|
Post by cjm on Jun 21, 2021 17:08:31 GMT
|
|
|
Post by Trog on Jun 22, 2021 6:01:15 GMT
Om regverdig te wees, Hamilton se bande was op daardie stadium so afgeleef dat hy nie in 'n posisie was om iets daaromtrent te doen nie. Ek het begin dink dis onmoontlik om Hamilton te klop. Mercedes, eintlik, eerder as Hamilton. Mercedes was die afgelope 7 jaar so dominant dat jy amper enigeen van die gevestigde GP bestuurders in die kar kon sit met presies dieselfde resultate. Dink net, as Vettel in 2014 na Mercedes gegaan het (hy kon, as hy wou), i.p.v. Ferrari, was hy nou al 11 keer wêreldkampioen. Daarenteen het hy beluit om 'n Schumacher te probeer en te kyk of hy Ferrari kan ophelp uit hulle middelmatigheid. (Ongelukkig het jy vir so iets ook mense nodig soos Jean Todt, Ross Brawn en Rory Byrne - Ferrari kán presteer op voorwaarde dat daar geen Italianers by betrokke is nie).
|
|
|
Post by cjm on Jun 22, 2021 7:17:53 GMT
Ferrari kán presteer op voorwaarde dat daar geen Italianers by betrokke is nie).
|
|