|
Post by cjm on Jul 6, 2016 17:11:44 GMT
www.litnet.co.za/huldeblyk-aan-die-laaste-afrikaanse-denkers/Hierdie skrywe word gerig aan Afrikaanse “intelligentsia” wat, ter wille van die beskerming van hulle poste en die bevordering van publieke profiel, aan hulself die reg toeëien om Afrikaans in die publieke ruimte groot skade te berokken. Die effek hiervan is dat my generasie en die wat volg van die geleenthede ontneem word om onsself te ontwikkel en bekwaam, en gevolglik nie oor die selfvertroue en vermoë beskik om onsself teen hulle te verset nie. Die troosprys is darem dat die taal nog ’n huistaaltjie gaan bly, wat soos moedersmelk gevoer word tot ’n mens oud genoeg is om te loop en dan moet jy aanbeweeg na meer voedingryke kos. ...
|
|