|
Post by cjm on Jul 6, 2016 18:11:08 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 12, 2016 6:22:26 GMT
Julie 11, 2016 deur Annelise
AfriForum het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) in ’n ope brief versoek om terugvoer te gee oor al die sake waarby die SAMRK op eie inisiatief betrokke geraak het, asook die vordering met daardie sake se ondersoeke. Bykomend het dié burgerregte-waghond verder ook ’n opsommende verslag versoek van al die klagtes wat die SAMRK ontvang het ten opsigte van haatspraak en aanhitsing tot moord op ’n rassegrondslag.
Dit volg nadat AfriForum op 31 Julie 2015 ’n skrywe aan die SAMRK gerig het omdat dit vir die burgerregte-organisasie voorkom asof dié menseregtekommissie selektief is in die sake waarby hulle uit eie oorweging betrokke raak. Die SAMRK het AfriForum verseker dat sy waarneming vals is.
Die SAMRK is onlangs deur die media gevra waarom daar geen ondersoek gedoen is na die rassistiese uitlatings van ene Palesa Sotjifa op sosiale media nie. Sotjifa het na bewering herhaaldelik genoem dat wit mense vermoor moet word. Die SAMRK het op medianavrae geantwoord dat die kommissie geen saak teen Sotjifa ondersoek nie aangesien niemand ’n klag teen haar ingedien het nie.
“Op grond van hierdie waarneming, wat op mediaberigte gebaseer is, kan ons nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom nie dat die SAMRK steeds met selektiewe vervolging besig is, ongeag vroeëre versekerings aan AfriForum dat dit nie die geval is nie,” sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum.
AfriForum behou die reg voor om alternatiewe regsopsies te oorweeg indien die SAMRK se reaksie nie bevredigend is nie.
|
|
|
Post by cjm on Jul 13, 2016 17:23:36 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 14, 2016 5:23:31 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 14, 2016 15:28:19 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 16, 2016 9:05:57 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 27, 2016 16:49:13 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 28, 2016 8:24:06 GMT
|
|
|
Post by cjm on Jul 30, 2016 8:18:49 GMT
|
|
|
Post by cjm on Aug 30, 2016 5:34:27 GMT
|
|
|
Post by cjm on Sept 10, 2016 8:38:25 GMT
AfriForum Jeug eis skorsing van ‘bazoeka’-student | Maroela Media9 September 2016 Phillip Bruwer AfriForum Jeug het ’n memorandum aan die bestuur van die Universiteit van Pretoria (Tuks) oorhandig, waarin die organisasie die skorsing eis van Luvuyo Menziwa, die studenteraadslid wat glo wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodskiet.
|
|
|
Post by cjm on Nov 19, 2016 5:19:11 GMT
|
|
|
Post by cjm on Nov 21, 2016 5:00:31 GMT
Solidariteit pak rasseboelies | Maroela MediaSolidariteit het besluit om ’n massaveldtog oor selektiewe rassisme en teen rasseboelies van stapel te stuur. ’n Massaklag teen die verskynsel, wat by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig gemaak gaan word, maak deel uit van die veldtog. Die massaklag gaan ook die idee dat net wit mense rassisties is, die nek inslaan en die MRK gaan gevra word om hom daaroor uit te spreek. ...
|
|
|
Post by cjm on Nov 23, 2016 8:26:38 GMT
Kick him out (Afrikaans)... AfriForum het op Maandag, 21 November 2016, verneem van rassistiese en uitlokkende opmerkings teenoor wit mense wat deur ’n student van die Taaibos-koshuis van die Universiteit van Pretoria (UP) aan die buitekant van sy koshuiskamerdeur aangebring is. “The Devil is White = F*ck you” en “Keep calm and bring back the Land mother f*ckers” is op 15 en 17 November vanjaar teen die betrokke student se koshuiskamerdeur geskryf. Hoewel die saak by die koshuisvader aangemeld is, versuim hy om op te tree. AfriForum Jeug het gevolglik ’n klag by die UP ingedien en eis dat die student onmiddellike uit die koshuis geskors word en dissiplinêre aksies teen hom geneem word. ...
|
|
|
Post by cjm on Nov 23, 2016 8:37:27 GMT
Swart rassisme is tweede natuur... “My swanger vrou en tweejarige dogtertjie het in my pa se bakkie gesit en dit magteloos aanskou. Ek is voor hulle aangerand, rondgepluk en gewurg toe ek om hulp probeer roep het. Ek kon in ʼn stadium nie asem kry nie. My pa wou my red, waarna hulle hom op die grond gegooi en geslaan het om hom te verhoed om by my uit te kom.” ... “Hulle het my op die teer gesleep en in die taxi ingeboender en my as gyselaar aangehou. Daar het hulle vir my gesê hulle soek al lankal ʼn wit boer se kop. Hulle gaan my saamvat, doodmaak en langs die pad uitgooi. My lewe het voor my oë verbygeflits en ek het gedink ek gaan nooit weer my gesin sien nie.” Kleynhans se pa het met die groep probeer onderhandel dat hulle hom moet vrylaat. Die taxibestuurder het aan sy pa gesê hy gaan Kleynhans self na die polisiestasie op Derby neem, maar daar is egter nie ʼn polisiestasie nie. Kleynhans is vas oortuig hulle wou hom dalk beroof en vermoor. “Ek het self in my toestand ook met die drywer probeer praat, maar al wat hy vir my gesê het, is ‘today I’m gonna kill you’.” ...
|
|