|
Post by cjm on Nov 29, 2017 5:07:28 GMT
snow angels in victoria 28 minute oor 11 tik ek ’n boodskap aan myself sodat ek môre herinner kan word dat enige iets 'n gedig kan wees dis maandag ons probeer die naweek se kalorieë wegdraf dinsdag vergaan ons in die biblioteek en wag vir woensdag se halfprys-nachos donderdagoggend mis ons almal ons 8-uur-klasse en vrydagaand maak ons snow angels in victoria saterdagmiddag klim ons tot by die bruggie op die berg en praat oor eendag en gister en miskien en sondag slaap ons laat en bestel koshuis-breakfast dan gaan ons kerk toe en belowe om dié week beter te wees voordat ek 25 voor 12 my alarm stel om betyds te wees vir die nuwe week en weer weet dat die hele Stellenbosch eintlik uit versreëls bestaan Elodi Troskie Uit: Nuwe Stemme 6Wat is snow angels in victoria?
Antwoord: Slaan dit na in Urban Dictionary
|
|
|
Post by Trog on Nov 29, 2017 7:47:31 GMT
Vir my is Carina Stander en Bibi Slippers die 2 belowendste digters in Afrikaans, vir 'n hele paar jaar, al. Dit is natuurlik 'n persoonlike voorkeur - ek is nie regtig 'n kenner nie.
|
|
|
Post by cjm on Nov 29, 2017 13:15:23 GMT
Vir my is Carina Stander en Bibi Slippers die 2 belowendste digters in Afrikaans, vir 'n hele paar jaar, al. Dit is natuurlik 'n persoonlike voorkeur - ek is nie regtig 'n kenner nie. Self maar 'n amateur, maar met Bibi kan jy nie te ver verkeerd gaan nie: Sy het omtrent elke prys in die land gewen. Nie dat ek al enige van haar gedigte gelees het nie. Ek hou van Carina se gedigte. In elk geval, troos ek myself, as net kenners gedigte lees en opinies daaroor het, sal dit nog meer beroerd gaan met die digkuns. Nuwe Stemme 6 is deels deur Bibi saamgestel.
|
|
|
Post by cjm on Nov 30, 2017 5:25:18 GMT
dis 2017 en almal dra chokers
daar is meisies in my klas wat nog nooit iemand gesoen het nie en daar is meisies wat al kinders het en ek ken ouens met sleeve tattoos en ander ouens wat te bang is om gaatjies in hul ore te skiet en voor my sit 'n kringleier van die kerk en agter my sit iemand wat haarself naweke ’n paal- danser noem (omdat sy wil of omdat sy moet - dit betaal darem haar huur) en sy lyk altyd so gelukkig want dis 2017 en almal dra chokers alles is okay solank jy dit kan regkry om kuns te maak uit ’n droë maandagoggend dis 2017 en as iemand oor 'n honderd jaar 'n foto van ons moet sien sal hulle geen idee hê waarmee ons besig is nie en ek wonder of hulle my instagram-foto van ’n filterkoffie so romanties sal vind soos ek oor 'n verbleikte foto uit die 1950's voel en of hulle net sal weet dat als okay is want dis maandag en ek dra my nuwe choker en sit langs die ou met die spul tattoos en my oor brand want ek het nog 'n gaatjie laat inskiet
Elodi Troskie Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 1, 2017 5:31:29 GMT
Familiekroniek van 'n matriarg
Johanna Magdalena Retief se pastorie-oë kyk verstom deur die portretglas na die sondes van haar kleinkinders.
Haar kroos is soos ornamentjies om haar gerangskik, haar makgemaakte kiewietman aan haar sy - sy stembande jare gelede reeds saam met die slaggoed gebiltong.
Sy het haar kinders goed grootgemaak: haar seuns buig soos Josefbroers
voor hulle vrouens en haar polisdogters het platinum oujongnooistatus bereik.
Met kantkragle in die graf verwag sy dat God “binnekort haar klemkinders sal straf.
Marthé McLoud Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 2, 2017 9:10:47 GMT
Duskant Hennenman
Die spoorlyn wat glinster, genadige God, dit was so helder! Byna soos die tapekassierefleksie, agter in Pa se Ford. Ek het geweet haar bloublomrok sal my eendag kelder. En vir my sou haar "wees" 'n "onthou jy" word.
Ek het deur die mensegemaal gestoei op soek na jou op die perron.
Maar jy was klaar in die kompartement
op pad na daai swernoot/hond/bliksem/slegmoer, op pad na hóm. Hom. Jirre.
Soos trein 1003 die stasie verlaat het ek direk in die son gestaar: Dalk sou blindheid die trane ook wegbrand, die ingebrande kolle op my pupille, die verwyt insluk? In die agterste wa het ekjou bloublomrok, 'n gedeelte van, gewaar En die onbeheerste geruk van my hande het net vir ‘n oomblik bedaar.
Ek het Pa se Ford gestart en gehoor hoe die enjin hub-hub en spin. Net duskant Hennenman het ek beheer oor die drieliter verloor. Die stuurwiel het deur my bors gedring, en daai trein se fluit nou al seker naby aan fokken Koppies, vir my vir altyd vir ewig naby Koppies was die laagte wat ek gehoor het.
John Jack Smith Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 3, 2017 5:45:20 GMT
Biologieklas
Kinderstemme tjirp-tjirp soos die fles van skoolbank tot skoolbank opgetel en bekyk word.
Die kind se oë span styf. Sy ruk, laat val die bottel met die aangeeslag. Die klas lag.
Die klaskamer begin om haar te dobber en dryf soos die opgekrulde slang wegrol van haar onderlyf.
Die reptiel se tong flits in-uit: Sjuut dit is ons geheim net ons geheim net ons
Marthé McLoud Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 4, 2017 5:35:06 GMT
sieners
die futuriste se prognose is helder: “dankie" se dae is getel! geheime word eersdaags ontbloot! kopiereg en plooie en spelling oudstryders aftrede sakdoeke die gedrukte koerant faksmasjiene rus en vrede soekenjins harde kontant oplaas, so wil dit blyk, die gans menslike ideëryk
sela
teen 2050 sterf die dood uit, wis die voorspellers nou as ons maar net, DV, tot dan kan uithou
Angie Gallagher Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 5, 2017 5:26:52 GMT
nagboer
om oop te spalk, nét reg te vat langsamerhand in die bedding te woel klamte slaan op, die grond is nat vir kultiveer, maar sonder saad om eiehandig te dol die stuwing na die einde laat 'n blos van nagloed met 'n snak soos rose teen die nek uitrank o, seisoenaal, die almanak van asters dié vrug is vrank dié lekker's maar 'n vinger lank
Angie Gallagher Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 6, 2017 5:25:21 GMT
Memento moriAgteruit gewieg - teen jou vas. Heupe lank reeds klaar met die Smaller Weg van in en uit en inasem teen 'n oorbekende minnaar se handpalm. Later spoor jou vingers oor my sleutelbeen (oor my borste, my bobeen) - die soet kneusplekke na: magenta diepblou indigo. Memento mori. More is weer serpdag. Donnay Torr Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 7, 2017 5:28:09 GMT
Saterdagkennis
Vroegoggend op pad na kleindorpse Saterdagtennis plat op die agtersitplek van Dad se kar My hand trek ritmes in die lug krabbel ligpatrone op my bene skop-skop ek sussie terug doeriekant toe, hoor al die katok-tok-tok op die kleibaan die somerloom gesprekke . . .
Ek’s nou lus vir tee alliepad van China en halftydlemoene in kwarte opgesny en
”Is ons al amper daar?"
Laatsaterdagaand geparkeer agter ’n kleindorpse tennisbaan. Plat op die agtersitplek van jou pa se kar. Jou Vingers streel ritmies oor my rug krap liggies oor my bene skop-skuif my denimromp na eenkant toe. Ek hoor al die sugsnakke die lateronthougesprekke . . .
Jy proe soos bloedlemoene uitgesap en taai op my tong . . .
die fluistering
“Is jy al amper . . .?"
Donnay Torr Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 8, 2017 5:27:36 GMT
klipDit sóú 'n klip wees wat Sisyphus boontoe moes rol: 'n swaar splint van daardie selfde berg. Hy kon uiteindelik aftree toe mense die storie nie meer glo nie, - toe smyt hy die oneindige klip in duisende stukke. Ek dra nou een van daardie splinters teen my handpalm elke dag van agt tot vyf. Elna van Niekerk Uit: Nuwe Stemme 6Klipgedagtes is volop in die Afrikaanse digkuns: bv Opperman, Van Wyk Louw. Sisyphus
The Myth of Sisyphus
|
|
|
Post by cjm on Dec 9, 2017 5:32:37 GMT
verwarm my by koue as
Kroonlysrakke omlys die swart gerookte kombuis volgepak met flesse sitrus en gemmer: lemoen, suurlemoen, neroli in Ouma Stien se Four Seven Eleven-boesemgeur, so sag. Nawels in stroop, amber van waatlemoen gestol in blokkies gesnyde lig, hingserige kaalgatperskes boordensvol ingemaak. Vurk lemoenborsies uit die ambrosia druppend; wit deegboude in bleek emalje skottels deinend onder ’n strykkombers. Suurdeegwalms word feromoon, vóórspel tot sjampanje en brioche. Die AGA-glimmonster adem parafienparfuum, betoom die vuur agter skroefdraadvatsels styfblink gevryf: daar val as op die tone.
Franco Colin Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 10, 2017 10:57:28 GMT
S & M
Pyn is vroeër ingeëts met suur - dwingend nou die innervuur:
nek en hand verkeer met wurggreep, sorg voltrek met hingssweep.
Mond gemuilband, vuis geboei; saadpeul vol in ruderale bloei.
Seisoen is loops vir bokkejag, bokram word hier afgeslag -
Looi die vel, naai die naat, uit leerjas swel 'n ridderswaard:
Franco Colin Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 12, 2017 5:22:55 GMT
The object of my desire
jou arms vou om my soos olifantsblare ek skuil in die skadu's van jou nek en swem deur die strate van jou lyf in die skemer verf ek jou met my tong, kom ek nader aan 'n weergawe van jou lieflike ruime. Jy pluk vir my tulpe, bind dit in linte, en saans as jy jou na my rig, wanneer my gesig na jou keel toe kantel en ek in jou sug, skink jy 'n ketel vol sterre in my maag.
Remona Voges Uit: Nuwe Stemme 6
|
|