Post by cjm on Jan 31, 2014 14:36:33 GMT
´n Mens wonder of die Italianers so sou gewroeg het oor die kwessie as die vermoorde wit was (en Amanda nie ´n Amerikaner nie).
maroelamedia.co.za/blog/nuus/moordskuldigbevinding-amanda-knox-se-eks-kerel-by-grens-gevang/
Moordskuldigbevinding – Amanda Knox se eks-kêrel by grens gevang
Deur Herman Toerien op 31 Januarie 2014
‘n Video volg onderaan die berig. Raffaele Sollecito, wat net soos sy eertydse Amerikaanse meisie, Amanda Knox, pas tydens ‘n herverhoor skuldig bevind is aan die moord op Knox se Britse kamermaat, Meredith Kercher, is op die Italiaanse grens aangekeer.
Sy paspoort was ingetrek om te voorkom dat hy uit die land vlug.
Sollecito, ‘n Italiaanse student, is na die herverhoor 25 jaar gevangenisstraf opgelê, terwyl Knox tot 28 jaar en ses maande tronkstraf gevonnis is.
Kercher is in 2007 in die Italiaanse dorp, Perugia vermoor. Sy was toe 21.
Die twee is ook aanvanklik aan die grusame moord skuldig bevind, maar is op appèl vrygespreek. Knox het hierna na die VSA teruggekeer.
Die Italiaanse Hoëraad het egter besluit dat die hof verskeie onlogiese afleidings gemaak het, en het beslis dat die verhoor van nuuts af gehou moet word. Die saak kan nou weer op appèl gaan.
Knox, wat volhou oor haar onskuld, het nie na Italië teruggekeer vir die verhoor nie, omdat sy nie verwag het om ‘n regverdige verhoor te beurt te val nie. Dit is nog onbekend of die VSA haar aan Italië sal uitlewer.
‘n Man wat in die Ivoorkus gebore is, Rudy Guede, dien reeds tronkstraf vir die moord uit.
‘n Volledige verloop van die saak kan hier gelees.