Post by cjm on Dec 1, 2018 17:41:05 GMT
Kollig op onteiening van grond
Deur Schalk le Roux
DIE ANC-regering sê nêrens in amptelike
dokumente hulle wil produktiewe grond sonder
vergoeding onteien nie, het prof Elmien du
Plessis, medeprofessor in regte aan die Nood-
wes-Universiteit, verlede Donderdag by die al-
gemene jaarvergadering van Klein Karoo Eiendoms
Beperk op Oudtshoorn gesê.
Die president, Cyril Ramaphosa, en ander
ANC-leiers het ook al verskeie kere gesê die staat
sal nie grond sonder vergoeding onteien as dit die
ekonomie, veiligheid en voedselsekerheid in die
land bedreig nie, het sy bygevoeg.
Du Plessis hetgepraat oor navorsing wat sy doen
oor die jongste wendings ten opsigte van grond-
hervermmg en grondonteiening.
Sy het gesê volgens die voorgestelde onteie-
ningswetsontwerp word gekyk na grond wat
vakant is, wat gehou word vir spekulasie, grond
wat `n baie hoë skuldlas op het, stedelike grond
waar daar reeds informele nedersettings is,
ongebruikte grond en geboue wat nie meer
onder beheer van die eienaars is nie (abandoned
buildings).
Om te weet waarheen Suid-Afrika met grond-
hervorming en onteiening op pad is, moet 'n mens
volgens Du Plessis eers weet “waar is ons”.
Hoewel die staat en Agri SA albei grondoudits
gedoen het (waarvan die bevindinge van mekaar
verskil), is dit nodig dat die staat `n behoorlike,
wetenskaplike grondoudit doen op grond waarvan
daar sinvol oor die toekoms besin kan word.
Sy sê ver-linkses en ver-regses buit mense se
vrese en frustrasies rakende grondhervorming uit
terwyl daar 'n middelgroep is wat die land sal wil
vorentoe neem op 'n manier wat sin maak vir alle
burgers.
Daar word na allerhande maniere gekyk hoe
ing kan plaasvind. Onteiening son-
der vergoeding is een van die meganismes om
grond te herverdeel, maar vorm slegs 'n beperkte
deel van 'n prentjie, het sy gesê.
Volgens Bu Plessis sal sy graag `n uitkoms wil
erseker waar daar nie bloot 'n wenner en 'n
verloorder is nie, en verwys na 'n uitspraak van
JF Kennedy: Those who make peaceful revolution
impossible, will make violent revolution inevitable.
“Wat is die grense van kompromie wat sal ver-
seker dat ons nie eindig in `n elkeen vir hom/haar-
self-scenario nie. Dit vereis dat ons almal oop sal
moet wees vir die gesprek, hoe moeilik dit ook al
mag wees.
“Die altematief is dat ons nalaat om die geleent-
heid van `n vreedsame revolusie wat in die 1990's
begin is en waarvoor Suid-Afrika so bekend is, te
voltooi en ons dan opeindig in `n geweldadige re-
volusie waar ons almal verloor.”
Volgens Du Plessis kan Suid-Afrika nie net
formele geregtigheid hê wat berus by die wetlike
en politieke ooreenkomste wat bereik word nie.
“Ons benodig ook 'n aanvullende en opvoed-
kundige en sosiaal-sielkundige proses, `n proses
waar ons deur die haat, die wens vir wraak, die
wantroue en die pyn werk.
“Die reg het grense. Studies toon in die
afwesigheid van `n bottom up process waarby
ons gewone burgers 'n bydrae lewer om die top
down process - wat die politici op ons afdwing -
te komplementeer, sal die ooreenkoms nie oor-
leef nie, en geweld waarskynlik uitbreek.”
Sy het ook verwys na onlangse kommentaar wat
die ooreenkomste tussen mense wat met die
regering onderhandel vergelyk met dit wat tussen
Piet Retief en Dingaan gebeur het. “Dit toon dat
Ons onsself al jare lank aan hierdie verhaal van
konflik en wantroue verbind.
“Ek is een van diegene wat graag `n land vir
my kinders wil nalaat wat vry is van hierdie las
van ons geskiedenis. Om dit te bereik, gaan
openhartige gesprekke, toewyding, baie harde
werk en kompromieë verg.
“Ek hoop dat ek vir julle inligting gegee het
waarmee julle julself kan bemagtig om by te dra
tot `n sinvolle uiteinde.”
Ter afsluiting het Du Plessis verwys na `n op-
merking van Jan Smuts: “In Suid-Afrika gebeur
daar selde die beste ding, maar die slegste ding
gebeur ook nooit nie.”
Die Hoorn, bl 5, 29 November 2018