Post by cjm on Dec 31, 2023 19:16:31 GMT
HW Claassens: Die Geskiedenis van Boerekos 1652-1806, Protea, 2006, pp115-116
Voetnootnommers verwyder
Voetnootnommers verwyder
Die Kaapse smulpape
Uit die getuienis van sewentiende- en agtiende-eeuse reisigers blyk dit
dat gegoede Afrikaners meestal smulpape was. Van Riebeeck se seun
Abraham het op 7 Desember 1676 die afskeidsete wat die komman-
deur voor hulle vertrek na Batavia vir hulle gegee het, as “magnifycq”
beskryf. Op 13 Januarie 1710 het Van Riebeeck se foutsoekerige
kleindogter (Abraham se dogter) wat in daardie stadium aan die Kaap
was, aan haar ouers in Batavia geskryf dat die kos aan die Kaap beter
was as dié in Batavia. Sy het selfs Kaapse resepte aan haar moeder ge-
stuur. Op 16 Maart 1710 het haar man, Joan van Hoorn, aan sy
skoonouers geskryf en `n gesegde van goewerneur Van Assenburg aan-
gehaal: “ 't is of de Caab van vretten [vreet] en suypen [suip] aan mal-
kander hangt [aanmekaargesit is]. De Saint-Pierre wat teen die mid-
del van die agtiende eeu aan die Kaap was, se uitspraak oor die Kaapse
kos was dat dit goed was, maar dat die goeie mense die hele dag geëet
het.
Volgens Mentzel het dit dikwels gebeur dat Europeërs in die hospi-
taal beland het omdat hulle hulle aan die oordaad lekker Kaapse kos
ooreet het. De Jong, wat van 1791 tot 1795 aan die Kaap was, se in-
druk was: “In het algemeen zijn de tafels opgepropt met spijzen.” Hy
het gemeen dat die mense kos mors omdat oorskietkos van `n maaltyd
selde weer op die eettafels verskyn het, want dit is aan die slawe gegee.
Dit was behalwe die vleis, rys en aartappels wat die slawe se daaglikse
dieet was. Sy gevolgtrekking oor die Kapenaars was: “Over het geheel
ken ik geen menschen, die sterker eten, sterker drinken en meer sla-
pen.” Oorskietkos is moontlik verwerk sodat De Jong dit nie herken
het nie. Dit was aan die begin van die twintigste eeu byvoorbeeld die
gebruik om bobotie van die oorskietbraaiboud te berei.
Vir die “ryklik eeten” waarvoor die Kaap bekend was, was `n purgeer-
middel in die huis belangrik. Dit blyk duidelik uit die behoue frag-
mente van Johanna Duminy se dagboek (1797). Haar man moes in die
24 dae wat dié fragmente dek, twee keer purgasie (waarskynlik alwee-
bitter van aalwyn berei) drink. Die Sondagaandete wat Lady Anne Barnard
in 1797 by Benjamin Weigt se huis in Wamakersvallei ( Wellington)
geniet het, getuig van hierdie “ryklik eeten" Afgesien van die lekker
plaaslik gekweekte rys wat bedien 1s, was die volgende disse op die
spyskaart: `n Kaapse ham, die goedgelardeerde agterkwarte van 2
wildsbok, twee vet eende, kerriehoender, ertjies, boontjies kool en 'n
slaai met twee dosyn hardgekookte eiers as versiering, gebakte vla en 'n
verskeidenheid pasteitjies. Vir nagereg is baie groot smaaklike aarbeie
voorgesit. Koffie en sopies is die hele namiddag voor die ete bedien.
Die oordadige gebruik van voedsel aan die Kaap was waarskynlik
aanvanklik `n nagevolg van die hongerlyjare toe die verversingspos be-
gin is. Later was dit `n nabootsing van die rykes van Europa se tafels
om sosiale aansien te verwerf. Volgens Schotel het mense in Holland
hulle so te buite gegaan met wat vir onthale aangebied is, dat wetlik be-
paal is dat gewone burgers net vyftig en die adelstand 500 disse mag
bedien het. Mentzel het in sy beskrywing van `n Kaapse huweliksont-
haal genoem dat die tafel oorlaai was met kos en dat daar soveel as vyf-
tig disse was.
Aan die Kaap het die oordaad kos nie tot onthale beperk gebly nie;
dit het die norm geword en ontaard in `n kunsmatige vertoon van wel-
gesteldheid wat nie altyd bestaan het nie. Baie geregte is voorgesit, selfs
wanneer enkele gaste onthaal is. Lichtenstein het genoem dat wanneer
die gegoede boere `n mens onthaal het, hulle letterlik alles voorgesit het
wat die huis en tuin opgelewer het. Hy het daarna vertel van die ete by
die Du Toits van Goudini waar so baie geregte was dat hy nie alles kon
tel nie.
...
-