Post by cjm on Aug 10, 2014 16:27:53 GMT
Ons Afrikaners het n oulike manier om n ding te beskryf. Die term Blinde Sambok verwys na n situasie waartydens jy n strik vir iemand stel,en dan self daarin val. Dit is egter geensins oulik as jy self daardeur gaan nie.
In die vroeë negentigs het ek n werker gehad met die naam James.
Hy het die besonderse vermoë gehad om my daagliks teen die mure uit te dryf. Hy sou die Dalai Lama en Ghandi in psigopate kon verander binne twee minute.
Sy ergste wandaad was egter om drank te steel, nie enige drank nie, maar my Red Heart.
Nou vir die van julle wat my ken, sal weet dat ek redelik emosioneel kan raak oor Red Heart. Dit is die edelste vog wat nog uitgevinne is. Ek sal die persoon wat dit uitgevind het prys tot drie dae na sy dood.
Ek weet nie hoe die Seun van Afrika dit reggekry het nie, maar my Red Heart het verdwyn, en elke keer wat dit gebeur het, was die Donner gesuip. Oom Jan Diamantjies was n goeie vriend. Terloops , sy naam verwys nie na sy sukses as Diamantsmokkelaar nie, maar aan sy gewoonte om die Elfde Gebod gereeld te verontagsaam. Die Elfde Gebod,vir die van julle wat nie weet nie,lui, "jy sal nie gevang word nie." Hy, en die manne van die SAP se Goud en Diamanttak,was al amper op eerste-naam terme, en meer vriende as opponente.
Oom Jannie het, in sy wysgeid, besef dat, indien die drankstelery nie gaan eindig nie, ek in die tronk gaan beland weens die moord op James, wat al in n gevorderde stadium van beplanning was.
Hy het op n Maandagoggend by my aangekom met n klein Bruin botteltjie, waarop die naam, Croton Oil geskrywe was. Hy het my in kennis gestel dat die inhoud van die Bottel,daadwerklik sou bydrae tot James se absolute rehabilitasie. Twee of drie druppels in n halwe bottel Red Heart sou James genees van sy gewoonte om drank te steel, so veel so, dat indien hy die gevolge van die Croton Oil sou oorleef, hy moontlik homself sou kon bekere.
Croton Oil,het oom Jannie aan my verduidelik, was n vreesaanjaende purgasiemiddel, sou jy dit inkry, gaan jou maag verskriklik aan werk en jy gooi blykbaar vreeslik op.
Ek het toe maar besluit om n halwe bottel Red Heart op te offer om n einde te maak aan die gestelery. Ek het nie twee of drie druppels, soos oom Jannie aan my gesê het, in die bottel ingegooi nie, maar twee of drie teelepels van die Bruin vloeistof. Ek het die bottel onder gemerk deur n wit kruis met Tippex op te sit.
Soos verwag,het die drank weer verdwyn,van die halwe bottel het net n kwart oorgebly. James het terselfdertyd ook verdwyn. Hy was vir n week lank in die Hospitaal. Toe hy terugkom,was hy n goeie tien Kilogram ligter en het hy my drank ten alle kostes vermy.
Tyd het verbygegaan en geen, maar geen van my drank het weer verdwyn nie.
Ek, oom Jannie, Dirk en n jongeling het een Saterdag gaan eende jag. Dit was in Juniemaand. Nou ,vir die van julle wat Standerton se klimaat ken, sal saamstem dat daar in die Winter net n sifdraad tussen die plek en die Suidpool is. Dit was moer koud.
Ons het, met ons terugkeer, in die Lapa gaan sit om n reuse vuur, net om weer gevoel terug te kry. Die jongeling is aangestel as Kroegman vir die aand se verrigtinge.Weens die koue en ontbering, moes ons n redelike hoeveelheid Rum verorber om weer lewe te kry. Die eerste bottel het nie lank gehou nie en die kuier het al te gesellig begin verloop.Die kroegman het hom ook uitermatig goed van sy taak gekwyt.
Na nog n rondte deur die jongeling aan ons gelewer is, het oom Jannie, na n paar slukke, n snaakse uitdrukking op sy gesig gekry. Ek het ook die gevoel gekry dat die Rum effe anders smaak maar het maar aanhou drink.
Oom Jannie het ongemaklik op sy stoel begin rondskuif en effens bleek om die kiewe begin raak. Hy het skielik doodstil geraak, toe opgespring,en met n moerse spoed koers gekies Populierbos se kant toe. Ek en Dirk het nog niks makeer nie. Oom Jannie het na n ruk teruggekeer en my gevra wat ek met die bottel Rum, wat ek vir James gedokter het, gedoen het. Ek het vir hom gesê dat daar nie veel oor was nie en dat die bottel gemerk was. Oom Jannie het gese dat ek en hy weet dat die bottel gemerk was, maar dat hy twyfel of die jong stront wat kroegman is, dit ook geweet het.
Ons het die jongeling vinnig nader geroep en gevra dat hy die bottel ,waaruit die laaste rondte gekom het, moet saambring.Toe ons die bottel omkeer, is ons ergste vrese bewaarheid, 'n wit kruis was duidelik aan die onderkant sigbaar. Oom Jannie was ewe skielik nie meer effens bleek nie maar doodsbleek. Hy het in n bewerige stem vir my gevra hoeveel Croton Oil ek in die bottel gegooi het.Toe ek hom die antwoord gee, het hy grasgroen begin raak. Die sweet wat op sy voorkop uitgeslaan het, het onbeskaamd gemeng met die trane wat uit sy oe gestroom het. Sy onderlip het onbeheerst begin rondspring. Ek het gereken dat slegs oom Jannie geaffekteer was. Net toe ek gerus begin raak, het dit ewe skielik gevoel asof iemand n slinger by my naeltjie ingedruk het,en met rukbewegings begin draai het.
Ek en Dirk het feitlik gelyk by die draadhekkie uitgekom wat Populierbos toe gelei het, uitgekom,oom Jannie was reg agter ons. Daar het ek gesien dat n man sy broek,onderbroek,kouse en skoene , terwyl hy voluit hardloop,uittrek.
Ek wou Dirk nog komplimenteer oor die besondere prestasie, toe ek besef dat ek besig is om dieselfde te doen. Mens,almal van ons wat in die Weermag was, weet wat gyppoguts was.Wat toe gevolg het, sou die ergste Army gyppoguts na 'n patetiese, flou grappie laat lyk.Mense, dit was verskriklik, dit was werklik n strontspul van formaat. Ek was eers bang ek gaan vrek en het toe maar gewens dat ek gaan vrek.
Die situasie het toe verander van sleg na verskriklik beroerd.Ons het onbeheerst begin opgooi, nie katte geskiet nie maar hulle gelanseer. Die Amerikaners het n beskrywende term daarvoor. Hulle noem dit VIOLENT PROJECTILE VOMITING.
Die jongeling het intussen, heel beangs, ons vrouens gaan roep. Nou,die dames met wie ons op daardie stadium getroud was se simpatievlak met ons het gewissel tussen min en 4call. Toe hul egter sien hoe gehawend en beroerd ons gelyk het, het hulle dadelik vir Dok Meyer gebel. Hy het, nadat hy gehoor het van die Croton olie, onmiddellik sy kollega op Standerton gekontak en hom gesê hy moet solank by die Hospitaal vir ons wag.
Wat toe gevolg het was werklik vernederend, die vrouens het ons agterop die Blou F100 bakkie gelaai, broekloos en kaalpoot, hulle het darem vir ons elkeen n handdoek gegee om die Kaart en Transport gedeelte toe te hou. Die koue was in elk geval so erg dat jy n vergrootglas nodig sou gehad het om enigiets van belang te kon sien. Ons is toe afgevoer Hospitaal toe,waar ons die volgende mislike drie dae spandeer het. Met al die drade en drips het ons gelyk soos drie Frankensteins in wording.
Ek het darem die volgende dag my spraak teruggekry en by monde van my vrou n boodskap vir James gestuur. Hy het duidelik die boodskap gekry, toe ek terug op die plaas kom, was hy en sy stroois weg Ek het, gelukkig vir hom, nooit weer raakgeloop nie.
Oom Jannie het n paar dae later opgedaag, toe ek hom groet het hy net geknor. Hy het my gevra waar die oorblywende Croton OIL is, dit toe gevat en my duidelik in kennis gestel dat ek te onverantwoordelik is om so iets te besit.
Dirk en oom Jannie het my darem na n ruk vergeef, maar dit was opmerklik dat hulle, as hulle kom kuier , hul eie bottels drank saamgebring het. Hulle het ook,voordat hulle iets geskink het, die bottels omgekeer en duidelik ondersoek vir enige tippex merke.