Mediamense.com word as nie-winsmakende onderneming in openbare belang bedryf. Ons dra nie advertensies nie en vra geen geld van gebruikers nie. Die stigter en kurator is Johannes Froneman, wat deur die jare die steun van kollegas, studente en vriende ontvang het. Die voorblaaie kom hoofsaaklik uit die kurator se eie versameling, hier en daar aangevul deur items op sosiale media of die internet.
Johannes is ‘n emeritus-professor van die Noordwes-Universiteit waar hy vir 25 jaar lank joernalistiek gedoseer het. Voor dit was hy aan verskeie publikasies verbonde. Tans is hy ‘n buitengewone professor aan die NWU. Hy is die skrywer van ‘n vyftigtal akademiese artikels, verskeie hoofstukke in boeke en is ‘n gereelde radiokommentator oor mediasake.
Hy word bygestaan deur James Kemp, hoofredakteur van Klankkoerant, die aktualiteitsprogram wat op Pretoria FM en verskeie ander gemeenskapsradiostasies uitgesaai word. Die bou van die webblad is met die onontbeerlike hulp van Koos Gagiano gedoen (koos@koosgagiano.co.za). Izak Malherbe het gehelp met die proeflees.
Rig asb. alle korrespondensie aan joh.froneman@gmail.com