Gedigteboom se hart is om ou gedigte uit te haal, af te stof, en weer te lees en geniet. Die droom is dat Suid-Afrikaners weer Bitterbessie Dagbreek en Winternag uithaal en lees.
Gedigteboom sal ook graag nuwe stemme by die lys wil voeg, en is opgewonde oor die moontlikheid van wie almal bereid sal wees om van hul gedigte as openbare besit beskikbaar te stel.