|
Post by cjm on Aug 30, 2016 8:31:53 GMT
www.litnet.co.za/engels-se-ontwikkeling/Die vraag ontstaan by my, ons, wat so sterk daarteen gekant is en die ritteltits kry as mense hulle tale meng: moet ons nie 'n bietjie meer toeskietlik wees nie? Indien wel, moet daar darem ook sekere perke gestel word, soos om nie sondermeer goeie Afrikaanse woorde oorboord te gooi en die Engelse aan te gryp nie. Nog 'n ding: moet die Engelse woorde wat so gebruik word nie summier ver-Afrikaans word nie? So kan ons dalk ons taal verryk, ek weet nie, wat sê die slimmes?
In elk geval, ek het daar geen skaamte oor dat ons, wat bv die wetenskap en tegnologie betref van Engels leen nie, want hulle het dit self iewers geleen, of sommer opgemaak! Daarom glo ek hoef ons op geen gebied vir Engels of enige taal terug te staan nie, ons kan net so goed "borrow" as hulle!
|
|
|
Post by cjm on Aug 30, 2016 16:42:52 GMT
Die Nederlanders wroeg ook oor Engels
|
|
|
Post by cjm on Dec 30, 2020 18:25:16 GMT
stamp
|
|