|
Post by cjm on Oct 15, 2018 6:48:25 GMT
|
|
|
Post by Trog on Oct 15, 2018 8:53:39 GMT
Dit is nie vir my duidelik waarom Pik eerder PW as Mulder as eerste minister sou verkies nie. Soos wat ek onthou was PW op daardie stadium hoegenaamd nie bekend as 'n hervormer nie - en die indruk wat Human wil skep is dat Pik gedryf was deur 'n begeerte na hervorming.
Vêrder dink ek ons Afrikaners moet wegbeweeg daarvan om mense se gedrag te probeer verdag maak deur staaltjies oor hulle voorliefde vir drank en vrouens. In my ervaring het dit selde 'n negatiewe korrelasie met bekwaamheid. Inteendeel!
Ek dink Pik was dalk eintlik 'n slagoffer van sy sukses by die wêreldhof - dit het aan hom uiterlik en ek vemoed selfs innerlik 'n statuur gegee wat hy nie opgewasse was om in stand te hou nie. Gevolglik was hy m.i. onregverdigbaar bombasties en ja, hier stem ek saam met Human, hy het gehou daarvan om homself te sien as 'n akteur in politieke dramatjies wat hy self saamgevlans het. Só het hy homself ook gruwelik vasgeloop in 'n onderhoud op Amerikaanse televisie met een van hulle beroemde onderhoudvoerders - ek kan nie sy naam onthou nie.
In elk geval: Sy pretensies ten spyt glo ek hy het aan die einde van die dag opreg gestrewe na wat hy gedink het die optimale uitkoms vir Suid Afrika kan wees. Ek stem saam met jou dat hy waarskynlik baie beter sou kon vaar as Roelf Meyer tydens die Kemptonpark onderhandelinge.
|
|
|
Post by cjm on Oct 15, 2018 11:33:03 GMT
Dit is nie vir my duidelik waarom Pik eerder PW as Mulder as eerste minister sou verkies nie. Soos wat ek onthou was PW op daardie stadium hoegenaamd nie bekend as 'n hervormer nie - en die indruk wat Human wil skep is dat Pik gedryf was deur 'n begeerte na hervorming. Vêrder dink ek ons Afrikaners moet wegbeweeg daarvan om mense se gedrag te probeer verdag maak deur staaltjies oor hulle voorliefde vir drank en vrouens. In my ervaring het dit selde 'n negatiewe korrelasie met bekwaamheid. Inteendeel! Ek dink Pik was dalk eintlik 'n slagoffer van sy sukses by die wêreldhof - dit het aan hom uiterlik en ek vemoed selfs innerlik 'n statuur gegee wat hy nie opgewasse was om in stand te hou nie. Gevolglik was hy m.i. onregverdigbaar bombasties en ja, hier stem ek saam met Human, hy het gehou daarvan om homself te sien as 'n akteur in politieke dramatjies wat hy self saamgevlans het. Só het hy homself ook gruwelik vasgeloop in 'n onderhoud op Amerikaanse televisie met een van hulle beroemde onderhoudvoerders - ek kan nie sy naam onthou nie. In elk geval: Sy pretensies ten spyt glo ek hy het aan die einde van die dag opreg gestrewe na wat hy gedink het die optimale uitkoms vir Suid Afrika kan wees. Ek stem saam met jou dat hy waarskynlik baie beter sou kon vaar as Roelf Meyer tydens die Kemptonpark onderhandelinge. In Leipold Scholtz se boek oor die weermag, word genoem dat PW nie Pik met geheime vertrou het nie, omdat hy alles uitgeblaker het. Pik het meermale van operasies gehoor nadat die koeël al deur die kerk was. Dit het hom woedend gestem omdat hy dan sonder behoorlike voorbereiding dit aan die media moes verduidelik. Dit laat my wonder (soos jy spekuleer) of die verhouding tussen hom en PW so joviaal was. Ek persoonlik dink dat hy gedink het dat hy 'n kans staan om President te word en dat, watter ooreenkomste hy hom ook al in begewe het oor sy stemme, dit ondergeskik was aan sy ambisies. Ek was in die skare die dag toe die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is en as dit van die populêre stem afgehang het, sou hy gewen het. Die skare het voor die afkondiging begin dreunsing "We want Pik, we want Pik"! PW is luidskeels geboe!
Een van Pik se blywende nalatingskappe is die vasstelling van die brandstofprys. In stede van reuse prysveranderinge oor lang intervalle het hy die *geniale* oplossing ingevoer om dit maandeliks aan te pas.
|
|
|
Post by Trog on Oct 15, 2018 13:34:44 GMT
Ek was in die skare die dag toe die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is en as dit van die populistiese stem afgehang het, sou hy gewen het. Die skare het voor die afkondiging begin dreunsing "We want Pik, we want Pik"! Dit is miskien interessant om te spekuleer wat sou gebeur het indien Pik wel gewen het. Op 'n manier dink ek amper verandering sou stadiger gebeur het, eerder as vinniger. My persepsie van Pik is nie as van 'n persoon wat besonder ' kragdadig' was nie, en sê wat jy wil van PW, ek dink nie enigiemand het al ooit sy doeltreffendheid, werketiek en integriteit in twyfel getrek nie - nie eers diegene wat hom die meeste gehaat het nie. Moontlik sou dit selfs tot gevolg gehad het dat die Konserwatiewe Party nie in 1982 dit nodig sou gevoel het om af te stig van die NP nie. PW sou self ook nog waarskynlik in die kabinet aangebly het as Minister van Verdediging, tesame met Mulder se regses. Ek dink Pik sou bitter min ruimte gehad het om na hartelus te manuvreuer. Aan die ander kant, Pik was 16 jaar jonger as PW, en gedurende 1989 sou hy 57 jaar oud gewees het, teenoor PW se 73. Ek twyfel of daar 'n rewolusie sou plaasgevind of sou geslaag het wat van FW die president sou maak. Dus, miskien sou Suid Afrika 1990 binnegegaan het met Mandela nog steeds in die tronk, die ANC en SACP nog steeds as vebanne orginisasies, en Pik as president met PW, Treurnicht and De Klerk as deel van die kabinet. Dit sou sonder twyfel betekenisvol bygedra het tot die gebeurtenisse wat daarna plaasgevind het.
|
|
|
Post by cjm on Oct 15, 2018 16:51:48 GMT
Ek was in die skare die dag toe die uitslag van die verkiesing bekend gemaak is en as dit van die populistiese stem afgehang het, sou hy gewen het. Die skare het voor die afkondiging begin dreunsing "We want Pik, we want Pik"! Dit is miskien interessant om te spekuleer wat sou gebeur het indien Pik wel gewen het. Op 'n manier dink ek amper verandering sou stadiger gebeur het, eerder as vinniger. My persepsie van Pik is nie as van 'n persoon wat besonder ' kragdadig' was nie, en sê wat jy wil van PW, ek dink nie enigiemand het al ooit sy doeltreffendheid, werketiek en integriteit in twyfel getrek nie - nie eers diegene wat hom die meeste gehaat het nie. Moontlik sou dit selfs tot gevolg gehad het dat die Konserwatiewe Party nie in 1982 dit nodig sou gevoel het om af te stig van die NP nie. PW sou self ook nog waarskynlik in die kabinet aangebly het as Minister van Verdediging, tesame met Mulder se regses. Ek dink Pik sou bitter min ruimte gehad het om na hartelus te manuvreuer. Aan die ander kant, Pik was 16 jaar jonger as PW, en gedurende 1989 sou hy 57 jaar oud gewees het, teenoor PW se 73. Ek twyfel of daar 'n rewolusie sou plaasgevind of sou geslaag het wat van FW die president sou maak. Dus, miskien sou Suid Afrika 1990 binnegegaan het met Mandela nog steeds in die tronk, die ANC en SACP nog steeds as vebanne orginisasies, en Pik as president met PW, Treurnicht and De Klerk as deel van die kabinet. Dit sou sonder twyfel betekenisvol bygedra het tot die gebeurtenisse wat daarna plaasgevind het. Ek hou van jou laaste opmerking - 'n onderbeklemtoning as ek al een gesien het!!! Daar sou vuurwerke gewees het.
Die kwessie is seker al debateer, maar was De Klerk so 'n ooglopende herformingspriester? Ek dink hy was uiters opportunisties en selfs roekeloos. Was die koukus so herformingsgesind? Indien wel, was Pik eintlik 'n sterker kandidaat in die lig van sy verligte uitsprake.
My mening is dat die verandering onder Pik baie stadiger sou plaasgevind het. Ek dink Mandela sou mettertyd wel losgelaat gewees het Dit was 'n te aantreklike (en ten dele, maklike en veilige) opsie om nie te gebruik nie. Elke toegewing sou met groot debat geskied het en miskien beter gefundeer gewees het. Die druk op die land sou waarskynlik geweldig toegeneem het. Die val van die Berlynse muur sou moontlik ook hervorming aangeblaas het (soos dit De Klerk omgeblaas het). Dit sou miskien vir ons meer tyd gekoop het en miskien 'n sterker federale stelsel tot gevolg gehad het.
|
|
|
Post by cjm on Oct 17, 2018 5:04:55 GMT
|
|
|
Post by cjm on Oct 19, 2018 6:54:51 GMT
In gister se Burger spreek Leopold Scholtz ook die mening uit dat Pik beter as Roelf sou gevaar het met die onderhandeling in die negentigs (p14).
Hy noem Pik 'n "meesteronderhandelaar".
Hy werp nie lig waarom De Klerk nie Pik ingespan het nie.
Die "beter" kwalifiseer hy in die lig van die beperkinge wat gegeld het, maar stel dit tog dat die detail waarskynlik anders daar sou uitgesien het.
Ek dink in die ANC se sukses moet 'n mens nie onderskat dat hulle mense soos Fink Haysom en die regsfakulteite van UCT en Wits agter hulle gehad het nie - om van internasionale swaargewigte nie eers te praat nie. Hulle was ook vertroud met die heersende diskoers wat internasionaal gegeld het - gedagte-rigings, die grondwet van die VSA en Kanada. Hierdie was onontginde terrein vir die Nasionale Party wat vir dekades gedagterigings gevolg het wat vreemd en in opposisie hierteenoor gestaan het. Dit het my verbaas hoe gou die Natte die terminologie van inklusiwiteit, menseregte, gelykheid en kleurblindheid aangeleer het - en die gepaardgaande gesanik: tog was baie daarvan vir hul volksvreemd.
|
|
|
Post by cjm on Oct 19, 2018 8:15:09 GMT
Die enigste deel van hierdie geskrif wat die moeite werd is om te lees, is die aanhaling uit Richard III.
Pik het ontken dat hy by die ANC aangesluit het.
|
|