|
Post by cjm on Dec 13, 2017 5:27:21 GMT
Bergsig Hotel
Hy is warm koper, harde yster. Sy is hou vir hou die aambeeld.
Omgeklits munt hulle dertig sikkels bronstigheid.
Naudé Kritzinger Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 14, 2017 5:26:32 GMT
Op die N3 duskant Heidelberg
Die druppels op die voorruit klink soos ’n grys geruis van die draadloos by die plaas se skuur.
Die wipers ploeg nat vore op die venster.
Dié tyd van die jaar was die mielies geeldroog papier, winde het die droogte in ons tande ingegrein.
Ek was maar altyd soos ’n wilde swerm katte: skarrelend agter die streepsakke as my pa se skoene die gruis op die sementvloer kras.
Die wipers ploeg nat vore op die venster.
In die jaar wat Ma dood is, het sy my die Hilux gegee en 'n tenk halfvol diesel dat ek nie terug kan kom nie.
Naudé Kritzinger Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 15, 2017 7:19:58 GMT
mensekleur
jy kleur vir liewe jesus verkeerd in sê ’n wit meisie aan ’n bruin seun op sy eerste dag by pikkiebult pre-primêr, kakamas. sy haal die bruin kryt uit sy hand en gee vir hom ’n ander kleur aan en sê daarsy.
Ryan Pedro Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 17, 2017 6:12:17 GMT
Versoen se gatÔs skarrel torrie dood, Vir twee rand vir ’n brood. Ôs lê oppie wal, Ôs watch almal val, ôs almal word mal. Siek en sat virrie oppressor se kak. Mense soek vir waar pas hulle in Maar daai’s ’n ding. Want deur ôs te confuse, Issit maklik om ôs te use Deur vi ôs te lieg maak hulle ôs vrek soos ’n vlieg Vermoor en getoor maar niemand wil hoor, Hulle se geld is ôs se held. En ôs sien nie die pyn, want ôs pyn het pyn. En ôs maak mekaar seer, keer op keer, Wat moet gebeer voor ons mense leer? In trane kom ôs te stane voor ôs diewe, Ennie os se bloed spat tot binne-innie argiewe. Ons staan kaal sonner ’n taal, sonner ’n kraal. Wat moet ôs tog doen om te versoen, Wat is die dag as almal nog once vir ons lag? Denver Breda
The post Versoen se gat appeared first on LitNet. Ek stem nogal saam - in Standaard Afrikaans - sonder die platvloerse uitdrukkings en halfgebakte logika.
|
|
|
Post by cjm on Dec 17, 2017 6:16:55 GMT
Inbraak
babes vergewe my die iMessages, die planne vir Swellendam, en die handvashou op pad terug van jou ma-hulle (dit was 'n befokte naweek, ons tydsberekening ten spyt). Ek sê jammer vir daai billboard wat clichématig nou langs jou woonstel in Gardens staan- ek stem, die skrif daarop is effens argaïes.
Ekskuus dat ek by my laat in- breek het soos 'n kar verlate láát die aand - my binneste het ek laat rondlê.
’n Mens kan in Gardens niks laat rondlê nie, die bergies daar is almal honger.
Marcel Spaumer Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 18, 2017 5:17:17 GMT
Jou Okavangois nie 'n moeras nie; maar ’n delta skoon riviere waar ek tot op die bodem kan sien, seekoeispore kan volg in die nat doolhof van Moremi. Só het ek een koue oggend my makorro langs jou glimlag ingeskuif. Naudé Kritzinger Uit: Nuwe Stemme 6
Makorro Moremi
|
|
|
Post by cjm on Dec 19, 2017 5:24:50 GMT
origami
ek wonder of jy dit ooit sal onthou dat ons papiervelle inmekaar kon vou om daaruit die pragtigste vorms te maak dit lyk soos 'n kraanvoël dit lyk soos ’n draak
ek wonder of ek dit ooit sal onthou dat ons papierdun om mekaar kon vou soos sagte servette of dun papirus ons rol mekaar uit vou mekaar oop stukke en dele wat aan mekaar vassit
maar voel jy straks my tendons dáár, in die kreukels van 'n kraanvoël, raak?
Trudie Coetzee Uit: Nuwe Stemme 6
Effens problematies: Sal jy onthou, sal ek onthou - sonder vraagtekens!
Dit is in orde om te wonder of iemand anders sal onthou, maar om oor jou eie onthou te wonder - as jy inderdaad besig is om te onthou? Dit beklemtoon seker maar net dat dit 'n onvergeetlike verhouding was?
|
|
|
Post by Trog on Dec 19, 2017 16:25:10 GMT
Dit beklemtoon seker maar net dat dit 'n onvergeetlike verhouding was?
Die indruk wat ek kry is: Die aarde het gesidder.
|
|
|
Post by cjm on Dec 20, 2017 5:27:58 GMT
Helder
met my hart jy het gespeel, my pyn was jou plesier, ek het gesien
ek voel nog lief vir jou alhoe ek vertrou nie meer jou hart of hande
jou gedagte is ’n strik jy wil my vang en laat los my lewe in die steek
ek weet, my Afrikaans is nie suiwer maar dit is helder
dit soek nie verklaring
jy het my gehoor
Yabadaka Shamah Uit: Nuwe Stemme 6
Die Afrikaans is nie suiwer nie, maar dit het tog 'n bekoring - wat 'n mens laat wonder oor digterlike taal in die algemeen!
|
|
|
Post by cjm on Dec 21, 2017 5:21:57 GMT
Voorgee
ek moet bietjie Afrikaans skryf die gedigte uitlei in regtigheid alhoe dis nie my taal ek kan dit praat om die mense vry te laat wees gedig moet rym so gaan die ou gedagte
maar hoe moet ons sê ons wil nie onderhewig aan druk wees dis hoekom ons sê dit in Afrikaans net om te sê asseblief laat los die mense so dat hulle kan dink en besluit hoe om te lewe en wat om te eet, drink, rook en waar om te gaan, dis al
Yabadaka Shamah Uit: Nuwe Stemme 6
Die inhoud skyn nie te strook met die titel se normale betekenisse nie. Miskien kan ek bloot nie die verband sien nie, maar ek wonder tog of dit nie 'n betekenis het van iets vir iemand gee nie? "voor" is 'n variasie van "vir"?; vryheid vir die mense gee?
|
|
|
Post by cjm on Dec 22, 2017 17:00:56 GMT
'n Halfduim ekstra
Gedagtes na aanleiding van kommentaar op Facebook oor die aankondiging van die eerste 3D-skaalmodel wat navorsers van 'n klitoris gemaak het. Die model, wat meer lyk op 'n omgekeerde . V-formasie met twee “arms', word as 'n omwenteling beskryf wat die tradisionele opvatting van die orgaan as ’n klein weergawe van die penis weerlê. In laasgenoemde word die klitoris gelykgestel aan sy eksterne gedeelte wat by die samekoms van die V-formasie uitgaan.
“Die 3-D-prentjie lyk dan soos ’n tulp?" "Nogal wulps." (Nie op die oog af nie.) "Ag nee sies!” (Dalk die verkeerde knoppie gedruk?) "Lyk eerder soos ’n wensbeentjie.” (Moenie aan die kortste ent trek nie.) Maar wie wil aanhou praat oor die werking van mikrokosmiese ontploffings as my mik dan nou om joune kan vou? en ek later weer alles onthou terwyl my skinny jeans teen die kantoorstoel skuur in die middel van Bestuur se 2015 /2016 vergadering gemik op begroting.
[NASKRIF:
In die begin was daar die Wensbeentjie. En Adam sê vir Eva: “Kom dat ek aan jou kan knibbel" Eva, sê: "Jy bedoel seker knibbel dat ek kan kom?“]
Donnay Torr Uit: Nuwe Stemme 6
|
|
|
Post by cjm on Dec 24, 2017 5:54:49 GMT
Twee merkwaardige en komplekse gedigte. Ek bewonder die digter se waagmoed om dit aan te pak.Hart van OrkeniseNa aanleiding van "Oneirocriticism" deur Guillaume Apollinaire, met apologie ¹
Die kole van die nag was so naby ek was bang vir brand. Die wurgvy het die prieel berank, 'n swanger maan aan sy tak gehaak. Die witwanguil se keel het ontvlam en die wêreld het gebloei soos 'n maartlelie. Ek was onkundig oor die uiteindes van ’n man, uiteindes van ’n vrou, uiteindelikhede en uiterstes van ledemate agter die fantoompyne van begeerte. Gedagteloos onder ’n afdak sluk ek die geelbruin kuddes van die najaar en vryf jou hersenskim uit my oë. Orkenise verskyn op die einder. Gestaag galop ons die stad tegemoet - die gedruis in die poorte, die vlag die trompet in die toring - traag om die vallei waar kameeldorings fluit, te verlaat. Maar die lied van die saailande was manjifiek. ¹ Apollinaire, G. 2001. Oneirocriticism, in Caws, M.A. (red). Surrealist Painters and Poets: An Anthology. Cambridge: MIT Press. Erentia Bedeker Uit: Nuwe Stemme 6
Laaste lied vir Orkenise
Sing vir my jy wat die son in jou keel dra jy met die poorte en trompette sing vir my as die nag knarsend onder jou voete breek jy wat slagoffers lok met vernikkelde harte. Sing vir my jy wat die uiteindes en uiteindelikhede van man en vrou ken sing van die swerwer wat sy hart op die stadsplein los van die ploegman wat syne by die mark verpand. Sing vir my as die hekke langsaam toegaan en ek die maan se swart tjalie omhang jou naam 'n sinnaberstreep op my huid. Sing vir my sodat ek weer die vallei van kameeldorings kan vind waar ape grafte grawe en waghou teen roofdiere daar waar ek teen skemer jou stem met die laaste skep grond kan toegooi. Erentia Bedeker Uit: Nuwe Stemme 6
Die lied se woorde
|
|
|
Post by cjm on Dec 24, 2017 7:52:12 GMT
Agtergrondmateriaal oor "Oneirocriticism" deur Guillaume Apollinaire
Guillaume Apollinaire Sien ook Hy was ‘n Franse digter, skrywer, pornograaf van aansien. Waarskynlik in die avant-garde klas. Onder sy bydraes tel terme soos Kubisme, Surrealisme, Orfisme (“Orphism”). Onder sy kennisse tel ‘n groot aantal vername figure soos Picasso. Hy was ‘n beoefenaar van die outomatiese skryfgier. Hy publiseer L'enchanteur pourrissant, (1909) – die eerste weergawe oënskynlik bestaan reeds in 1898._ Dit kan vertaal word as “The rotting magician”. Dit word gesê dat hy sy lewe lank hieraan slyp. Die storie behels die volgende: Nog ‘n opsomming:Hier is Derain se houtsneewerk wat op Onirocritique spesifiek van toepassing is. Die finale deel van hierdie werk is getitel Onirocritique. Dit kan gesien word as ‘n selfstandige losstaande deel (fragment) van die boek. Die titel “Onirocritique” behels die uitleg van drome. Die mitiese stad Orkenise verwys moontlik na Koning Arthur se hof en die naam se geografiese ligging kan ‘n groep eilande noord van Brittanje wees. Die hele Onirocritique kan hier in Frans gevind word en die hele L'enchanteur pourrissant hier in Frans. Boeke op Engels hier en hier.
|
|
|
Post by cjm on Dec 26, 2017 9:11:21 GMT
Bedeker se Orkenise - sien voorafgaande paar posteEk sou sê dat 'n mens die twee gedigte as 'n eenheid kan behandel. In die Hart van Orkenise is daar nog die aanvanklike lighoofdigheid van nuutgevonde liefde. Daar is egter reeds negatiewe tone: Die verskille tussen die geslagte en die wegreis vanaf gevestigde bakens (kameeldorings). Orkenise is 'n symbool van liefde waarheen die verliefdes storm. Miskien is daar reeds in die volgende vers ook 'n huiwering oor die uiteinde van die verhouding: Gedagteloos onder ’n afdaksluk ek die geelbruin kuddesvan die najaar en vryfjou hersenskimuit my oë.Dit kan self wees dat tydsgewys dit afspeel na die verhouding reeds versuur het. Die tweede gedig ( Laaste lied van Orkenise) smeek Orkenise om genesing van die pyn van liefde. Daar is 'n terughunkering na die tyd (vallei van kameeldorings) voor die verterende liefde en die wens om verlos te word van die liefdeshunkering (stem/lied van Orkenise. Die digter bly getrou aan baie van die beelde en gedagtes in die oorstronklike - ek sou waag: selfs die toon en styl. Daar is verafrikaansing van sekere temas (bv die vallei van appels word die vallei van kameeldorings). Die oorspronklike plaas 'n baie sterk klem op die verskille tussen die geslagte en hoe hulle die liefde verskillend beleef. Dìt is redelik neutraal in Bedeker se werk. Sy dek ook nie die hele Orkenise nie. Dit is nie kritiek nie, want sy skep haar eie gedigte sonder om slaafs 'n vertaling van die oorspronklike te waag. Tog is die skeptisisme oor die liefde 'n sterk tema in beide werke. Ek sou sê dat die oorspronklike 'n uiters negatiewe beeld van vroulike liefde en die vrou in die algemeen skilder. Dit net tersyde. Die bron waarna sy verwys het Surrealisme as 'n tema. Die Verrotende Towenaar is geskryf voordat dit 'n modegier geword het. Dit beteken nie dat dit nie 'n voorbeeld daarvan kan wees nie, maar doelbewus as sulks kon dit nie gewees het nie. Sommige werke wys (ietwat neerhalend) daarop dat Apollinaire wyd geleen en gekopieer het om die werk te skep. Ek moet my self verweer deur te sê dat ek baie swak vertalings gebruik het en seker maar plek-plek deeglike in die donker rondval. Ek het gedoen wat ek kon, met dit binne my bereik.
|
|
|
Post by cjm on Jun 17, 2018 17:31:49 GMT
bump
|
|