Post by cjm on Oct 21, 2018 19:06:29 GMT
Amerika en die Anglo-Boere Oorlog
Wat hier volg is bloot ‘n kort oorsig van die boek Uncle Sam, Oom Paul en John Bull: Amerika en die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 deur Louis Changuion. Ek regverdig my paar woorde oor die boek op die basis dat daar bitter min op die internet oor die boek is en dit na my mening ‘n wyer blootstelling onder die algemene publiek verdien.
Die boek is reeds in 2001 gepubliseer, is deeglik nagevors (ook oorsee) en is ‘n weergawe van Changuion se proefskrif vir sy doktoraat in geskiedenis. Dit is seker bedoel as ‘n hardebandkoffietafelboek (200 x 254 x 200 mm), is op glanspapier gedruk met baie foto’s en illustrasies. Dit lees maklik en onderhoudend.
Dit is verbasend dat daar steeds belangrike publikasies oor die oorlog verskyn Die omvang daarvan blyk uit die volgende:
Die boek se buite-agterblad verskaf die volgende algemene oorsig van die inhoud:
Hierby wil ek ‘n paar dinge voeg wat die boek openbaar.
Die Vrystaat en Transvaal-republieke het verteenwoordigers in Europa en Amerika gehad. Dr Leyds, wat in Europa was as spesiale gesant van die Transvaal, was in Brussels gestasioneer en die personeel van alle konsulate het onder hom geval (pp40-41). Hy het ene Montague White na die VSA gestuur as verteenwoordiger (pp102-103). Die VSA het op sy beurt verteenwoordigers in onder andere die Transvaal en Kaap gehad. Die aanvanklike verteenwoordigers in die Transvaal (Macrum en Hollis) was die Boere goedgesind. Macrum was ook getaak om na Britse belange in die Transvaal om te sien. Die Transvaal het dit teensinnig aanvaar. Daar is ook sprake dat die Britte mense in daardie posisie wou gehad het, wat op die Republieke kon spioeneer (p76, p80).
Die Staatsekretaris in die VSA, John Hay, sou een van die grootste struikelblokke wees om Amerika so ver te kry om iets aan die oorlog te doen. Hy was baie Brits gesind (pp26-27, p73). Macrum (toe VSA-gesant in die Transvaal) was nie gelukkig met die rigting van die VSA se houding teenoor die Boere nie en na botsings met Hay, is hy in die pad gesteek. Hay het toe sy seun in die Transvaal as VSA – gesant aangestel. Dié het via London Suid-Afrika toe gekom. Die paar dae in London is hy hartlik ontvang en trakteer. Hy was 22 jaar oud (p82).
Van die Jameson-invalvoorbokke was Amerikaners (Hammond) -p16. Die Amerikaners het belange in die myne gehad (p43). Hulle het voordeel getrek uit handel met die Republieke en ook via Brittanje uit die goud wat in SA gemyn is. Baie Amerikaners het die Rand verlaat by die uitbreek van die oorlog, ander weer het of aan Boerekant of aan Britse kant geveg (p48). Daar was ook voor die tyd ‘n dispuut of hulle verplig kon word om kommando-diens of polisiediens te verrig.
Bostaande word weergegee om aan te toon dat die Republieke ‘n relatiewe gesofistikeerde interaksie met vreemde moondhede en ook die VSA gehad het. Dit mag wees dat hulle by tye nie die korrekte protokol gevolg het nie, dat die optredes nie goed gekoördineer was nie, onkunde, korrupsie met geskenkte geld, maar dit doen nie afbreek aan die feit dat hulle bewus was van wêreldstrominge en dit probeer beïnvloed het nie (p204).
Die VSA het amptelik ‘n beleid van neutraliteit gevolg en daaragter geskuil om die Britte te bevoordeel. Hulle het by herhaling daarin geslaag om die kwessie van mediasie tussen die Boere en die Britte te ontduik en dit ten spyte van ‘n amptelike afvaardiging na die VSA om President McKinley te gaan sien. Hay het dit duidelik gemaak dat die VSA nie gaan inmeng nie (p135) en daar was slegs 'n kort nie-amptelike besoek aan McKinley wat hulle die uitsig gewys het vanuit die Withuis (p139). Hulle het in elk geval die land deurtoer en byeenkomste toegespreek. Een van die 3 afgevaardigdes was Bram Fischer se oupa. Geld is ingesamel vir die Republieke. Hulle is wyd ondersteun deur die gewone Amerikaners. Hulle het die nuusberigte oorheers. 'n Latere tweede afvaardiging was na President Roosevelt toe (p185) - ook sonder resultate. In Europa is ook pogings aangewend om druk op Brittanje te plaas. Rusland was een wat probeer help het (p175). Die Konsulgeneraal in Nederland, dr Hendrik Muller, het 'n geheime besoek aan die VSA gebring en onder andere 'n aantal lesings by Harvard gegee in die tyd van die tweede afvaardiging (p173).
Selfs nadat die simpatieke Theodore Roosevelt President geword het na McKinley se sluipmoord, het Hay daarin geslaag om die Republieke se toenadering te neutraliseer. Die konsentrasiekampe is geïgnoreer (p171;p176;p179;p187). Roosevelt was van mening dat die Boere deur sowat 90% van die VSA- bevolking ondersteun is. Dit het egter nie Hay se mag kon breek nie (p204). Die vele pogings wat aangewend is om Brittanje so ver te kry om toe te stem tot beslegting van die geskil het elke keer weer hoop in die Republieke laat opvlam (p118;p123;p130;p143;p154;p156;p176). Dit het moontlik bygedra tot die langdurige stryd.

The author [Wessels] identified 139 Master’s and 84 Doctoral studies that
focus exclusively on the war, as well as 125 Master’s and 212
Doctoral studies that deal to some extent with the conflict.
…
Two lists are provided, comprising all 560 Anglo-Boer War studies
completed in the century between 1908 and 2008.
focus exclusively on the war, as well as 125 Master’s and 212
Doctoral studies that deal to some extent with the conflict.
…
Two lists are provided, comprising all 560 Anglo-Boer War studies
completed in the century between 1908 and 2008.
Die boek se buite-agterblad verskaf die volgende algemene oorsig van die inhoud:
Was Amerika in die Anglo-Boereoorlog betrokke? Indien wel, tot watter mate? Sedert die stigting van die republieke was die verhouding tussen die Boererepublieke en die VSA aanvanklik besonder goed, maar dit is spoedig deur ’n reeks gebeure vertroebel. In Suid-Afrika was dit veral die invloed van die groeiende Uitlander-gemeenskap ná die ontdekking van goud en die verbeterde verhouding tussen die VSA en Brittanje wat die skaal in die guns van Engeland laat swaai het. Met die uitbreek van die oorlog het die Amerikaanse regering op ’n neutrale beleid besluit, maar weldra tog ’n pro-Britse houding ingeneem. Tog was die meerderheid van die Amerikaanse bevolking beslis Boergesind. Nog voor die aanvang van die oorlog en vir die volle duur daarvan het die Boererepublieke gepoog om die Amerikaanse regering te oorreed om deur middel van arbitrasie (of bemiddeling) die oorlog te stop. Die omvangryke Boerepropaganda veldtog in die VSA was ook in ’n groot mate daarop gerig om hierdie ingryping te bewerkstellig. Maar dit was veral die verskaffing van Amerikaanse perde aan die Britse leër in Suid-Afrika wat ’n belangrike twispunt geword het. Hoe het dit alles die verloop van die oorlog beïnvloed?
Hierby wil ek ‘n paar dinge voeg wat die boek openbaar.
Die Vrystaat en Transvaal-republieke het verteenwoordigers in Europa en Amerika gehad. Dr Leyds, wat in Europa was as spesiale gesant van die Transvaal, was in Brussels gestasioneer en die personeel van alle konsulate het onder hom geval (pp40-41). Hy het ene Montague White na die VSA gestuur as verteenwoordiger (pp102-103). Die VSA het op sy beurt verteenwoordigers in onder andere die Transvaal en Kaap gehad. Die aanvanklike verteenwoordigers in die Transvaal (Macrum en Hollis) was die Boere goedgesind. Macrum was ook getaak om na Britse belange in die Transvaal om te sien. Die Transvaal het dit teensinnig aanvaar. Daar is ook sprake dat die Britte mense in daardie posisie wou gehad het, wat op die Republieke kon spioeneer (p76, p80).
Die Staatsekretaris in die VSA, John Hay, sou een van die grootste struikelblokke wees om Amerika so ver te kry om iets aan die oorlog te doen. Hy was baie Brits gesind (pp26-27, p73). Macrum (toe VSA-gesant in die Transvaal) was nie gelukkig met die rigting van die VSA se houding teenoor die Boere nie en na botsings met Hay, is hy in die pad gesteek. Hay het toe sy seun in die Transvaal as VSA – gesant aangestel. Dié het via London Suid-Afrika toe gekom. Die paar dae in London is hy hartlik ontvang en trakteer. Hy was 22 jaar oud (p82).
Van die Jameson-invalvoorbokke was Amerikaners (Hammond) -p16. Die Amerikaners het belange in die myne gehad (p43). Hulle het voordeel getrek uit handel met die Republieke en ook via Brittanje uit die goud wat in SA gemyn is. Baie Amerikaners het die Rand verlaat by die uitbreek van die oorlog, ander weer het of aan Boerekant of aan Britse kant geveg (p48). Daar was ook voor die tyd ‘n dispuut of hulle verplig kon word om kommando-diens of polisiediens te verrig.
Bostaande word weergegee om aan te toon dat die Republieke ‘n relatiewe gesofistikeerde interaksie met vreemde moondhede en ook die VSA gehad het. Dit mag wees dat hulle by tye nie die korrekte protokol gevolg het nie, dat die optredes nie goed gekoördineer was nie, onkunde, korrupsie met geskenkte geld, maar dit doen nie afbreek aan die feit dat hulle bewus was van wêreldstrominge en dit probeer beïnvloed het nie (p204).
Die VSA het amptelik ‘n beleid van neutraliteit gevolg en daaragter geskuil om die Britte te bevoordeel. Hulle het by herhaling daarin geslaag om die kwessie van mediasie tussen die Boere en die Britte te ontduik en dit ten spyte van ‘n amptelike afvaardiging na die VSA om President McKinley te gaan sien. Hay het dit duidelik gemaak dat die VSA nie gaan inmeng nie (p135) en daar was slegs 'n kort nie-amptelike besoek aan McKinley wat hulle die uitsig gewys het vanuit die Withuis (p139). Hulle het in elk geval die land deurtoer en byeenkomste toegespreek. Een van die 3 afgevaardigdes was Bram Fischer se oupa. Geld is ingesamel vir die Republieke. Hulle is wyd ondersteun deur die gewone Amerikaners. Hulle het die nuusberigte oorheers. 'n Latere tweede afvaardiging was na President Roosevelt toe (p185) - ook sonder resultate. In Europa is ook pogings aangewend om druk op Brittanje te plaas. Rusland was een wat probeer help het (p175). Die Konsulgeneraal in Nederland, dr Hendrik Muller, het 'n geheime besoek aan die VSA gebring en onder andere 'n aantal lesings by Harvard gegee in die tyd van die tweede afvaardiging (p173).
Changuion wys daarop dat die VSA deur die vriendelike verhouding met Brittanje dit makliker gevind het om in onderhandelinge met die Britte Alaska se grense tot hul voordeel te beklink. Voorts het hulle hul sin met Brittanje oor die Panamakanaal gekry (p170). In die agtergrond was ook die Amerikaanse-Spaanse oorlog van 1898 waar die VSA deur Brittanje ondersteun is (p203). Die VSA kon kwalik die Britte se doen en late in Suid-Afrika te kritiseer terwyl hy dieselfde in die Filippyne gedoen het (p177;p203). Daar was ook ‘n Anglosaksiese eenheidsgees van meerderwaardigheid wat geheers het in Brittanje en die VSA (p204). Ook die kwessies van die Samoa -eilande en die beleid teenoor China in die VSA se guns beklink (p74)
Selfs nadat die simpatieke Theodore Roosevelt President geword het na McKinley se sluipmoord, het Hay daarin geslaag om die Republieke se toenadering te neutraliseer. Die konsentrasiekampe is geïgnoreer (p171;p176;p179;p187). Roosevelt was van mening dat die Boere deur sowat 90% van die VSA- bevolking ondersteun is. Dit het egter nie Hay se mag kon breek nie (p204). Die vele pogings wat aangewend is om Brittanje so ver te kry om toe te stem tot beslegting van die geskil het elke keer weer hoop in die Republieke laat opvlam (p118;p123;p130;p143;p154;p156;p176). Dit het moontlik bygedra tot die langdurige stryd.
Kort voor die uitbreek van die oorlog is ‘n Vredeskonferensie van 26 state in Den Haag gehou (p60). Die Republieke was nie uitgenooi nie en die rede was moontlik om nie Brittanje te ontstel nie. Daar is spesifiek besluit dat neutrale state mag medieer in geskille en dat sodanige state hulle kon beroep op ‘n hof van arbitrasie. Die hof het later geweier om ‘n aansoek van die Republieke aan te hoor (dit was die eerste aansoek na die hof) (p175). Daar is ook besluit dat perde kontrabande (verbode oorlogsware) was waarop beslag kon gelê word indien dit deur ‘n neutrale moondheid verskaf is (p192). Ten spyte hiervan het die VSA bykans 200 000 perde en muile van New Orleans af direk na SA vir die Britte verskeep. Die duisende personeel op die skepe om die perde te vervoer, het 'n werwingsarea vir die Britte geword om hul magte in SA aan te vul. Om alles te kroon het die VSA sowat 25% van die Britte se oorlogskoste via Morgan gefinansier. Een van die gevolge van die perde se invoer was die Amerikaanse kosmosblom wat saam met perdevoer na Suid-Afrika verskeep is (p197). Dit is maar een van die peste wat saam met perdevoer verskeep is.
Pakenham (1979) p381 sê: "Robert's grand army swallowed horses as a modern army swallows petrol". In totaal het die Britte deur 400 346 perde muile en donkies gegaan (ibid p572). Hulle het in 'n swak toestand in SA aangekom (ibid p381), maar 'n mens wonder of daar nie maar swak na hulle gekyk is ook nie. Changuion se opmerking oor kosmosblomme het ek gegee, maar as 'n mens Bromilow raadpleeg (1996) is daar 6 probleemplante wat tydens die oorlog in perdevoer ingevoer is vanaf die Amerikas, waarvan kosmosblomme wel een is, maar wat inheems is aan Sentraal-Amerika. Slegs een (Demoina weed) - p134- is 'n Noord-Amerikaanse plant (VSA). Miskien is voer vanaf die ander Amerikas verskeep na die VSA en toe na SA. Miskien is dit direk vanaf veral Suid-Amerika verskeep. Perde (en waarskynlik voer) is ook vanaf Argentinia na SA verskeep (Pakenham p381).
Die Boere het dus teen beide Brittanje en die VSA geveg.