|
Post by cjm on Jun 28, 2020 9:29:25 GMT
Ek weet nie wat dit vandag kos nie, maar daar was 'n tyd wat dit van die goedkoopste vleis was wat 'n mens kon kry - bekend as lieslappe. Ek vermoed dat dit deesdae in wors en maalvleis ingewerk word. Natuurlik ook te vind as beeslieste en varklieste.
|
|
|
Post by Trog on Jul 9, 2020 14:29:01 GMT
Hierdie soort van goed? Ek ken dit nie eintlik nie. Vir skaap, dink ek daar is sommige slagters hier wat dit in repe sny, oprol en 'n stokkie dwarsweg deursteek, soos 'n sosatie, wat mens kan braai. Iets soos hierdie met 'n stokkie deur: Ek is nie te mal daarop nie - ek vind dit 'n bietjie vetterig en taai. Ek sou raai die beste vir hierdie soort vleis is baie stadig teen 'n lae temperatuur. (Soort van 120°C vir so 3.5 ure?) Dan is dit gewoonlik ook die beste soort vleis. Miskien so iets? Grilled marinated lamb skirtLAMB SKIRT ROULADE
|
|
|
Post by cjm on Jul 11, 2020 8:42:07 GMT
Hierdie soort van goed? Ek ken dit nie eintlik nie. ... Ken dit self nie eintlik as kos nie maar het gedurende my kinderjare in 'n slaghuis gewerk!
Het 'n vermoede dat dit taai kan wees as dit nie reg gaargemaak is nie.
|
|