Post by cjm on Feb 13, 2024 8:53:20 GMT
Kriminele residivisme: voorbeelde uit Noorweë
Ek is nie so seker dat 'n mens die Noorweegse model kan voorhou as enigsins van toepassing op SA nie. Ek dink bv aan die kwaliteit en opvoedingsvlak van die Noorweegse samelewing, die lae misdaadvlak, die aantal kundige persone betrokke by rehabilitasie-proses, die gesofistikeerde samelewing en die lae tronkbevolking.
Moontlik lê plaaslike oplossings eerder by die ontwikkeling van die samelewing en die vermindering van die tronkbevolking. Laasgenoemde hang onder andere saam met die oplê van strawwe anders as tronkstraf (dekades gelede 'n prominente gedagteriging). Vermindering van die tronkbevolking hang ook saam met dekriminalisering van vele wette. Mens kan bv aan die kriminele sanksies dink wat die regstellende beleide ondersteun, belastingwette, rookwette, drankwette en hordes ander (een van die areas waar gevorder is, is die dekriminalisering van dagga). Daar is ook die geneigdheid om tronkstraf te sien as feitlik die enigste straf. Mens kan bv die volgende saak beskou:
Appèl van Johan Brits misluk
Is 8 jaar tronkstraf (waarvan twee opgeskort) werklik 'n geskikte vonnis vir die verkoop van 'n mengsel van Ale en wyn? Die kern van die saak was die verkoop van die drank in mengsel vorm en skoon, onder 'n verkeerde etiket. Dit is nie baie ver van die vonnis wat Oscar moes uitdien vir moord nie. Die man is nie 'n gevaar vir die samelewing nie, was vir jare 'n aanwins vir die firma wat hy bestuur het , het goeie kwalifikasies ens. Die regsaksies wat detyds geloods is saam met sy vervolging het 'n bate vir die samelewing vernietig en op die ou end is die hoofgevolg dat die samelewing daaronder ly. Hy moet eintlik net verplig word om elke Sondag die kerk by te woon.