Post by cjm on Oct 2, 2015 16:24:20 GMT
Dit kan waar wees...
Dinge nie van vlees en bloed
MIN VOLKSVERHALE BIED LEKKERDER LEES- EN GESELSSTOF AS
spookstories. In die wêreld van die Swartberge weet baie
mense van spoke, en al het hulle dalk self nie 'n spook
gesien nie, is daar iemand in byna elke familie- of vrien-
dekring wat wel so 'n “ontmoeting” gehad het.
Enigiets wat nie verklaar kon word nie, word “spook-
stories” genoem of dit nou te doen het met bonatuurlike
menslike verskynsels, diere, voertuie of vreemde magte.
Een ding het alle spoke gemeen: hulle soek nie uit wie
hulle wil skrikmaak of aan wie hulle verskyn nie. Arbei-
ders, prokureurs, boere en handelsreisigers het al in die
Klein Karoo spoke gesien. So ook die sakeman en boer
Charles du Plessis, wat eendag by Oude Muragie saam
met sy vrou op hul perdekar gery het toe hulle trekdiere
by 'n vlak driffie voor hul verstomde oë uitgespan is son-
der dat iemand sigbaar was.
Die nugterste mens wat so ’n ervaring gehad het, sal
sê: “Ek het nooit aan spoke of bonatuurlike verskynsels
geglo nie, totdat ek . . ". En dan begin ’n spookstorie.
Baie jongmense wat na so 'n storie luister, trek die
skouers op en sê: “Dis outydse bog,” of: “Dis net jafels
wat sulke dinge oorkom.” Diesulkes hoef net te onthou
dat geen Britse kasteel werklik status het as daar nie ’n
familiespook of twee ronddwaal nie. Hierdie spoke in ou
kastele was nog altyd ’n groot aantrekkingskrag vir toe-
riste. En watter gruverhale is daar nie oor die oorsprong
van hierdie spoke nie!
Suid-Afrika en veral die Suid-Kaap het baie spoke wat
95
hul aktiwiteite van bangmaak en goël en goël en bang-
maak in die allerbeste spooktradisie voortsit.
Hoeveel van u het oumas en oupas wat spookstories
geken het? As hulle nie self deur 'n spook geklap is dat
die brandmerke aan hul gesigte sit nie, het hulle iemand
geken wat ’n gees gegroet het met 'n sakdoek om die
hand sodat die hand nie brand nie.
Die spook wat landwyd seker die meeste opslae ge-
maak het en vandag nog soms in Paastyd deur mense
voorgelê word, is die Potjiesbergspook naby Uniondale.
Hoewel plaaslike inwoners vantevore bewus was dat
“iets by Potjiesberg nie heeltemal pluis is nie,” was dit
Tonie la Grange van Oudtshoorn wat die spookmeisie op
die voorblaaie van koerante geplaas het.
Tonie was agt en dertig jaar oud, 'n oud-soldaat en be-
kend as 'n onverskrokke mens. Hy het 'n tenklorrie be-
stuur wat wyn van die Uniewynkelders af na nabygeleë
dorpe vervoer het.
Daardie Paasnaweek van 1976 is een wat hy tot sy ster-
wensdag nooit sal vergeet nie. Hy is vertraag op Graaff-
Reinet en het laatnag die terugtog aangepak.
Dit was 'n gure nag. Die wind het snerpend deur die
klowe van die Kougaberge gewaai en die reën het in
strome neergegiet toe hy, nie ver van Potjiesberg af nie,
in die sterk ligte van sy voertuig 'n jongmeisie langs die
pad sien staan. Al het sy werkregulasies bepaal dat hy
geen passasiers mag vervoer nie, kon hy dit nie oor sy
hart kry om in sulke weer by die weerlose jongmens
verby te ry nie. Hy het stilgehou en opgelet dat sy ’n mooi
donkerkop was, geklee in ’n donker bloese en langbroek
en ligte kortmoujassie.
Eers heelwat later het hy onthou dat sy, ten spyte van
die reën, glad nie nat of klam was toe sy inklim nie.
“Waarheen is die reis?” wou Tonie weet.
Sy het stilweg voor haar uitgestaar en gesê: “Porter-
straat 2.”
Tonie dog dit is op Uniondale. Hulle ry voort sonder om
te gesels terwyl hy die ratte verander. Toe hy op dreef is
96
en weer na haar kant toe kyk, gaan staan sy hart amper.
Daar was niemand nie. Die plek langs hom was dolleeg!
Sy eerste gedagte was dat die meisiekind uitgeval en
verongeluk het. Dan was hy halflyf in die moeilikheid. Hy
het mos die reël verbreek dat niemand opgelaai mag
word nie. Hy wou hê ’n polisieman moes saamgaan om
vas te stel wat gebeur het.
Tonie is na die naaste polisiekantoor, die een op
Uniondale: Konstabel C.M. Potgieter, vanweë sy ligtekop
bekend as Snow, was op diens. Snow het die hele relaas
aangehoor. Hy het gewonder of die man by sy volle posi-
tiewe was, of miskien dronk. Hy het agter die toonbank
uitgekom en die kêrel deeglik beruik en homself verge-
wis dat Tonie la Grange so nugter was soos hy.
En toe val dit Snow by van die stories wat hy so nou en
dan by inwoners hoor oor bonatuurlike dinge in daardie
omgewing. Hy het teruggedink aan die storie wat hy en-
kele weke tevore gehoor het van ’n man wat aan die na-
sionale pad werk. Hy het op die pad gery toe hy 'n
verpleegster sien stap. Hy het stilgehou en haar opge-
laai. Toe hy weer kyk, was sy skoonveld.
Snow het egter die besonderhede van Tonie se verhaal
neergeskryf en hom aangeraai om terug te gaan
Oudtshoorn toe. As daar verwikkelinge kom, sou hulle
weet waar om hom te kry.
Tonie was egter steeds baie onrustig oor die hele voor-
val. Hy het besluit om terug te ry en te kyk of die meisie
tog dalk êrens beseer lê in daardie wrede onweers-
nag.
Skaars was hy by hul ontmoetingsplek sowat agt kilo-
meter buite Uniondale of daar klink langs hom in die
voertuig 'n gelag soos van 'n histeriese vrou. Daar was
niemand by hom in die motor nie. Dit was so verskriklik
dat Tonie se bloed in sy are wou stol. ’n Koue, naar gevoel
het hom oormeester.
Hy het net daar omgedraai terug polisiekantoor toe en
vir Snow Potgieter ook van hierdie ervaring gaan vertel.
Op Tonie se aandrang is Snow saam met hom na die
97
spookplek. Snow het verkies om in die patrolliemotor
agter Tonie aan te ry.
By Potjiesberg het die voorste voertuig se deur skielik
oopgegaan. Die deur is vooraf gesluit, dáárvoor het al-
twee manne gesorg. En teen tagtig kilometer per uur in
'n sterk wind kon geen voertuig se deur vanself stadig
oop-en toegaan nie.
Agter Tonie het Snow dit ook gesien en in sy verslag
vermeld: “Die deur het stadig oop- en weer toegegaan
asof iemand daar in- of uitklim.” Altwee mans het dade-
lik stilgehou. Die sluitpen van die deur was uit en die
deur net op die eerste knippie.
Die jong polisieman het ook geskrik. Altwee is terug po-
lisiekantoor toe waar hulle die deur weer ondersoek het.
Tonie is genooi om by die polisiekantoor te oornag,
maar hy het verkies om huis toe te ry.
Die verslae oor hierdie eienaardige voorval het op die
lessenaar van die destydse distrikspeuroffisier Dries van
den Heever beland. Hy het die jong konstabel self on-
dervra en daarna getuig dat Snow Potgieter 'n knap poli-
sieman is wat net die waarheid sal vertel soos hy dit er-
vaar en waargeneem het.
Terug by sy huis was Tonie baie sku oor sy ervaring. Hy
wou dit nie eens vir sy vrou vertel nie, want hy wis sy sou
hom spot.
Eers toe die hele saak in die pers op die lappe kom, het
sy vrou daarvan te hore gekom en sy siel nie min uitge-
trek nie.
“Dit sal jou leer om mooi meisies snags langs die pad
op te laai,” moes hy hoor.
Die storie het die plaaslike, die nasionale en interna-
sionale pers se verbeelding gaande gemaak. Enkele dae
na die voorval het 'n joernalis vasgestel dat daar ses jaar
vroeër, op 12 April 1968 digby Potjiesberg buite Union-
dale, ’n ongeluk was. Dit was Paasnaweek en 'n jongmei-
sie is op slag dood en haar verloofde beseer. Dit was op 'n
gure nag en die wind het in die Kougaberge getier. Die
meisie was twee en twintig jaar oud en sy en haar ver-
98
loofde was op pad na haar ouers om reëlings te tref vir
hul troue. Sy het agter in die motor gelê en slaap. Haar
naam was Maria Roux en haar verloofde was Michiel
Pretorius, 'n korporaal in die Weermag.
Haar ouers het op Riversdale gewoon, Porterstraat 2.
Tonie la Grange, wat die spookmeisie opgelaai het, het
hoegenaamd niks van hierdie dinge geweet nie.
'n Dokter op Uniondale wat om professionele redes nie
sy naam bekend wou maak nie, het aan koerante vertel
dat hy in 1968 die lykskouing gedoen het op Maria Roux
wat by Potjiesberg verongeluk het. Toe hy Tonie se ver-
haal in die koerante gelees het, het dit hom dadelik op-
geval, dat die klere wat Maria Roux die aand van haar
dood aangehad het, ooreenkom met dié wat Tonie se
spookmeisie gedra het: 'n donker bloese, swart lang-
broek en 'n kort, wit jassie. Haar hare was ook soos Tonie
beskryf het: donkerbruin.
’n Joernalis van ’n Engelstalige Sondagkoerant het die
meisie se verloofde opgespoor. Hy was toe reeds 'n luite-
nant in die Weermag en nege en twintig jaar oud. Luite-
nant Pretorius het pas van grensdiens teruggekeer toe
hy die spookmeisie se verhaal in Bloemfonteinse koe-
rante lees.
“Ek het die verhaal met aandag gelees en ek was erg
geruk deur meneer La Grange se beskrywing van die
meisie. Dit het presies ooreengekom met dié van Ria
Roux, die meisie aan wie ek verloof was,” het hy erken.
Tonie se beskrywing van die padgedeelte waar hy die
meisie gekry het, stem ook ooreen met die ongeluks-
plek.
Giel het later getrou met 'n vriendin van Ria, en toe die
onderhoud gevoer is, het hulle drie jong kindertjies ge-
had.
En toe, twee jaar later, nadat mense die volgende
Paasnaweek verniet wag gestaan het om die meisie te
sien, het dit onverwags weer gebeur.
Korporaal Dawie van Jaarsveld van die Infanterie-
skool op Oudtshoorn was die aand van 31 Maart 1978 met
99
sy motorfiets op pad om by sy meisie in die Langkloof te
gaan kuier toe hy ongeveer halftien die aand 'n meisie
langs die pad sien staan en duimgooi. Hy het stilgehou
en haar `n geleentheid aangebied.
Sy het opgeklim. Hy het met haar gereël dat sy vir hom
sou beduie wanneer sy wou afklim. Sy het instemmend
- geknik, die spaarhelm op haar kop vasgemaak en die
oorproppie vir musiek in haar oor gesteek.
Dawie het voortgery. Na 'n rukkie stamp iets teen sy
rug. Toe stamp die motorfiets en die agterwiel gly effens.
Toe hy omkyk om te sien of die meisie gemaklik is, was
daar niemand nie. Op die sitplek was die helm netjies
neergesit met die oorproppies daarby. .
Dawie was bevrees sy het afgeval en hy is op sy spore
terug, maar daar was niemand langs die pad nie.
Dawie het die saak by die polisie op Uniondale gaan
aanmeld voordat hy by die Weermag in die sop beland.
Hy het haar aan die polisie beskryf as “bleek met donker
hare.” Sy was in haar vroeë twintigs, geklee in 'n donker
bloes en langbroek. Hy het bygevoeg: “Sy het met my ge-
praat, maar ek het my helm opgehad en musiek het deur
my oorfone gespeel en die motorfiets het geraas. Al wat
ek kon hoor, was die woord ‘straat’. ”
Nadat hy sy verhaal vertel het, moes hy hoor dat hy
dalk die bekende spookmeisie opgelaai het. Soos in To-
nie se geval het hy sy volle besonderhede gegee, maar
nooit weer iets oor sy verlore passasier gehoor nie, al het
hy haar verloor teen 'n spoed van honderd en twintig
kilometer per uur.
Nog 'n joernalis het begin soek na Porterstraat 2 se be-
woners, maar die Riversdallers was ongeneë om te help.
Die Roux-gesin het getrek. Ria se vader was hoof van die
Hoër Landbouskool Oakdale, maar is intussen oorlede.
Haar moeder het verhuis na ’n ouetehuis op 'n Bolandse
dorp.
Spookbesweerders en andere het vorendag gekom
met allerhande teorieë wat mildelik in die pers gebruik
is.
100
Een Port Elizabethse kenner van die bonatuurlike het
aan 'n dagblad vertel dat die meisie nog baie aardge-
bonde is, omdat sy in haar slaap dood is. “Dit gebeur ge-
woonlik met mense wat gewelddadig en skielik sterf,”
was sy siening. Volgens hom kan sy nie haar dood aan-
vaar nie, omdat sy iets op aarde moet afhandel. Sy was
daarby ook ’n baie verliefde meisie toe sy dood is.
Sy siening is dat net mense met 'n spesiale gawe van
heldersiendheid haar kan sien en dat so 'n gees soms
baie realisties en duidelik verskyn.
En toe, ’n jaar later, gebeur dit weer. Dit was 'n nat en
reënerige nag en die wind het deur die klowe van die
Kougaberge gehuil toe ’n motor vol Swartmense van die
Transkei in die middel van die pad in hul kopligte 'n jong
wit vrou sien wat wil saamry. Die motor was vol en hulle
wou verbyry toe sy reg voor hulle in die pad gaan staan.
Die bestuurder het uitgeswaai en toe rol die motor.
Uniondale se polisie het die ongeluk ondersoek en na
die bestuurder se verhaal geluister. Hulle het gesoek,
maar daar was geen teken van die wit vrou nie.
“Hoe het sy gelyk?” wou hulle weet.
Weer het die beskrywing perfek gepas by die spook-
meisie wat Tonie en Dawie gesien het.
Soveel mense het haar teëgekom dat landdros An-
dries Vermeulen van Uniondale ’n ondersoek geloods
het. Sy slotsom was dat almal wat haar gesien het “eer-
like, betroubare mense is met geen rede om te jok
nie.”
Paasnaweek 1987 het 'n groep Pretorianers besluit om
haar tot ruste te laat kom. ’n Paar parapsigoloë vergesel
van plaaslike mense is na Potjiesberg. 'n Ooggetuie het
later gesê: “Een van die kêrels het met haar kontak ge-
maak en aan haar verduidelik dat sy dood is en haar
gees nou vry is.”
Landdros Vermeulen het aan koerante bevestig dat
die mense daar was, maar het wat gebeur het as “ver-
troulik” bestempel.
Miskien het hulle reggekry om die meisie van Potjies-
101
berg wat toe reeds 41 jaar oud was, maar ewig jonk lyk,
tot ruste te bring.
...
Sue van Waart: Swartberg en sy mense, JP vd Walt (1989)