Met alle respek, meneer Gore, waarom moet ander hof toe gaan om u kernbesigheid – goeie gesondheidsorg – in beskerming te neem? Waarom moet ander die moeilike gevegte veg terwyl u bloot politieke verhoudinge wil beskerm?
Daar is iewers ʼn misverstand oor wat konstruktief is. Iemand wat hof toe gaan oor ʼn ongrondwetlike stelsel is juis konstruktief.
Hulle tree in vir wat reg is. ʼn Regering wat roekeloos mag sentraliseer is dekonstruktief en breek ons grondwetlike bedeling af. Iemand wat nie hof toe wil gaan nie, maar met klein wysigings wil paai, is ook juis nié konstruktief vir die groter samelewing nie.