leer hom van verskuiwende perspektiewe, verskuiwings in tyd, om sy prosa te snoei, die soeke na die juiste woord, die plasing daarvan en om alle elemente saam te snoer (p133).
Terwyl in Engeland verdiep hy hom in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Somtyds voel hy hom aangetrokke tot Suid-Afrika (pp124-125). Van Beckett se romans herlees hy herhaaldelik (pp130, 150, 158). Sy broer, beskryf as ‘n kommunis deur ‘n Coetzee-kennis, is op ‘n stadium in London en hul trotse ma kom kuier vir hulle (pp130, 143, 340).
In 1963 bedank hy by IBM, miskien deels omdat hulle help in die stryd teen die Russe, maar ook om meer tyd aan sy tesis te bestee (pp136, 140). Met ‘n kort terugkeer na SA voltooi sy MA-verhandeling en trou met Phillipa Jubber wat hy reeds op universiteit ontmoet het (pp108, 137-138). Beide verhuis na Brittanje. In 1964 begin hy by ‘n ander rekenaarfirma, ICT, in Bracknell , naby London, werk . Hy lees Van Wyk Louw se Tristia in die tyd (p142). London se aantrekkingskrag taan en ook ontdek hy dat selfs ICT meehelp om die Russe te ondermyn (pp140,142-145). So kom die VSA in sy visier.
Die VSA, 1965 -1971
6. Austin, Texas (1965-1968)
In 1965 kry hy ‘n Fullbright-beurs (gekoppel aan lesingverpliginge) om by die Universiteit van Texas se Austin Kampus verder te studeer. Hy neem kursusse in linguistiek en Engelse literatuur onder groot vakmanne, asook Nederlands, Frans, Duits en Russies. Afrikaans help om sy kennis van Nederlands uit te brei. Vertaalwerk vanuit Nederlands na Engels help om sy Nederlands te verbeter (p155). Sy belangstelling begin verskuif van poësie na prosa (p155). In van sy studies word stilistiese verskille statisties bereken. Op hierdie stadium verskyn Chomsky se werk ook op sy horison en daar is Levi-Strauss en Roman Jacobson. Onder invloed van laasgenoemde aanvaar hy dat die onderskeid tussen primitiewe en gesofistikeerde kultuur en tale nie bestaan nie (p156).
Die Amerikaners se energie en werkywer beïndruk hom – in skrille kontras met sy ervaring van Suid-Afrikaners (pp157, 167, 387). Dit vind later neerslag in ‘n opstel.
Sy pos en beurs word hernu. In 1967 kry hy ‘n Graduate Fellowship en 1967-68 word hy bevorder tot University Fellow.
In 1969 kry hy ‘n dokorsgraad met The English fiction of Samuel Beckett. Hy gebruik ‘n numeriese benadering ( stilostatistiek ) in sy proefskrif alhoewel hy sy bedenkinge oor die waarde daarvan het (p162).
Wat veral van Beckett weerklank vind in sy werk is Beckett “ se visie van die lewe sonder enige hoop of vertroosting, waarin die mens se enigste verpliging...lê in absolute eerlikheid teenoor homself.” (p159). Beckett in sy werk, Watt, bevraagteken die fondament van rasionele ondersoek, die onderskeid tussen “ intended errors, authorial errors, mistakes introduced by publishers, changes of intention and other obnubilations...If no distinction can be drawn between deliberate and inadvertent error, then all interpretation is fraught..(p161). Waar die teks so problematies is soos by Watt, moet die eerste akademiese poging, die konstruering van die bes moontlike teks wees (indien nie die beste teks moontlik nie).
In die vreemde lees hy met oorgawe Suid-Afrikaanse geskiedenis en veral ou reisverhale, (p166-168). Hier ontdek hy sy naamgenoot se reisverslag wat uiteindelik in Duskland gebruik word (p215). Jacobus Coetsé is egter nie ‘n voorsaad nie (p23). Op daardie stadium is Amerika in die Viëtnam-oorlog gewikkel en hy is intens anti-oorlog (p168-171).
Die Texas landskap en die meganiese Amerikaanse spraakwyse staan hom nie aan nie (p165). Die studente wat hy moet onderrig bly vir hom eienaardige vreemdelinge ten spyte van die waardering wat hulle vir hom het (p158).
Sy seun Nicolas Guy Talbot is in Junie 1966 gebore en Phillipa (wat ‘n deeltydse werk by die Universiteit het) gaan wys hom in April 1968 vir die familie in SA. Toe reeds is daar sprake van ‘n egskeiding, maar sy besluit daarteen. Sy keer 4 maande later terug (p171).
7. Buffalo, Die Staat New York, 1968-1971
Coetzee doen aansoek vir ‘n pos by die Universiteit Buffalo in 1967, terwyl by nog met sy doktorsgraad by Austin besig is. Dit sou ‘n groter salaris behels en daar was nie vakante poste by die Universiteit Texas nie. Hy word in 1968 vir ‘n jaar aangestel as besoekende assistentprofessor in Engels en verhuis daarheen - waar Phillipa hom vind by haar terugkeer (p181).
Die aanstelling is aanvanklik net vir ‘n jaar om hom kans te gee om sy verblyf in die VSA te bestendig, want die Fullbrightbeurs bepaal uitdruklik dat hy by die afloop van sy studies moet terugkeer na sy tuisland om sy kennis daar aan te wend.
Hy neem deel aan konferensies en simposiums (p188). Sy doseerwerk dek oa La Guma en Robinson Crusoe (pp 185,186). Hy konfronteer sy studente met die populariteit van die biografie by Suid-Afrikaanse skrywers en die vervelige herhaling van politiek in Suid-Afrikaanse literatuur (p187). Die aanstelling van die Nigeriese skrywer, Soyinka, by Buffalo is deels as gevolg van hom. Sy eerste kritiese opstelle en ‘n vertaling uit Nederlands, die digbundel Ballade van de gasfitter deur Achterberg, word gepubliseer. In Achterberg se werk vind hy ‘n verpersoonlike mite: die eensame soeke na die oorlede geliefde (p189). Hy begin ook in 1968 werk aan ‘n vertaling van Emants se Een nagelaten bekentenis (p191). Lees beskou hy as ‘n vorm van vertaling – net soos vertaling in wese literêre kritiek is (p190). Die oorsprong van die hedendaagse sekulêre belydenisskrif vind hy in St Augustinus en Rousseau wat hy naspeur na Dostojefsi en Emants se werke (p191). Kannemeyer vind in Emants se Een nagelaten betekenis aspekte wat op JM se eie lewe van toepassing kan wees (pp192-193).
Sy dogter, Gisela Gabrièlle, word op 10 November 1968 te Buffalo gebore.
Met wat in finale vorm Dusklands sou heet, begin hy sy skrywersloopbaan op 1 Januarie 1970 in Buffalo.
Terwyl by Buffalo, word hy saam met 44 ander dosente gearresteer omdat hulle op 15 Maart 1970 die President van UB se kantoor beset oor sy hantering van Viëtnamproteste op die kampus. Hulle word veel later onskuldig bevind maar dit fnuik finaal JM se pogings om langer in die VSA te bly. Hy kon ook nie dadelik gaan nie want hy moes vir die verhoor bly wat eers in 1971 afgehandel is. Phillipa en die kinders is reeds terug na SA in Desember 1970. Hy verlaat die VSA in Mei 1971 (pp206-214) en keer terug na die Suid-Afrika wat hy vir goed wou verlaat. Die “disgrace” van wat in die land aan die gang was, skep in hom ‘n sekere verbondenheid aan die land (p226).