Post by amatambo on Dec 11, 2014 9:54:23 GMT
Saam met komiteelede (ek is nie een nie - ek help hulle maar net uit) hoop ek dat hierdie brief hier, sowel as in hoofsroom media sowel gemeenskapskoerante die land vol gelees sal word om mense in te lig oor hoe Transnet ons oues van dae stelselmatig oor 'n tydperk van jare van ons pensioenfondse beroof het - en steeds doen.
SKRYWE AAN DIE REDAKTEUR
Die toestand in die Transnetpensioenfondse en die veragtelike gedrag van Transnet asook die Voorsitter en Hoofbeampte van die fondse moet dringend uitgelig word. Desperate Transnet Pensioenarisse het 'n groepsgeding teen Transnet en die pensioenfondse aanhangig gemaak on die foute van die verlede reg te stel. Dit moet egter pertinent uitgewys word dat beide die Transnet vastevoordeelfondse onder hul eie Wet van die Parlement (Wet 62 van 1990) resorteer. Dit beteken dat die pensioenarisse geen toevlug tot die Raad op Finansiële Dienste of die Wet op Pensioenfondse se Ombudsman het nie wat beteken dat Transnet die fondse TOTAAL beheer en dat die trustees bloot pionne is. Die Voorsitter en die Hoofbeampte is beide Transnet werknemers en die Voorsitter het die beherende stem wat beteken dat Transnet altyd wen en die pensioenarisse aan die kortste end trek. Dit maak 'n bespotting van die beginsel om die publiek te beskerm deur die privaatsektor onder die RFD en PFW terwyl die regering (en Transnet) hulself buite hierdie reëls gehou het en daardeur weerhou Transnet die pensioenarisse van die beskerming wat deur die RFD en PFW gebied word. Die vraag is hoekom daar twee stelle reëls vir die bestuur van pensioenfondse is, wat ongrondwetlik is. Sedert die ou SAS en H pensioenfondse saamgesmelt het in 1990 met die tot standkoming van Transnet as 'n Staatsbesit Maatskappy is 'n groot gedeelte (plus rente) van die aanvanklike R17,1 Miljard wat aan die pensioenfonds geskuld is deur Transnet nooit betaal nie. Om Transnet se aanspreeklikheid tot die pensioenfonds te verminder is sommige twyfelagtige besluite en aksies die afgelope dekades deur Transnet geneem, meesal het dit veroorsaak dat die pensioenarisse se voordele / pensioene algaande verswak het.
Sedert 2003 is die jaarlikse pensioenverhoging teen 2% per jaar vasgepen terwyl inflasie gemiddeld 5,96% per jaar was. Wat dit beteken is dat saamgestelde rente (eenkeer tevore deur Einstein verwys as „die grootste krag ter wêreld") terugwaarts gewerk het vir die pensioenarisse en sowat 50% van hul koopkrag verloor het en wat selfs baie hoër is vir die ouer pensioenarisse. Wat ook nie geredelik erken word nie is dat ongeveer 40% van die Transnet pensioenarisse, sommige met meer as 40 jaar diens tot hul krediet, minder ontvang as die R1280 Staatspensioen. Om hierdie in perspektief te stel : al die ander Staatsbesitte Maatskappye se pensioenarisse het 'n minimum van 75% van inflasie as verhoging ontvang terwyl die Staatsdiens pensioenarisse soms tot 100% van inflasie ontvang het.
Die onderduimse bemarkingsfoefie wat tans gebruik word deur Transnet is om te sê dat hulle bonusse sedert 2007 betaal wat vergoed vir die gaping tussen die VPI en die verhoging van 2%. Dit is 'n duiwelse leuen omdat die bonusse betaal word uit die poel van die pensioenarisse se eie geld, te danke aan die groei van die fondse as gevolg van die klein verhogings van 2% en NIE uit Transnet se fondse nie. Die bonusse word ook van 'n baie lae basis betaal wat ongeveer 50% laer is van waar dit behoort te wees. Die waarde van die bonusse sal ook met tyd verminder (in lyn met inflasie) omdat dit gebasseer word op 'n basis pensioen wat slegs met 2% per jaar styg. Die bonusse word ook nie gewaarborg nie en is nie vasgepen nie en kan te enige tyd gestaak word, terwyl 'n maandelikse pensioenverhoging, eenmaal toegeken, vermeerder en kan nie weer weggeneem word nie.
Die Transnet Pensioenaris-aksiegroep het vir drie jaar probeer om met die pensioenfondse, Transnet en die Minister van Openbare Ondernemings aktief in gesprek te tree sonder ENIGE betekenisvolle reaksie van enige van die partye. Die gevolgtrekking was dat die enigste pad vorentoe is om te begin met 'n groepsgeding in die Hooggeregshof. Transnet het reeds twee verhore verloor en het nou geappelleer na die Hoogsgereghof. Geregtigheid vertraag is geregtigheid ontneem en dit in stryd is met die gees van die land se grondwet. Gemiddeld 300 pensioenarisse sterf per maand in armoede en gebrek, as gevolg van van Transnet se onversetlikheid en die uitkoms van die hofstryd wat voortdurend deur Transnet vertraag word.
Op 'n onlangse pensioenarisvergadering te Bloemfontein wat deur meer as 300 pensioenarisse bygewoon is, was 'n petisie opgestel om die kern van dit wat die pensioenarisse se afkeuring toon in die Voorsitter van die Pensioenfonds se optrede om met behulp van sy beslissende stem die pensioenfonds te ondersteun in hul teenstand teen die groepsgeding. Hulle wou verder weet hoekom, as Transnet sê hulle het geen saak om te beantwoord nie, doen hulle alles in hul vermoë om buite die hof te bly en het ook geëis dat die huidige appèl deur Transnet teruggetrek word. Nodeloos om te sê die petisie en die eise is weer met Transnet se meerderheid verwerp.
Die petisie wat oorhandig is namens die Bloemfontein pensioenarisse, deur 'n pensioenaris wat verkies is as trustee, is met vyandigheid ontvang toe dit gestel is dat die voorsitter, as 'n Transnet Direkteur, bevooroordeeld en ondemokratiese is. Die petisie het verder versoek dat beide die Voorsitter en Hoofbeampte bedank omdat die pensioenarisse tot die gevolgtrekking gekom het dat hulle eers na Transnet se wins kyk en NIE na die welstand van die pensioenarisse nie. Dit voorsitter, wat gewoond is om sy eie sin te kry, het die trustee, wat die wil van die pensioenarisse verwoord het, gedreig met sensuur en sy optrede na Transnet se regspan te verwys. Dit is 'n verdere bewys dat die pensioenfondse slegs geïnteresseerd is in Transnet se agenda en nie dié van die pensioenarisse nie. Wat 'n absolute skande.