|
Post by cjm on Jan 6, 2017 16:31:33 GMT
AfriForum en AfriSake betreur Eskom-hofuitspraakDit is vir my asof sedert die naamsveranderinguitspraak in die Konhof, die howe 'n vyandige houding inneem teenoor Afriforum. Onlangs het hulle ook pak gekry oor die taalkwessie by die Universiteite. Daar was ook 'n FB saak op Skelmbos waar die regter se houding basies was dat hulle nie die howe se tyd moet mors nie. Die houding hang moontlik saam met AfriForum se optredes en uitsprake by die VN. My oumagrootjie se sê-ding was "they can't take a correction": Hier is dit natuurlik die howe wat dit nie kan vat dat hul pseudo-reggestelde samelewing se vrotkolle uitgewys word nie. Hopelik is my siening dat die howe bevooroordeel is, verkeerd. Jy moet egter baie braaf wees, as jy 'n wit vel het, om te litigeer. 'n Paar eeue se onreg rus op jou.
|
|