Post by cjm on Dec 26, 2021 20:07:32 GMT
Richard Steyn: Louis Botha Krygsman Generaal, Staatsman, Jonathan Ball, 2021. Oorspronklik uitgegee in 2018 as Louis Botha – a man apart. Vertaal deur Anna-Marie Mischke.
Louis Botha was nog altyd in my gemoed gehul in vraagtekens. Die geskiedenis wat ek van hom geken het was kripties (soos die geskiedenisboeke ook). Ek kon nie kleinkry hoe hy daarin geslaag het om eerste Eerste Minister van die Unie te word nie. Wat was sy besondere aantrekkingskrag, het ek gewonder? Waarom nie Smuts of enige van die ander groot Boere-oorlog krygers nie?
Ek dink sy kwaliteite is doelbewus onderspeel deur latere kommentators. Dit was duidelik nie die opinie wat sy tydgenote van hom gehad het nie. Wel, aanvanklik nie.
Hierdie boek werp lig op bostaande oorwegings. Dit is swakkerig by die verduideliking van die tydlyn van die Boereoorlog (nie die boek se hooffunksie nie, toegegee) en ook die Rebellie. Meer kaarte sou alles baie makliker gemaak het. Die vertaling is goed in die sin dat ‘n mens dit nie as ‘n vertaling ervaar nie. Dit mag egter wees dat my ongelukkigheid oor die hantering van beide die Boere-oorlog en die Rebellie eintlik slaan op die vertaling. Miskien is die Engelse weergawe beter. Ek het dit nie gelees nie.
Ek reproduseer die Voorwoord tot die boek hieronder aangesien dit ‘n goeie beknopte weergawe bied van die dinge wat my in die boek aan die lees gehou het.
Voorwoord
In 2019 is die dood van Louis Botha `n eeu gelede herdenk. Hy was een van
die Homeriese figure van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Vandag word sy
herinnering en nalatenskap, soos dié van sy hegte kollega Jan Smuts, deur
lede van 'n moderne geslag beswadder, `n geslag wat eerder met ʼn beskuldi-
gende vinger na historiese ongeregtighede wys as om ruimte te maak vir die
tyd en omstandighede waarin Botha geleef en geveg en sy mense gelei het.
Sy lewe was relatief kort, maar soos burggraaf Bolingbroke opgemerk het,
behoort die duur van groot manne se lewens deur die lengte en belang van
hul rol bepaal te word, “nie deur die aantal jare tussen die dag wat hulle in die
wêreld gekom en die een toe hulle dit verlaat het nie”.
Ondergeskoold as jeugdige op `n afgeleë plaas en sonder opleiding in die
gevegskuns, het Botha uitgestyg as die militêre leier van sy mense, `n veg-
tende bevelvoerder van so `'n gehalte dat hy die respek en bewondering van
elke vyand afgedwing het. Hy het dapper weerstand gebied, maar moes uit-
eindelik die onvermydelike nederlaag in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902)
aanvaar voordat hy sy politieke vernuf aangewend het om sy mede-Afrikaners
die daaropvolgende vrede te laat wen terwyl hulle oor die verlies van hul
republieke gerou het. Hy was een van die grondleggers en die eerste premier
van die Unie. Saam met Jan Smurs het hy die lotsbepalende besluit geneem
om sy jong land se lotgevalle aan dié van die Britse Ryk te koppel, nie uit
dienstigheid soos sy kritici beweer het nie, maar weens die noodsaak van ver-
soening tussen Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners, as versekering
teen vyandelike invalle en as 'n waarborg vir die ekonomiese opheffing wat
'n verbintenis met die Britse Ryk kon bied. Om Sy onderneming teenoor die
Britte gestand te doen, het Botha tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918)
self die slagveld betree — die enigste eerste minister van die dominiums wat
dit gedoen het. Vir hom was sy woord sy eer en hy het geglo as 'n mens jou
woord gegee her, hou jy daarby.
Louis Botha se keuse om wat hy as die weg van eer en plig beskou het te
volg, het `n hoë tol van hom geëis. Sy handhawing van sy land se grondwetlike
verpligting teenoor Europa het sy laaste lewensjare met smart en
spanning gevul. Hy was intens bewus van die wanvoorstelling van sy motiewe
en hoe hulle opsetlik verkeerd verstaan is en het die slagoffer geword van vlae
van depressie, vererger deur tye van swak gesondheid. Die Afrikaner-rebellie
van 1914 het hom tot in sy diepste wese geraak en het meer lyding as enigiets
anders in sy lewe veroorsaak.
Anders as Smuts, was Botha nie iemand wat sy gedagtes op papier neerge-
pen het nie en hy het geen memoires of `n dokumenteskat nagelaat waarin
navorsers kon delf nie. Enige verslag oor sy lewe moet aanmekaargeryg word
uit drie seminale boeke en uit die baie memoires en geskiedenisse van die
tweede Anglo-Boereoorlog (ook bekend as die Suid-Afrikaanse oorlog). Twee
mans uit verskillende agtergronde wat nader aan hom was as die meeste mense
het ná Borha se dood simpatieke biografieë oor hom geskryf: die redakteur
van Pretoria se invloedryke De Volkstem (Die Volkstem vanaf 1907), dr. FV
Engelenburg; en Brittanje se goewerneur-generaal in Suid-Afrika, Sydney
(later graaf) Buxton.
Engelenburg bied die volledigste verslag van Botha se lewe en sy boek word
verryk deur `n roerende huldiging, “In memoriam”, wat Jan Smurs in 1929
geskryf het. “As Vriende en kamerade het ons saam deur die ernstigste kri-
sisse van ons lewens gegaan,” het Smuts geskryf, “saam moes ons die mees
lotsbepalende besluite neem. Ek het hom in die ernstigste toetse waaraan 'n
mens onderwerp kan word gesien, toetse wat enige swakplekke in sy innerlike
samestelling sou ontblooten na vore sou gebring het. En dit is die manier waarop
hy al hierdie toetse deurstaan en ware grootheid van gees getoon het wat hom laat
uitstaan in al my herinneringe aan die groot manne wat ek geken en saam met wie
ek gewerk het."
Op sy beurt het Engelenburg hom daaraan verwonder dat dit Botha minder as 20
jaar geneem het om wêreldbekend te raak as soldaat en nasionale leier. Maar roem
eis ook sy tol:"Die 15 jaar van onophoudelike politieke, diplomatieke en militêre
manhaftigheid wat gevolg het, het glorie én ontwy-
ding meegebring, soos met enige staatsman gebeur wat kop en skouers bo sy
tydgenote uitstaan,” het hy opgemerk. Asof in `n poging om 'n greintjie troos
uit Botha se vroeë dood te put, het hy bygevoeg: “Vir hom was die groot
voorreg beskore om hierdie lewe op die hoogtepunt van sy ambisies as 'n
Suid-Afrikaner te verlaat.”
Graaf Buxton, `n Britse kabinerslid wat in 1914 as goewerneur-generaal na
Suid-Afrika gestuur is, het in die laaste vyf jaar van Botha se lewe `n buiten-
gewoon hegte vriendskap met hom ontwikkel. As `n vooraanstaande Britse
politieke leier het Buxton in sy tyd met “baie Groot manne” te doen gekry,
maar hy het Botha as “die menslikste en beminlikste van almal” bestempel.
“Hy was deurdrenk van daardie ondefinieerbare magnetisme en sjarme wat
eie is aan die gelukkige een wat dit besit, maar wat nie ontleed of beskryf kan
word nie,” het Buxton geskryf.
Buxton en sy opmerksame vrou, Mildred, verskaf baie skerpsinnige insigte
in Botha se persoonlikheid - sy natuurlike eenvoud en oorgeërfde skerp-
sinnigheid, sy persoonlike warmte en gemoedelikheid, sy hoflikheid en
inagneming van ander se gevoelens. “Tog, het Buxton geoordeel, was Botha
as Eerste minister soms te verdraagsaam en sagmoedig, tot sy eie nadeel. Sy
gevoeligheid vir persoonlike kritiek, veral van sy eie mense, het hom dikwels
verwond en depressief gelaat en laat wonder of hy in die politiek moet bly.
Dit was die persoonlike eienskappe van hierdie merkwaardige Boere-
Afrikaner betref, iemand wat soveel van dié grotes en belangrikes van sy tyd
beindruk het. Maar wat van sy nalatenskap, nadat die terugblik oor 'n eeu
heen sommige van die mislukkings en oordeelsfoute van sy politieke loop-
baan skerp omlyn het? Sy verantwoordelikheid vir die aanvaarding van die
Wet op Naturelegrond van 1913 in sy tyd as premier en ook as minister van
Naturellesake kan nie ontken word nie - `n wet waarvan ons die vernietigende
uitwerking vandag nog voel. Dié wet het verreikende gevolge - hoe onvoor-
sien ook al - vir die lewens van swart mense oor die hele Suid-Afrika gehad en
het die grondslag gevorm van ander wetgewing wat die segregasie van swart
en bruin mense en Indiërs oor die hele Suid-Afrika in die jare ná Botha se dood
verskans het.
Tog, soos Martin Meredith opmerk, in Botha se tyd het wit mense , en selfs
baie swart mense, ruimtelike en sosiale integrasie as die sleutel tot
rassevrede en die vermindering van eeue se konflik beskou. Dit was die
Lagden-kommissie, nogal deur Milner aangestel en beman deur koloniale
amptenare met “progressiewe” standpunte, wat in 1903 aanbeveel het dar
swart en wit mense permanent apart gehou moet word om spanning af te
weer en “beskaafde” wit regering te behou. Na Lagden, sê Meredich, is die
praktyk van segregasie tot 'n politieke doktrine verhef en van toe af deur feit-
lik elke wir politikus as `n respektabele slagspreuk gebruik."
Botha se persoonlike houding teenoor swart mense was `n mengsel van res-
pekvolle paternalisme teenoor enige individu met wie hy in aanraking gekom
of wat vir hom gewerk het, en die oortuiging dat swart mense as `n groep nie
dieselfde politieke regte as wir mense kan geniet nie. Volgens Buxton, met
wie hy die kwessie dikwels bespreek her, het Botha in baie opsigte `n breë
en simpatieke benadering gehad tot sake war die “naturelle” geraak het.” Hy
het immers saam met hulle grootgeword en het hul tale vlot gepraar. Sy roe-
rende besorgdheid oor Dinuzulu, die Zoeloe-koning wat onregverdig deur
die Natalse owerheid behandel is, is in teenstelling met sy oortuiging, soos
afkeurend deur `n Britse joernalis aangehaal, dar geen selfrespekterende wit
man in die parlement langs enigeen anders as `n wit man sal sit nie.
Gedagtig aan die verskille tussen die Kaap en die ander provinsies oor die
stemregkwessie, was Botha volgens Buxton bowenal besorg dat die “naturel-
levraagstuk” die Afrikaans- en Engelssprekendes kon verdeel. Dit moes onder
geen omstandighede gebeur nie. Met woord en daad en waar hy invloed
gehad het, het hy sy bes gedoen om enigiets te vermy wat “na sy mening
sou neig om rassegevoelens aan te wakker en die welsyn van die 'naturelle' te
benadeel”.
Wat die verhouding tussen Afrikaans- en Engelssprekendes betref, word
daar toe vandag toe oor die wysheid van Botha se beleid geargumenteer. Kyk
n mens met agternawysheid na die kloof wat tussen Botha en JBM Hertzog
ontwikkel het en wat die Afrikanerdom in twee sou skeur, lyk die of albei
kante gefouteer het, Die grond het uiteindelik verkrummel onder Hertzog se
beskuldiging dat Botha Suid-Afrikaanse belange onderhewig gestel het aan
dié van imperiale Britanje: Hertzog het self die republikeinse ideaal laat vaar
toe hy dominiumstatus vir Suid-Afrika onder die Statuut van Westminstel
(1931) verkry het, gebaseer op Botha en Smuts se aanvoorwerk by opeenvol-
gende Imperiale Konferensies.
Hertzog was nietemin waarskynlik reg in sy oortuiging dat die Afrikaners
gevaar geloop het om deur die alomteenwoordige Engelse kultuur oorweldig
en ingesluk te word as hulle nie vir hul kulturele, onderwys- en taalregte
opstaan nie. Sonder die Hertzogiete se aandrang op die gelyke behandeling
van Afrikaans in skole, is dit heeltemal moontlik dat die taal nie sou oorleef
het nie, wat nog sou groei.
Botha het feitlik altyd Hollands (of Afrikaans) in die openbaar gepraat,
maar hy het net so `n intense afkeer in taalfanatici as in jingo's gehad. Tog
was hy vreemd onbewus, sê Engelenburg, van die skade wat amptenare aan-
gerig het wanneer hulle dikwels die gelykheidsklousule in die Unie Grondwet
geignoreer en voorkeur aan Engels gegee het. Borha het geredeneer dat sy
regering nie verantwoordelik gehou kan word vir die gedrag van individu-
ele staatsamptenare nie. Toe dit ook nog blyk dat 'n gesonde geesdrif vir
Afrikaans in propaganda teen Engels misbruik word, het sy belangstelling
in die taalkwessie verder afgeneem. Vir dié misrekening sou hy duur by die
stembus betaal.
Die taak van die historikus, soos AJP Taylor ons herinner, is om die verlede
te verduidelik, nie om dit te regverdig of te veroordeel nie." Dit is ook, vol-
gens Gordon S Wood, om die dade van die wat ons vooraf gegaan het in die
konteks van hul tyd te plaas, “om hul blindheid en dwaasheid met simpatie te
beskryf, om die mate waarin hulle vasgevang was in omstandighede waaroor
hulle min beheer gehad het te erken en om te begryp in watter mate hulle
gevolge geskep het wat hulle nooit bedoel het nie.”
Dit is in dié gees dat hierdie boek geskryf is. Dit weerstaan die versoeking
om Louis Botha se lewe deur moderne lense te evalueer en probeer eerder
om politieke houdings wat 'n eeu gelede algemeen in koloniale Afrika en
feielik wêreldwyd was te verduidelik, maar nie te verdedig of regverdig nie.
Soos Henry Kissinger in A World Restored, sy seminale studie van Metternich,
verduidelik, is daar gewoonlik iets tragies rondom staatslui, want hulle is
gedoem “om met faktore te worstel wat nie na die wil gebuig kan word en in
'n leeftyd nie verander kan word nie ... Soos die profete word staarslui nie
in hul vaderland geëer nie. `n Staatsman wat die ervaring van sy mense te ver
vooruit is, sal nie binnelandse konsensus verkry nie, hoe wys sy beleid ook al
is". Hiervan bied Suid-Afrika se geskiedenis meer as een voorbeeld.
Soos dit by die terugblik duidelik word, was baie politici van `n eeu gelede
slagoffers van demografiese, ekonomiese, sosiale en kulturele magte wat hulle
nie ten volle kon verstaan nie, en waarvan hulle nie eens bewus was nie. Deur
Louis Botha en sy generasie só te verstaan en hulle 'n menslikheid te gun wat
hulle nie altyd ander rasse gegun her nie, behoort veral wit Suid-Afrikaners
wyser en minder veroordelend oor ons gemeenskaplike verlede te maak. Dit
kan ons almal ook meer bewus maak van die tekortkominge en beperkinge
van ons persepsies van die hede.