|
Post by cjm on Jul 25, 2020 18:53:29 GMT
|
|
|
Post by Trog on Jul 26, 2020 7:16:14 GMT
Ek dink ou Dan het so 'n bietjie die kluts kwytgeraak. Ek het in presies dieselfde wêreld grootgeword as hy, en my ervaring is baie anders.
Wat hy beskryf is maar net die algemene groep-superioriteit wat ALMAL ervaar, nie net die Engelse nie. As hy dink die Engelse het dit erg, dan weet hy maar min van die Italianers. En die Duitsers. En die Hollanders. En die Portugese. En ja, veral ook die Franse, waarvan hy homself uitgee as 'n kenner. En natuurlik ook die Afrikaners.
Daar is so een of twee klein kliekerige groep ryk Engelssprekende groepe in Suid Afrika, maar daar is ook 'n paar sulke groepe Afrikaanssprekendes. In my ervaring is die Afrikaanssprekendes eintlik 'n bietjie erger.
Wat Dan nie noem nie, is dat daardie karaktereienskappe van die Englesprekende groepe wat hom blykbaar grimmig maak hoofsaaklik bepaal word deur 'n sterk Joodse assosiasie met Jode wat hoofsaaklik vlugtelinge was uit Baltiese lande - Estonia, Lithuania, Latvia en so voorts. (Hulle moes natuurlik vlug, want daardie lande wou hulle nie daar gehad het nie. Ons kon ook sonder hulle klaargekom het).
Soos ek gesê het, my ervaring is dat daar deesdae eintlik bitter min te onderskei is tussen Afrikaans en Engelssprekende blanke Suid Afrikaners, dat beide eerder gesamentlik identifiseer as blanke Suid Afrkaaners wat in presies dieselfde politieke verknorsing sit.
So ek dink nie dis 'n goeie idee van mense soos Dan om Engelssprekende Suid-Afrikaners saam te gooi in een homogene groep met bepaalde eienskappe en dan as 'n groep te verwerp en te antagoniseer nie. Ons moet eerder samewerking aanmoedig en bewerkstellig. Ons verteenwoordig basies dieselfde Europese kultuur met bitter min onderlinge verskille tussen ons. As ons dit op enige manier in Suid Afrika gaan laat voortbestaan gaan ons dit beslis nie regkry as verdeelde klein groepies wat mekaar onderling nie kan verdra nie.
|
|
|
Post by cjm on Jul 26, 2020 7:52:15 GMT
Ek dink ou Dan het so 'n bietjie die kluts kwytgeraak. Ek het in presies dieselfde wêreld grootgeword as hy, en my ervaring is baie anders. Wat hy beskryf is maar net die algemene groep-superioriteit wat ALMAL ervaar, nie net die Engelse nie. As hy dink die Engelse het dit erg, dan weet hy maar min van die Italianers. En die Duitsers. En die Hollanders. En die Portugese. En ja, veral ook die Franse, waarvan hy homself uitgee as 'n kenner. En natuurlik ook die Afrikaners. Daar is so een of twee klein kliekerige groep ryk Engelssprekende groepe in Suid Afrika, maar daar is ook 'n paar sulke groepe Afrikaanssprekendes. In my ervaring is die Afrikaanssprekendes eintlik 'n bietjie erger. Wat Dan nie noem nie, is dat daardie karaktereienskappe van die Englesprekende groepe wat hom blykbaar grimmig maak hoofsaaklik bepaal word deur 'n sterk Joodse assosiasie met Jode wat hoofsaaklik vlugtelinge was uit Baltiese lande - Estonia, Lithuania, Latvia en so voorts. (Hulle moes natuurlik vlug, want daardie lande wou hulle nie daar gehad het nie. Ons kon ook sonder hulle klaargekom het). Soos ek gesê het, my ervaring is dat daar deesdae eintlik bitter min te onderskei is tussen Afrikaans en Engelssprekende blanke Suid Afrikaners, dat beide eerder gesamentlik identifiseer as blanke Suid Afrkaaners wat in presies dieselfde politieke verknorsing sit. So ek dink nie dis 'n goeie idee van mense soos Dan om Engelssprekende Suid-Afrikaners saam te gooi in een homogene groep met bepaalde eienskappe en dan as 'n groep te verwerp en te antagoniseer nie. Ons moet eerder samewerking aanmoedig en bewerkstellig. Ons verteenwoordig basies dieselfde Europese kultuur met bitter min onderlinge verskille tussen ons. As ons dit op enige manier in Suid Afrika gaan laat voortbestaan gaan ons dit beslis nie regkry as verdeelde klein groepies wat mekaar onderling nie kan verdra nie. Interessant genoeg word Amerikaners nie deur Dan onder die gewraakte Engelse getel nie. Dan, het hier spesifiek met Britse Engelse te doen. Die dominate figure in die Grondwetskrywery was natuurlik almal Engelssprekend (Swart, Joods ens). Die grondwet op die ou end is sterk Amerikaans en Kanadees - die ongeskrewe Engelse grondwet verskil hemelsbreed. Wat hul taal of nasionaliteit of ras of geslag ook al was, die klomp grondwetters was 'n klomp idiote - en De Klerk die grootste vir die naiewe geloof dat die ANC daarby sou hou of berus. Miskien was daar nie iets anders te doen nie (mens kan nie teen getalle wen nie), maar dan moes hy die moed van sy oortuiging gehad het om dit te sê - eerder as om 'n bedrieglike referendum te hou. Miskien het dit verander, maar daar was 'n tyd wat die Afrikaners deur mense buite ons grense redelik wyd as agterlik voorgehou is. Nou nog word daar naarstiglik na buitelanders gesoek as Swartes nie geredelik beskikbaar is vir hoë poste nie - ok miskien omdat Afrikaners nou gestigmatiseer word as rasiste. Dit het my altyd verstom hoeveel buitelanders op direksies van groot maatskappy dien - seker vir die spesiale insigte wat hulle bied, maar nogtans. Selfs Paul Kruger het Nederlanders ingevoer. Vir 'n onlangse bespreking oor Britse kolonialisme en Afrikaners sien Leon Lemmer: J A Froude oor Britse kolonialisme. Froude word inderdaad aangeval oor sommige van sy sienings: Ek het ook eerstehandse ondervinding van die 1990's uitlatings van 'n myningenieur van JCI (wat deur Kebble en kie verwoes het), waar verwys is na die Engelse in die mynbedryf as die "Officers" en die Afrikaners as die "NCO's"! Goed genoeg om die Swart mynwerkers hok te slaan, maar nie in staat tot iets beters nie.
|
|