|
Post by cjm on Apr 14, 2014 17:16:16 GMT
debat.maroelamedia.co.za/2014/04/11/afrikaner-voorspoed-berus-op-internasionale-regte/Afrikaner-voorspoed berus op internasionale regteDeur Alana Bailey op 11 April 2014 Verlede jaar het AfriForum voorleggings aan die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland, gemaak om die internasionale gemeenskap oor minderheidsregbrandpunte in Suid-Afrika in te lig.In 2008 het die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede ʼn eerste konferensie aangebied om aan regerings en burgerlike organisasies die geleentheid te bied om die bevordering van minderheidsregte te bespreek. Sedert 2010 neem AfriForum jaarliks aan hierdie Forum se konferensies deel om plaaslike brandpunte in die internasionale kollig te plaas en só druk op die ANC-regering te plaas om aandag daaraan te gee. By die 2013-konferensie het ek en Ernst Roets onderskeidelik verslae oor die ANC se misbruik van godsdiens vir politieke doeleindes en plaasaanvalle ingedien, asook die AfriForum-petisie waarin tienduisende lede van die publiek vra dat plaasmoorde in Suid-Afrika tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar word. ...
|
|
|
Post by exdutchman on Apr 14, 2014 19:47:47 GMT
Ek gat nou nie juis my se asemp kom staat ophou lat hier iets van ga komie. Ja die VN gat maskien kennis neem, ma het hille eenigsiins gesag?
|
|