|
Post by cjm on Nov 3, 2016 4:57:10 GMT
Dit laat my dink aan wynbeoordelings waar belanghebbendes by die uitslag sonder blik of bloos op die panele sit.
|
|
|
Post by Trog on Nov 4, 2016 6:49:09 GMT
Eintlik is 'n kompetisie vir skryfkuns sinneloos. Daar is geen manier om te besluit:- hierdie inskrywing is beter as daardie een nie. In sekere omstandighede is dit heel moontlik dat 'n rommelary aangewys kan word as beter as 'n formele sonnet. Dikwels sê die uitslag meer oor die (gebrek aan) bekwaamhede van die beoordelaars as oor die gehalte van die werk.
Die een seker uitkoms van so 'n kompetisie is dat almal suur is, behalwe die een persoon wat gewen het.
Ek dink dit kan slegs werk indien die werke beoordeel word aan die hand van 'n baie uitgebreide en eksplisiete vooropgestelde stel beoordelingspunte – sê maar goed soos styl, taalgebruik, vorm, betekenis, tersaaklikheid, ens, maar selfs dan mis mens eintlik die punt: “But is it art?”
|
|