Post by cjm on Jul 24, 2022 9:06:00 GMT
Karel Schoeman: Swanesang Die einde van die kompanjiestyd aan die Kaap, 1771-1795 ( Protea, 2016)
Algemene Indrukke
Dit is ‘n formidable boek met 599 bladsye waarvan die endnote en bronne alleen 100 bladsye beslaan. Daar is talryke Nederlandse aanhalings wat die leestempo vir die algemene leser (soos ek!) vertraag. Schoeman verskaf vertalings vir sommige woorde, maar dikwels is daar ander woorde wat ook onbekend is, waar geen vertaling is nie. Voeg hierby dat dit dikwels 16de eeuse Nederlands is in ‘n woordryke, blomryke spel, met Franse invloed.
Kaarte sou die boek heelwat verbeter het (daar is nie één nie). Selfs in die geval van verwysings na die straatuitleg van Kaapstad sou dit gehelp het, selfs vir iemand soos ek wat nie onbekend met die stad is nie, maar wie nie meer al die straatname, geboue en pleine onthou nie. Hier kan ‘n mens verwys na die die relaas oor die bou van ‘n nuwe hospitaal (wat nooit heeltemal voltooi is nie en in 1903 gesloop is (p135 et seq)). Daar is ook op of naby die perseel later nuwe erwe uitgereik. Die stadige vordering word oa toegeskryf aan die toesighouers se doelbewuste vertraging en die gebruik (vir eie gewin) van vakmanne elders. Daar word straatname en plekke genoem wat nie meer bestaan nie. Leidrade na die moderne name word gegee, maar dit help veel as jy dit in elk geval nie ken nie. Nog ‘n voorbeeld van die gebrek aan kaarte word op bladsy 385 et seq gevind by ‘n beskrywing van die ryk en arm dele van die stad. Schoeman is van mening dat die grootste deel van die stadjie ‘n gemengde rasse karakter besit het. Hy gebruik meermale die woord stadjie wat die beperkte omvang van die nedersetting aandui, wat nie altyd in gedagte gehou word nie.
Die kaartleemte kan moontlik verklaar word deur die volgende opmerking deur Schoeman: Hy sê dat die boek “tot [sy] spyt die eerste en enigste deel is wat [hy] nie self kon indekseer nie” (Vooraf, gedateer 2.6.2016). Die boek is miskien onder moeilike omstandighede voltooi en dalk nie so volledig afgerond soos Schoeman dit graag sou wou gehad het nie.
So ver ek kan oordeel is die navorsing onberispelik en pers Schoeman logiese afleidings bv uit die boedelinventarisse en sy kruisverwysings na stambome (sien bv pp387-403). Die boek dek ‘n deel van die Kaapse geskiedenis wat maar baie oppervlakkig in skole gedek is en waarskynlik nog steeds verwaarloos word. Dit vind plaas teen die agtergrond van die Franse Revolusie, oorloë in Europa en die opkomende Britse mag -daarteenoor is die Kaapse verhaal in omvang blote voetnote in die verlede.
Puriste mag kla dat hy te veel gebruik maak van sekondêre bronne. Almal is egter gerespekteerde kenners.
Schoeman se woordkeuses is by tye opvallend vanweë die gebruik van wat skyn ‘n vernederlandse Afrikaans te wees – op die oog af selfs somtyds anglismes en verouderde Afrikaans soos in die geval van lg die gebruik van blanke.
Wat word gedek?
Dis moeilik om te dink aan ‘n onderwerp wat nie aangeraak word nie.
Die tydperk word ingelui deur die dood van Ryk Tulbagh en die aanstelling van Baron Van Reede van Oudtshoorn as Goewerneur. Hy was in Nederland op daardie stadium, maar het vroeër 25 jaar lank aan die Kaap diens gedoen. Hy is egter ter see oorlede en aan die Kaap begrawe. Sy nageslag sou nog vir dekades aan die Kaap gevind word en een van hulle sou in 1895 die enigste een op die Politieke Raad wees wat nie wou oorgee aan die Britte nie. Die afstammeling word daarna op Saasveld gevind, waar hy en sy vrou besoek is deur Lady Anne Barnard (p458).
JA van Plettenberg is in die oorledene se plek aangestel en na hom CJ van der Graaff. Laasgenoemde is uiteindelik met moeite teruggeroep na Nederland (p326). Hy wou nie gaan nie en het uiteindelik in die nag in geheim vertrek met ‘n skip.
Die doodsnikke van die VOC se bewind aan die Kaap is behartig deur Sluysken wat hom toevallig in 1793 aan die Kaap bevind het na diens in Soerat (p344) en die Van der Graaff vertrek. Schoeman betreur meer as een keer die min inligting wat oor Sluysken beskikbaar is. Hy het geen militêre ondervinding gehad nie – iets wat die Kaap in 1795 nodig gehad het het.
Die Kaap het in die laaste jare vreemde huurtroepe gehuisves om verskeie redes. Die een mag was Duits en die ander Frans. Veral die Franse mag het ‘n groot invloed op die sosiale lewe ter plaatse gehad (Hoofstuk 5. Die tyd van regimente (1781-1788, p170 et seq). Dit word beweer dat hul teenwoordigheid 'n morele losheid en oppervlakkigheid aangewakker het.
Die tydperk ter sprake het ook die Patriotbeweging gebaar, wat ‘n bonte verskeidenheid klagtes gehad het en waar van die sentrale figure die ryk Van Reenens was (p285). Daar was ook deputasies na Nederland om hul saak te stel – met uiteindelik min resultate (p303). Schoeman se wrang kommentaar op die historiese impak van die beweging is dat Afrikaner-historici op ‘n stadium probeer het om die agitasie tot Groot Nasionale Gebeurtenis te verhef, maar dat dit “moeilik is om hierdie siening te handhaaf “ (p71).
Groot dele van die land is verken deur jagters, veeboere, amptenare en natuurkundiges – sommige gelok as gevolg van die baanbrekerswerk gedoen deur Ryk Tulbagh. Baie van hul werk is goed gedokumenteer. Van die bekendste Europese belangstellendes was Thunberg, Sparrman, Masson, Banks, Forster, Paterson, La Valliant, om enkelinge te noem wat deur Schoeman onder die loep geneem word (Hoofstuk 2. Verkenning p38 et seq).
Die uiteindelike inname van die Kaap deur die Britte vanaf Simonstad en Valsbaai is ‘n komedie. Die Kapenaars was meestal ongeorganiseerd, goedgelowig, sonder behoorlike leiding en lafhartig (Hoofstuk 13. Inval (1795) p436 et seq). Die Britte het egter ‘n bedrieglike spel gespeel, want hulle het verwarring gesaai onder die voorwendsel dat hulle namens Willem V (prins van Oranje), wat op daardie stadium ‘n vlugteling in Brittanje was, optree. Die Bataafse republiek was toe reeds in Nederland aan beheer en het Willem V geen reg gehad om so iets te doen nie (p418). Die Kaap was nie bewus van die werklike stand van sake nie omdat die Britte boodskappe onderskep het en omdat kommunikasie gebrekkig was. Dit sover die basiese storie.
Daar is twee hoofstukke wat ‘n burgerfamilie (die Van Reenens) (Hoofstuk8) en drie amptenarefamilies (Hoofstuk 7) bespreek.
Oor die algemeen is daar aspekte wat by herhaling beklemtoon word. Die een is die onderlinge intergeweefde ideologieë, en tussenkontak van Batavia, die Kaap, Europa en selfs Amerika. Nog ‘n tema is die familie-verwantskappe van veral die elite (oor hierdie geografiese gebiede) en die effek daarvan op rykdom, korrupsie en posisies. Die weeldevertoon en die gekke protokol wat belangrik geag was, word uitgesnuffel. Daar word gewys op volstruisvere wat deel van die modegiere was en vanaf Frankryk ingevoer is. Die korrupsie in die elite word etlike male aangespreek en so ook die wyse waarop posisies verkry is en posisies verdedig is.
In die agtergrond dreun die naderende ondergang van die VOC en laaste desperate pogings wat aangewend is om dit te vermy. Daar is die oorlogsgeraas van Napoleon, die verskrikte adel wat van die valbyl vlug (soos die prins van Oranje), die oorloë in Europa, die ineengestrengelde elite, die korrupsie, die verryking van burgers aan die Kaap wat vleispagte en wyn- en bierpagte kon bekom, die sentrale en dominante posisie wat die Kaap in handel beklee het as gevolg van die skeepsvaart, die VOC se dwinglandy van beperkings op handel. Daar is die binnelandse onrus by Graaff-Reinet en Swellendam, die begin van die probleme op die Oosgrens, skermutselinge met Hottentotte en Boesmans. Teenoor al die Kaapse prag en praal staan die binnelanders en minder gegoedes wat hard moes werk vir min, die slawe, die arbeiders. Schoeman vang dit alles vas.
Een van sy finale uitsprake oor die koms van die Britte beweer dat hulle uiteindelik aanspreeklik was vir apartheid omdat selfs onder die elite gemengde huwelike nie uitsonderlik was nie en aanvaar is (p468). Hy wys ook op die bewuste verengelsing wat onder die Britte die plaaslike sosiale orde deurspoel het, die verlies aan kontak met die Ooste. Hy praat van ‘n slopingswoede wat teen die einde van die negentiende eeu ontstaan het en gelei het tot ‘n veranderde en verarmde stedelike landskap. Die breuk met die VOC tydperk was teen die 1950s feitlik voltooi en al wat oorbly is dokumente aan die hand waarvan rekonstrukies gepoog kan word (p469).
“Die agtste en laaste deel van die reeks Kolonie aan die Kaap beskryf die agteruitgang en verval van die VOC en die gevolge wat dit vir Kaap gehad het gedurende die laaste kwarteeu van die VOC-bewind. Swanesang dek die tydperk vanaf die dood van goewerneur Rijk Tulbagh tot en met die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795.”