|
Post by cjm on Jul 14, 2014 18:54:43 GMT
maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/jesus-sou-tutu-veroordeel-oor-uitlatings-se-cdp/
Jesus sou Tutu veroordeel oor uitlatings, sê CDPDeur Nico Strydom op 14 Julie 2014 Die Christen-Demokratiese Party (CDP) sê hy is oortuig daarvan dat indien Jesus nog op aarde was Hy emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ‘n “seun van satan” sou genoem het. Ds. Theunis Botha, leier van die CDP, het die uitlating gemaak nadat Tutu die naweek gesê het hy steun genadedood. “Biskop Tutu het nou genadedood (selfmoord) gevoeg by sy steun vir aborsies en huwelike van dieselfde geslag, wat lynreg indruis teen die Woord van God,” het Botha in ‘n verklaring gesê. Botha sê Tutu het in sy soeke na die kollig nou die vriend van die vyand, eerder as ‘n vriend van God geword. “Ons is oortuig daarvan dat sou Jesus nou op aarde gewees het, sou Hy Tutu met dieselfde afkeer gegroet het as waarmee hy die fariseërs behandel het, en Tutu skynheilig, ‘n witgepleisterde graf en ‘n seun van satan genoem het.”
|
|