Post by cjm on May 10, 2014 16:54:06 GMT
www.rapport.co.za/Rubrieke/JanTaljaard/Verpestelike-erfenis-van-rykes-se-gespog-20140503
Verpestelike erfenis van rykes se gespog
2014-05-03 23:06
[Jan Taljaard] Almal is seker nou al mooi moeg om oor verkiesings en 20 jaar se demokrasie te lees. Daarom skryf ek vandeesweek oor my verfoeilike swembad, eens simbool van die Afrikaner se geldkrag en nou die witste van alle voorstedelike olifante. Ek verpes die ding. Net vandeesweek moes drie sakke filtersand teen R100 per sak vervang word.
Dis nou bo en behalwe die gewone maandelikse onderhoudsuitgawes vir goed soos chemikalieë, vars water en ure se geploeter met ’n borsel, suigstok en ’n weerbarstige Kreepy. Laasgenoemde is mos soos ’n lui werker: Hou jy hom nie voltyds dop nie, gaan sit hy net in die hoek en mor.
Boonop: Om filtersand te vervang is die soort werk wat jy gewoonlik nie jou grootste vyand toewens nie. Dis vuil, moordend op die rug en hande – en daarna moet die ou sand nog by die munisipale stortingsterrein afgegraaf word. Dan is dit nog nie die einde van die smarte nie.
Ek moes al drie naaldbome afsaag omdat die naalde die filter bly verstop het en bekyk tans ’n ander blaarreus wat sal moet sneuwel.
Omdat die meeste voorstedelike swembaddens in die 1960’s en ’70’s hul beslag gekry het toe daar nog nie viertrekvoertuie was nie en welvarende Afrikaners op ander wyses moes spog, het hulle nou – 40 tot 50 jaar later – ernstige onderhoudsprobleme. Dit terwyl baie nou in die sorg van minder welvarende mense soos ek beland het. Deesdae is ’n gewone swembad in elk geval nie meer genoeg nie. Dit moet ’n infinity, verhitte of fire pool wees.
As al die geld en moeite tog net ’n doel gedien het. Maar in die Kaap duur ’n swemseisoen hoogstens van middel Desember tot einde Februarie.
Dit maak die 20 lengtes wat ek in die tyd aflê die duurste bewegings in die ganse wêreld. Gemeet in rand per meter, kos dit veel meer as wat dit was om op die Concorde te vlieg of op ’n plesiervaart saam met Kurt Darren te dobber.
Net toe ek dink ek kan nou nie meer nie, kom ons minister van kwotas, Fikile Mbalula, tot my waarskynlike redding. Kwotas, sê hy die afgelope week, beteken nie dat ons, soos Kenia, swemmers na die Olimpiese Spele moet stuur wat in die swembad verdrink nie.
Ek weet nie hoe Kenia daaroor voel nie, maar Bra Fiks kan gerus my swembad kom haal en vir mense gee wat dit nodig het. In die belang van nasiebou, swemmers wat kan swem en my beursie.