Voeg aksentstrepe tot die sleutelbord by
Ek gaan nie in besonderhede probeer verduidelik wat hier aangaan nie, want dit is ten dele vir my ook ‘n raaisel.
Dit werk op my rekenaar, maar dis jou eie saak as jy 'n gemors aanvang - sal nie maklik gebeur nie, maar ek dek maar net my eie agterent!
Moet nie die + in die volgende instruksies intik nie: Dit dui bloot opeenvolgende (maar gesamentlike) aksies aan.
Eerstens maak jy die teksverwerker
gedit oop (gebruik die soekfunksie in die
HUD van die Unity-werkskerm (Unity Desktop), soek na
gedit, en op ander werkskerms (bv Compiz of Metacity) , soek
Text Editor in
Applications,
Accessories). Maak dit oop.
Selekteer, Kopieer en Gom (
select, copy, paste) die volgende in die blanko venster van die
gedit-teksverwerker.
keycode 34 = bracketleft braceleft braceleft braceleft 0x00E9 0x00E8
keycode 35 = bracketright braceright bracketright braceright 0x00C9 0x00C8
keycode 36 = Return NoSymbol Return
keycode 37 = Control_L NoSymbol Control_L
keycode 38 = a A a A adiaeresis Adiaeresis
keycode 39 = s S s S 0x00E1 0x00C1
keycode 40 = d D d D U1E13 U1E12
keycode 41 = f F f F dstroke ordfeminine
keycode 42 = g G g G eng ENG
keycode 43 = h H h H 0x00FD 0x00DD
keycode 44 = j J j J 0x00FA 0x00DA
keycode 45 = k K k K 0x00ED 0x00CD
keycode 46 = l L l L 0x00F3 0x00D3
Gaan na die
File-keuse-skerm van die
gedit- teksverwerker en
Save as modmap in jou hoofgids (
root directory).
Maak nou die Terminaal (
Terminal) oop deur Ctrl+Alt+T te druk.
Tik die volgende in die terminaal
xmodmap modmapDruk
Enter.
Nou kan jy toets of dit werk. Ek sal later die volledige veranderinge gee, maar druk nou Regter
Alt+ s. Dit behoort á te gee en Regter
Alt+ Shift + s behoort Á te gee.
Om die veranderinge te laai as die rekenaar begin (
boot), tik die volgende in die Terminaal in en druk
Enter as jy klaar is:
mv modmap ~/.Xmodmap
Soek nou
Startup Applications in Die HUD soekskerm in Unity of op ander werkskerms, in
Applications, System Tools, Preferences. Druk
Add, en vul die dialoog- skerm in met bv
Name: Remap,
Command:
xmodmap .Xmodmap Druk
Add en dan
Save.Xmodmap sal, wanneer jou rekenaar weer begin (
boot), outomaties gelaai word en die sleutelbord sal die veranderinge bevat.
Jy sal die volgende veranderinge op die sleutelbord vind deur Regter
Alt of Regter
Alt + Shift saam met die betrokke sleutel te druk.
Regter Alt + s =á
Shift + Regter Alt + s=Á
Regter Alt + [ = é
Shift + Regter Alt + [ = è
Regter Alt + ] = É
Shift + Regter Alt + ] =È
Regter Alt + k =í
Shift + Regter Alt +k=Í
Regter Alt + l =ó
Shift + Regter Alt +l=Ó
Regter Alt + j =ú
Shift + Regter Alt +j=Ú
Regter Alt + h =ý
Shift + Regter Alt + h=Ý
Daar is ander maniere ook om dieselfde resultate te bereik.
Die sleutelbordwysigings wat ek verskaf het, maak nie voorsiening vir alle aksentstrepe nie. Die vermiste sleutels kan op ‘n ietwat meer omslagtige manier geproduseer word, deur gebruik te maak van die
Character Map wat op die taal -ikoon gevind word.
Vind jou verlangde karakter in die
Character Map, klik daarop , klik die tab
Character Details, en kies en kopieer die betrokke teken wat dan op jou knipbord (
clipboard) beland.
Hier is ‘n skakel wat poog om die gebruik van die Character Map te verduidelik – baie kripties.