|
Post by cjm on Oct 6, 2019 17:55:22 GMT
Daar is asemrowende skaalmodelle en virtuele videogrepe van die stad, maar baie toon nie die name van die geboue aan nie. Dit is 'n klagte wat 'n mens selfs in die kommentaar op die Youtube videos opval. In die paar skakels wat ek uitgesoek het, is daar twee wat aan hierdie gebrek mank gaan, maar ek het 'n paar gevind wat wel van byskrifte voorsien is. Ek sluit die twee sonder byskrifte in omdat hulle in ander opsigte voortreflik is.
Wat 'n mens vergeet as jy na die reünes kyk wat oorgebly het, is dat die openbare geboue bedek was met marmer (die gate in die mure is waar die marmer vasgeheg was) en ook die blink beelde en versierings wat nie meer daar is nie. Die eerste greep hieronder (een van die wat nie byskrifte het nie) toon veral die glans.
Die laaste twee skakels bied kaarte van die Forum en Italië
Hierdie een het ook nie byskrifte nie, maar beeld veral die ou geboue gesien teen die moderne bouvalle treffend uit.
Hierdie interaktiewe kaart (baie volledig) gee 'n goeie blik, nie net op Italië nie, maar ook op Rome. As 'n baken gebruik ek altyd die Colosseum in Rome as 'n beginpunt.
Hierdie is 'n detailkaart (onder andere) van die Romeinse Forum.
|
|
|
Post by cjm on Nov 19, 2019 19:06:36 GMT
|
|