|
Post by cjm on Mar 10, 2019 7:49:53 GMT
|
|
|
Post by cjm on Mar 29, 2019 6:53:22 GMT
Meer los gedagtes oor die Bybelse meriete van die aangeleentheid. As die Bybel dan verkeerd is of verkeerd geïntepreteer word, is my vraag wat bly dan van die Bybel oor? Vir eeue is die uitleg oor gays aanvaar en ondersteun deur die kerk. Nou ewe skielik is dit 'n dwaalleer of wat die skrifgeleerdes en huigelaars dit ook al noem.
As die Bybel dan verkeerd is, gooi die bleddie ding weg en moenie met snert stories kom oor hoe dit die Here se Ewige en Heilige Woord is nie. Die ironie hiervan is dat die Kerk dan gereduseer word na 'n gewone instelling soos 'n politieke party of 'n debatsvereniging - na 'n instelling wat juis nie aantreklik sal wees om oor te litigeer nie of in te trou nie. In die poging om dit oop te gooi vir alles en nog wat, word dit totaal afgebreek.
Wat hier gebeur is dat gays die status (en infrastruktuur en geld) van die kerk wil gebruik om hul dwalinge toe te smeer. Stig julle eie kerk en neuk aan, ek het vrede daarmee, maar moenie bestaande instellings misbruik om stigmas (of is dit sondes?) te probeer normaliseer nie. Ek soek vrede vir my siel en verpes die opdring van die walglikhede in die naam van godsdiens. Ek kots elke slag as soortgelyke geslagte mekaar liefkoos en soen. Hoekom moet ek dit duld? As die kerk hiermee verlief wil neem, dan sien ek nie die nut verder van kerklike instellings nie, want dan is daar eintlik niks nie. Miskien is dit die werklikheid, maar dan is die illusie ook finaal vernietig.
|
|