Post by cjm on Feb 8, 2024 9:06:22 GMT
Jonas Lie
DIE STORIE VAN 'N KUIKEN
DAAR was eenmaal 'n eier wat rusteloos in die nes rondgerol
het. Die moederhen moes dit aanhoudend in die regte plek terug-
skop. Daarbínne moet 'n uitsonderlike stukkie lewe wees, het
sy gepeins.
Skaars het die kuiken uitgebreek in die wêreld, die stukkies dop uit
haar oë gevee, of sy rek haar nek en kekkel en vra wat dit alles beteken.
Die moeder klap onthuts met haar vlerke oor so 'n vermetele vraag en
moet haarself twee keer gerusstel voordat sy heeltemal oortuig is dat
dit nie 'n klein haantjie is nie.
Sy hou haar heeldag onder die oë - kan niks anders doen nie -
en verwaarloos daardeur die res van die kuikens. Die jong dingetjie
dans rond, staan elke nou en dan stil met 'n houding van ,,nou toe
nou!" En as die moeder haar kuikens teen sononder bymekaarroep,
pruttel sy net en bly agter. En as die moeder agter haar aan hardloop
en na haar begin pik, sit sy haar kwaai teë met uitroepe van tjie~tjie-
tjie-tjietjie~tjieeep.
Sy kon nie insien waarom dit juis nodig moet wees om saans nes
toe te gaan en te gaan slaap nie. Waarom nie bedags nie?
Selfs voordat sy behoorlik leer kekkel het, het sy haar nek veront-
waardig gerek en skuins gekyk na die diensmeisie wat hulle kíep~kiep~
kiep roep en mielies en ertjies rondstrooi. Asof kuikens net leef vir
die enkele doel om op die werf te kom! En sy kon eenvoudig nie
piep-piep~piep insien waarom die kleintjies in níks anders as geel dons
moet rondloop terwyl die grotes swart en bruin en selfs bont vere dra
nie.
Elke dag terwyl sy groei, het haar gekekkel harder en helderder
geword. En is daar enige piep-piep~piep~rede waarom hulle amper
kaalkop moet wees terwyl die haan spog met 'n rooi kam en ander
sulke dinge en bevoorreg is om die hardste van almal op die werf te
kraai? En hierdie - koeke~roe~koe ~ jong windlawaaihaantjies, wat
so verwaand pronk dat jy amper kan dink hulle kan oopbars, wat
begin kraai soos 'n heer en meester lank voordat hulle nog enige tekens
van 'n kam het — genugtig! Jy kan amper vra of dit nou eintlik hulle
is wat die eiers lê.
Ons sal maar mooitjies ons rug op hulle draai en maak of ons hulle
nie raaksien nie, kekkel sy kwaad teenoor haar susters. Elkeen met
'n greintjie selfrespek behoort dit haar plig te ag om te betoog en weg
te vlieg sodra sy maar net ’n haan se kam skrams sien.
Maar stadigaan het eers die een en toe die ander susters uit die
sentimentele kekkeldroom wakker geskrik en het hulle begin besef dat
haar indringerigheid en bemoeisieke baasspelerigheid op die een of
ander manier tere bande verbreek het, en daar het onder hulle 'n gevoel
van gebelgdheid en toorn ontwikkel. As sy maar net haar snawel
oopgemaak het om iets te sê, het hulle haar bevlieg, barbaars gepik
en haar vere uitgetrek. Gevolglik kon sy nie bra fatsoenlik lyk nie -
nee, sy kon skaars tussen hulle verskyn.
Toe gaan sy sit en knies.
En terwyl sy so sit en peins, ontdek sy hier en daar dinge wat verkeerd
loop en begin sy stadigaan vaagweg agterdogtig te raak en te wonder
hoe hierdie besigheid van eiers en kuikens en hoenders werklik inmekaar
pas, Dit maak nie saak hoeveel eiers gelê word of hoeveel kuikens
uitbroei nie, daar was nooit meer hoenders, groot of klein, as tevore
op die werf nie. Maar elke liewe oggend kom mevrou dosyne eiers
in haar voorskoot uithaal en dra dit weg. Dan hardloop die arme
verwarde henne wild rond, soek en soek en treur, treur en soek. Maar
sodra hulle die haan hoor roep, vergeet hulle heeltemal hul smart. En
as die oggend kom, sit hulle weer daar op hulle nuwe eiers, so onbe~
kommerd en geluksalig en vol verwagtings as tevore.
Dit kan geen kwaad doen om bietjie ondersoek in te stel, dink sy,
en agter te kom waar alles heen lei nie. Want die henne sê maar
net dat alles volgens die orde en wette van die natuur verloop.
Sy spring ligvoets oor die heining en loer deur die skeure. Daar is
die, hoop, letterlik wit van die eierdoppe wat weggegooi is! Om dit te
sien, maak haar terneergedruk, en dag en nag sit sy daaroor en treur
en peins. Per slot van sake lei al hierdie ywerige lê en lê en broei na
niks! Die doppe daarbuite ~ verbleikte geraamtes - beteken dan hulle
uiteindelike bestemming.
Al hulle verlange en begeertes en tere, allerbelangrikste kloeke en
verrukking, al die moederlike waardigheid waarop die henne so trots
is en waarvan hulle so verseker voel ~ dit alles lei net na die ashoop!
Sy staar en staar na die gebreekte doppe, wat vir haar soos soveel
grafte in 'n kerkhof lyk, totdat sy half bedwelmd voel. En totaal oor-
weldíg verhef sy haar stem en voorspel en kekkel wild hoe onbedag~
saam en onnosel en eenvoudig hulle is wat nog kleef aan die verouderde
gewoonte om eiers te lê.
In antwoord kekkel die ander boosaardig onder mekaar en vertel
dat sy nie weet waarvan sy praat nie. Wat weet sy van 'n moeder
se geluk as sy op haar eiers sit en broei, peinsend uitreken hoeveel
maal die son nog sal ondergaan voordat die kleintjies uitkom, en wonder
of hulle wit of bont of swart of bruin sal wees, of hoeveel miskien
haantjies sal wees en na hulle vader lyk?
En as hulle uitkom, geel en lomp en snaaks en verspot en hard-
koppig, en die moeder haar hande vol het om hulle te beheer as sy
met hulle rondwei, so neergedruk deur laste dat dit voel of haar kop
draai, dan het sy sekerlik te veel ander dinge te doen as om haar met
onnodige gedagtes te kwel! Iedereen wat haar natuurlike doel uitlewe,
het nie tyd om haar aan nuttelose bespiegelinge te steur nie.
En as daar enige gevaar is, besluit hulle - soos 'n kruipende kat
of 'n vlieënde valk - is daar natuurlik die haan. Hy is tog in sulke tye
hul natuurlike beskermer. Maar weinig wis sy, ten spyte van haar
groot wysheid en verwaandheíd, hoe hulle harte klop as die waaksame
heer sy stem verhef en die lug met sy lokkende en versekerde stem vul.
Sy het dit heeltemal met hulle opgegee. Doen hulle ooit iets anders
as om ewigdurend aan die haan te dink, van hom te droom, te praat,
dag en nag? Nooit 'n gedagte aan iets anders nie!
Maar sy was voorbestem om nog meer openbarings van die geheime
aaklighede van die lewe te aanskou. Eendag het sy op die dak van die
hoenderhok gevlie en daarvandaan oor die heining gekyk. En siedaar
- daar staan die kok op die kombuisstoep, mes in die hand, besig om
die een hoender na die ander, oud en jonk, so vinnig as sy hulle uit
haar voorskoot kan haal, die kop af te kap, terwyl die arme wesens
sonder kop oor die grond en teen die muur rondspartel.
Nou besef sy ten volle wat die lewe is.
Sy lig haar kop om iets te sê; haar stem is hees.
Wat baat dit om dag na dag op 'n klomp eiers te sit `en broei, uit
te teer, met vreugde uit te sien na die eerste piep-piep van die kleintjies,
of daarna saligblind van geluk te skrop, korrels vir hulle op te tel en
hulle te leer om self te soek, as daar tog geen toekoms vir hulle is nie?
Dis maar net om hulle vir die slagting en vir die tafel vet te maak -
om die bloedige mes te voel.
Sy peins en dink en wonder totdat haar kop seer is van die gedagte
aan die vreeslike verantwoordelikheid om eiers te lê.
Sy kan haar die onvermydelike bitter teleurstelling van die moederhen
voorstel as sy voel hoe die eiers van haar weggeneem word as hulle
nog warm is, vars gelê. En die verskriklike einde as een van die eiers
uitbroei en die kuikentjie hardloop gelukkig en vol vertroue saam met
die moeder rond - werklik, sy kan haar skaars daartoe bring om
daaraan te dink. Daar was niks wat sy kon doen nie behalwe om hulle
in onkunde te hou oor hulle eindbestemming en hulle te steun in hierdie
woesteny wat die lewe genoem word, tot daardie laaste verskriklike uur.
En al die bedrog wat insluip in die moederliefde wat van alle dinge
op aarde die mooiste en reinste behoort te wees...... En sy word flou
en val van die nes af.
Sy kan maar net een oplossing sien ~ die hele hoendergeslag moet
staak en weier om verder te lê. Half buite haarself jaag sy al in die
rondte en pluk haar stertvere uit, en besluit dat dit haar roeping is om
te skryf en sodoende die opkomende geslag te red van al hierdie naam-
lose ellende.
Met hierdie gedagtes soek sy die eensaamheid en skaduwees van
die bosse aan die ander kant van die hoenderhok teenaan die heining.
Daar dwaal sy eensaam en soek vrede en rus van die bedrog en teleur-
stellings van die lewe.
Een nag, nadat sy vergeefs probeer slaap het, het sy lank voor sonop
alleen heen en weer begin loop. Deur haar koorswarm kop af en toe
in die klam grond en dounat gras af te koel, kon sy haar effens kalmeer.
Toe sy deur 'n nou opening onder die heining deurkruip en anderkant
uitkom, skyn die eerste gloed van die oggendson vol in haar oë.
En daar, bo-op die ashoop met al die eierdoppe, staan 'n jong haan,
sy nek ten volle uitgestrek, en kraai lustig in die opkomende son.
Voordat sy dinge mooi kan begryp of kan besef wat gebeur, is sy
by hom. Sy staan bewegingloos, beskou sy wonderlike regop en statige
houding, sy glinsterende en kleurige veregewaad, sy skitterende groen
vlerkvere, sy bekoorlig geboë stert.
Groots loop hy heen en weer met 'n statige, afgemete stap en bene
hoog gelig. Met sy kam vuurrooi en sy snawel wydoop asof hy 'n
oorlogstrompet blaas, verkondig hy sy onverskrokke uitdaging aan
elke vyand wat die hoenderwerf durf bedreig.
En elke keer as hy sy nek uitgerek en gekraai het, kyk hy af na
haar totdat sy uiteindelik duiselig en magteloos, bedwelmd deur sy
glans, voel asof sy haar lewe vir hom kan gee.
Nader en nader kom hy, die eierdoppe kraak onder sy voete, en hy
pronk ridderlik en swierig, die drif al hoër in sy stem gelaai met elke
kraai, voor haar verby. Sy verleidelike koekeroekoe galm oor die hele
werf, totdat sy skielik die geruis van vere met 'n stormlawaai om haar
voel, en dronk van genot gee sy haar oor en vergeet alles in die ver-
rukking van die oomblik.
In die soete verwarring besef sy dat sy nou sy bruid is.
Jonas Lie (1833-1908) het die roman van die
gesinslewe verryk met 'n nuwe vryheid van styl,
sy gebruik van natuurlike dialoog en sy vermoë
om 'n karakter met oortuigende detail op te bou.
In ,,Die Storie van 'n Kuiken", 'n fabel van die
plaaswerf, kry u ’n aanduiding van sommige van
die eienskappe wat hom beroemd gemaak het.
Let op hoe presies sy keuse van beskrywings~
woorde is, en hoe raak - onder sy komies-
heroïese toon ~ sy ironiese kommentaar oor die
menslike natuur.