Post by cjm on Mar 29, 2014 16:21:29 GMT
35 Reëls van Manwees:
1. As ’n klomp ouens KFC eet, moenie die ou wees wat net boudjies en die dye eet nie. Ja, die bors se witvleis is moerse droog, maar soms moet jy een vir die span vat.
2. Tattoeërmerke is nie ’n slim idee nie. Maar as jy een kry, sorg dat dit kleiner as jou voël is.
3. Jy mag slegs ’n two-tone hemp dra as jy boer.
4. As julle ’n paar ouens is wat kuier en jy loop vroëer, moenie te min geld los vir jou deel van die rekening nie. Daar is ’n woord vir sulke ouens: Maatjienaaiers.
5. Moenie die waiter moeilikheid gee as die kombuis opgeneuk het nie. En los altyd ’n tip, want dis waarvoor hulle werk. As die diens nie ’n tip werd is nie, sê so. Maar moenie jou tip weerhou en wegsluip soos ’n xxxx nie.
6. Moonbags is die afgelope twintig jaar al nie meer cool nie. Uitsondering: as jy ’n stalletjie by ’n vlooimark beman. Maar dan is jy sad vir ander redes.
7. Dis slegs oukei om onder die volgende omstandighede te huil: Ná ’n rugbywedstryd, as iemand in jou nuwe kar vasgery het of as jou hond doodgegaan het.
8. ’n Man draai nie sy ruite af as hy na harde musiek in sy kar luister nie. Want jy is die enigste ou in ’n seemyl-omtrek wat dink jou musiek is befok.
9. Volwasse mans dice nie by verkeersligte nie. Tensy dit twee kakwarm karre is.
10. Al wanneer jy ’n stompie by ’n motorvenster mag uitgooi, is wanneer jou lippe nog om die stompie is.
11. Jy lê nie aan by jou pêl se meisie of vrou nie. Ook nie by sy eks nie.
12. ’n Man hou altyd volle oogkontak wanneer hy praat met ’n vrou wat cleavage wys. Hy mag wel vinnig loer wanneer sy wegkyk.
13. ’n Man kla nie oor die soort bier wat ’n pel vir hom aanbied nie.
14. ’n Man poep nie voor ander mense nie. Tensy daar ’n hond naby is om dit op te blameer.
15. ’n Man drink nie helderkleurige drankies nie. Interessante feit: Rum & Raspberry is nie helderkleurig nie.
16. Jy mag net ’n ander ou in die eiers skop as jou lewe of ryding bedreig word.
17. Jy kyk nie na ’n ander ou se meneer by die piskrippe nie – óóit.
18. Jy mag net jou span se rugbytrui op Vrydae en oor naweke dra.
19. Net ’n xxxx gil en skree wanneer hy swaar weights in die gym gebruik. Dieselfde geld vir ouens wat hulle weights na ’n set neermoer. Tensy jy ’n Porra of ’n Griek is.
20. Moenie ’n langer tyd aan ’n telefoonoproep spandeer as wat jy kan steek nie.
21. As jy op jou selfoon praat, hoef jy nie harder te praat omdat die ou in ’n ander dorp is nie. Genuine.
22. Gepraat van selfone: As jy saam met pêlle kuier en iemand bel jou om kak te praat, sê hom jy bel later terug. Tensy die ou wat bel jou uitnooi op ’n all-expenses-paid jagtrip met Russiese strippers.
23. Mans ry nie lemmetjiegroen, pienk, babablou of geel karre nie. Swart is al klaar erg genoeg.
24. Mans gaan kyk nie na ballet of ysskaats nie. Behalwe as jy dit doen met ’n goeie rede – soos om ’n vrou te beïndruk en later te score; of as jy groot kak aangejaag het en weer in haar goeie boekies moet kom.
25. ’n Regte man bel nie die AA of BMW-On-Call voordat hy nie ten minste sy kar se bonnet opgemaak het, aan ’n paar goed gepeuter het en kopskuddend gefluit het nie.
26. Hy ry ook nie verby ’n vrou wie se motor ’n pap wiel het nie. Veral nie as sy mooi is nie.
27. ’n Man ry nie saam met ’n ander man in ’n afslaandakmotor nie. Tensy jy nie omgee dat die stil, single ou in die hoek by die werk – die een wat oor naweke blommerangskikkings by troues doen – jou verras met The Village People’s Greatest Hits vir Valentynsdag nie.
28. ’n Man weet dat jy nie oor ’n voertuig kan “beheer verloor” nie – jy gooi dit self weg omdat jy kak aanjaag.
29. Vrouens eerste. By deure en in die bed.
30. As jy ’n snaakse haarstyl wil dra, aanvaar dat ouens jou gaan kak gee. Tensy jy ’n bekende rugbyspeler is. Dan sny almal volgende week hulle hare soos joune.
31. As jou vrou of meisie baie jonger is as jy, aanvaar dat almal weet jy’s ’n bietjie van ’n pervert (en dat AL die ouens jaloers is op jou).
32. ’n Regte man kan meer soorte kos maak as vleisbraai en dronkgat-potjies.
33. As jy ’n ander man wil moer, moer hom. Moet hom nie met die vinger op die bors poke soos ’n houtwerkonderwyser nie. En wees bereid om die gevolge te dra.
34. ’n Man mag nie een sekonde langer met ’n fietsrybroek in die openbaar rondloop as wat absoluut noodsaaklik is nie.
35. ’n Vloekwoord op die regte tyd is soos sout op ’n tamatie. As jy te veel vloek verloor dit sy fokken effek.