Post by cjm on Jan 9, 2016 19:27:22 GMT
Jakkals nooi vir gansie
Jakkals nooi vir gansie:
“Kom eet vanaanand by my.
Daar is heerlike ou kossies
en uintjies uit die vlei.”
“Nee dankie”, sê die gansie,
“Al staan jy op jou kop,
as ek by jou kom eet,
eet jy my seker op”
(uit:Die Kinderverseboek)
Ek vind die identifikasie van die betrokke uintjie wat dan nou eintlik die algemene kossoort is, moeilik. Party (die tulpe) is ook nog giftig vir vee. Die foto's hieronder gee twee variasies, maar veral die blou soort gee my hoofbrekens in die veld omdat daar ander is wat baie dieselfde lyk. Ek het 'n suspisie dat ons KoiSan-voorouers die hele spul geëet het, maar sekere soorte was seker lekkerder en ek aanvaar dat hulle mettertyd die lekkerder soorte reeds in die veld kon identifiseer.
Die name vir die hoofgereg is ook legio. Dit was eers Moraea Edulis wat verander is na Moraea Fugax. In die volksmond is daar net so 'n verskeidenheid: Soetuintjie, Hottentotsuintjie, Wituintjie.
media.eol.org/content/2015/01/08/06/80185_580_360.jpg
www.eol.org/pages/5871790/overview
www.ispotnature.org/sites/default/files/imagecache/scaled/images/41800/b779425dbc9035a12e921c30c37a3ee1.jpg
Polfyntjies vir die proe
outeur: C. Louis Leipoldt
bron: C. Louis Leipoldt, Polfyntjies vir die proe. Tafelberg, Kaapstad 1963
[p. 86]
21. Die Egte Uintjie
In 'n artikel oor die wateruintjie [deesdae genoem, Waterblommetjies -cjm] het ek gesê dat dit nie eintlik presies as 'n uintjie beskou kan word nie, en dat die werklike benaming toegepas word op die knol en nie op die loof en blomme wat ons nou vir ons wateruintjiebredie gebruik nie. 'n Uintjie - wat eintlik niks anders is as 'n klein uitjie nie - is, sover ek weet, altyd 'n knol, en altyd ook daardie eienaardige soort knol wat deur weefsels omring is en wat uitgepeul kan word. Sulke egte ‘uintjies’ is van ouds af bekend. Die ou reisigers wat honderd jaar gelede in Kaapland rondgetrek het, van Thunberg af, maak melding daarvan. Hulle sê dat die inboorlinge sulke knolle as kos gebruik het, en hulle sê dit ook sonder om daaroor verwonderd te wees. Wat dan ook verspot sou gewees het, want ons voorouers in die ou Europese moederlande het ook uintjies geëet. In die groot, beroemde Herbaal van meester Gerhardt word die deugde van verskillende soorte uintjies beskryf, sommige as geskik vir inwendige of uitwendige gebruik as medisyne, ander weer as volkskos. Sonder uitsondering is al hierdie soorte vir ons vreemd in Suid-Afrika. Ons eie uintjiesoorte was natuurlik nie aan meester Gerhardt bekend nie.
Na 'n bietjie rondpraat vind ek uit dat daar meningsverskil bestaan onder ons uintjiekenners oor die egte soorte. In die algemeen word die naam ‘uintjie’ gegee aan 'n iris of vla-blom, so welbekend as 'n kossoort dat die geleerde botaniste daaraan die naam Moraea edulis of eetbare vlablom gegee het. Daar is tal van Moraea-soorte in ons land, en sommige van die knolle is giftig, net soos die knolle van die verwante familie Homeria, wat ons tulp noem. Ook is daar weer eetbare tulpe, ofskoon ek niemand sal aanraai om sonder kennis van die saak 'n tulpbredie te maak nie. Dr. Muir gee in sy lys van Afrikaanse blomname net die naam uintjie aan ons wateruintjie en aan ons Moraea edulis. Dr. Fourcade, wat 'n grondige kennis besit van die plantegroei in die Humansdorp-Knysna-streek, ken ook maar net die twee ‘uintjie’-
[p. 87]
soorte. In die suidwestelike distrikte (wat eintlik die regte uintjiewêreld is), kom daar verskillende ander soorte voor. Bobbejaanuintjies is die knolle van 'n Babiana-soort; dit groei tussen die klippe van die Olifantsrivier en die Kamiesberge en is nogal baie moeilik om uit te krap, alhoewel die bobbejane dit maklik regkry. Hotnotsuintjies is die knolle van 'n suringsoort (Oxalis lupinifolia); die mooi afbeelding van hierdie blomsoort in die kwartaalblad van die Pretoriase herbarium is geskilder van ‘uintjies’ wat uit Springbok aan 'n uintjie-eter aldaar gestuur is en waarvan 'n paar bolletjies toevallig in die tuin te lande gekom het. Weer 'n ander - en 'n heerlike soort - is die knolle van Cyanella capensis, bokuintjies of klei-uintjies. Dan het ons nog die bolletjies van verskillende Moraea-soorte; in die Sandveld, byvoorbeeld, is daar die groot geel uintjie, die pers uintjie en die witblom-uintjie; ook die slymblom-uintjie en die kaneel-uintjie. Hulle is algar Moraea-soorte, en as jy eenmaal die blom gesien het, kan jy dit nie maklik verwar met die meer eenvoudige tulpblom nie.
Heel moontlik besit ons nog baie ander eetbare knolle. Volgens meester Gerhardt is die knolle van ons tjienkerientjees eetbaar, en ook dié van ferweeltjies. In vergelyking met die egte, regte uintjie, Moraea edulis, is hulle egter algar minderwaardig.
In my jong dae was daar volop uintjies. Die outa wat skaapwagter was, het bosse daarvan dorp toe gebring. Vir 'n paar oulap kon jy 'n bossie van vyftig tot honderd bolletjies koop, wat dit die ou miskien drie tot vier uur gekos het om uit te grawe, want die uintjie sit diep in die grond en dis gewoonlik harde Karoo-klei waarin hy skuil. In sanderige grond is dit natuurlik makliker om hom uit te kry, maar die kenners vertel jou dat kleigrond-uintjies baie beter smaak as sand-uintjies.
So 'n bossie lewer baie kos op. Sny die stingels kort af en kook die bolletjies met net genoeg water om hulle te dek, liefs louwarm water, en kook hulle nie te lank nie. Vyftien tot twintig minute is genoeg. Haal hulle dan uit en laat hulle koud word. Dan kan jy hulle smaaklik opeet, want hulle peul maklik uit die omhulsel van weefsels. Hulle smaak soos jong aartappels of soos kastaiings; sommige soorte is minder soet as ander, en die Bobbe-
[p. 88]
jaan-uintjie, wat gewoonlik die grootste is, is meer melerig en dus miskien beter geskik vir verdere toebereiding. Maar koue gekookte uintjies op hulself is al 'n lekkerny.
Jy kan egter ook allerhande proefnemings doen. Stamp hulle fyn in die vysel met 'n bietjie neutmuskaat; meng met room en geklitste eier en sit in die oond, wat net so warm moet wees soos dié waarin 'n mens 'n tarentaal sou wil braai; en as alles goed gaan, het jy dan 'n heerlike soufflé.
Of roer die gestampte uintjies met 'n bietjie suiker, 'n grypie gemmer en twee, drie eiers, en kook stadig in 'n aardewerkpotjie; dan het jy 'n heerlike poeding wat opgedis kan word met moskonfyt as stroop of met 'n wynsous. Wil jy 'n eersteklas sop hê, dan neem jy 'n paar koppies melk by, 'n skraapseltjie suurlemoenskil, sout, 'n grypie witpeper en jou gemaalde uintjies. Laat net een maal opkook, gooi dan in die sopkom, waarin jy eers 'n eier met 'n lepeltjie room en 'n klein bietjie brandewyn opgeklits het. Beter kan jy nie wens nie. As jy die sop dikker wil hê, voeg meer gestampte uintjies by; dunner, meer melk. My ou tannie het altyd gekerfde pieterselie oorgestrooi, maar ek hou nie daarvan nie, alhoewel dit die wit sop aangenaam versier. Uintjies ‘sny’ goed met allerhande speserye, want hul eie smaak is nie erg positief nie. Tog moet ons versigtig wees, want dis maklik om die uintjiesmaak te bederf deur toevoeging van te veel en te sterk kruie.
My reeds genoemde tante wat op haar ou dag gekant was na die groente-eters - en daarin was sy 'n slegte voorbeeld vir die familie, want ons Bonades is altyd by uitstek liberale mense; ons eet alles wat smaaklik is en steur ons nie aan wat dr. Hay of wie ook al sê nie - my ou tannie het soms van die uintjiepuree ‘kunsmatige kotelette’, net soos sommige mense nou van lensies en boontjies, gemaak. Ek noem dit ketters om so iets te doen, maar elkeen het sy smaak. Dit bewys slegs dat met die uintjie as grondbestanddeel jy allerlei kaskenades kan uitrig op diëtetiese gebied.
As ons tog maar nou nog uintjies op die mark kan kry. Wat sou 'n Careme nie daarmee aangevang het nie! My eie proefnemings word jaarliks gekniehalter omdat ek nie genoeg materiaal
[p. 89]
kan byeen kry nie. Maar dit het my reeds geluk om 'n heerlike uintjie-roomys te maak. Aanstaande jaar sal ek probeer om uintjies te gebruik in plaas van kastaiings vir daardie kroonjuweel van die kookkuns, 'n Francatelli-poeding.
Verdere Inligting
Manning: Fynbos, Struik (2007), p100
...
Moraea MORAEA, TULP
Deciduous, cormous perennials, sometimes stemless. Leaves usually grasslike and channelled
without a midrib, sometimes broaderand rarely quill-like. Flowers in clusters enclosed by leathery,
leaf-like spathes, variously coloured and marked, often yellow or blue, lasting several days or less
than 1, usually Iris-like but sometimes cup-shaped with the tepals separate or rarely joined into a
short tube, the outer tepals often larger than the inner, which may be reduced or claw-like; the
stamen filaments are separate or joined into a cylindrical column;the style branches are sometimes
flattened and petal-like and conceal the anthers. Widespread throughout sub~Saharan Africa and
extending into the Middle East but concentrated in the winter’rainfall parts of South Africa.
The genus has recently been redefined to include all of the species with channelled leaves,
including those previously recognised as the separate genera Galaxia and Homeria: 195 spp;
I 16 fynbos spp. The corms of certain species, such as Moraea fugax, formed an important part of
the diet of hunter-gatherers in the past but several others, notably the tulps (previously placed in
Homeria), such as M. miniata, are poisonous to stock.
...
Moraea fugax, called soetuintjie or wituintjie in Afrikaans was an important food item long ago on the menu of Western Cape and Namaqualand indigenous populations. Those that may still harvest the corms will bundle them and boil them in milk or roast them in hot ash according to ancient recipe (Van Wyk and Gericke).